TanyaDotSA
TanyaDotSA
  • 351
  • 36 016
Fansells pakkie #crossstitch #fansells
Hallo julle,
Hierdie is die laaste deel van my ou kruissteek bestelling van Fansells.
Ongelukkig is daar nie meer links vir die 2 kruissteke nie🙈.......maar julle kan maar gaan kyk na al die ander mooi kruissteke wat hulle het.
Onthou om TANYA te gebruik as jy bestel by Fansells om 'n 5% korting te kry.
Dan moet julle onthou van ons facebook groep:
m. groups/4509707035801425/?tsid=0.9322275653028975&source=result
Ek hoop julle het 'n heerlike dag.
Sien julle in my volgende video. Onthou om te subscribe en die video te 👍 as jy daarvan hou.
Tanya
มุมมอง: 31

วีดีโอ

Dot saam aan my 1ste mini dot #diamondpainting #temu
มุมมอง 379 ชั่วโมงที่ผ่านมา
Hallo julle, Ek kon nie wag om met my mini dots te begin nie. Dit is so lekker klein ons kan 1 op 'n video klaar maak. Dan moet julle onthou van ons facebook groep: m. groups/4509707035801425/?tsid=0.9322275653028975&source=result Ek hoop julle het 'n heerlike dag. Sien julle in my volgende video. Onthou om te subscribe en die video te 👍 as jy daarvan hou. Tanya
Kry my dots reg....mini dots van Temu #diamondpainting #temu
มุมมอง 4514 ชั่วโมงที่ผ่านมา
Hallo julle, Ek is so opgewonde oor my mini dots dat ek dadelik wil begin werk daaraan....maar eers moet ons die dots in houers sit😉 Dan moet julle onthou van ons facebook groep: m. groups/4509707035801425/?tsid=0.9322275653028975&source=result Ek hoop julle het 'n heerlike dag. Sien julle in my volgende video. Onthou om te subscribe en die video te 👍 as jy daarvan hou. Tanya
Mini Dots van Temu #diamondpainting #temu
มุมมอง 5519 ชั่วโมงที่ผ่านมา
Hallo julle, Ek was so opgewonde toe Simoné sê daar is mini dots op Temu wat soos Paintgem is.....en nog meer opgewonde toe ek dit vir R1 kon kry😉 So kom ons maak dit oop en kyk hoe dit lyk. Dan moet julle onthou van ons facebook groep: m. groups/4509707035801425/?tsid=0.9322275653028975&source=result Ek hoop julle het 'n heerlike dag. Sien julle in my volgende video. Onthou om te s...
Temu pakkie....nog junk journal goedjies😉 #temu #temu #junkjournal
มุมมอง 56วันที่ผ่านมา
Hallo julle, Hierdie video is vol goedjies vir my om mee te speel😉. Ek geniet my junk journal sessies so vreeslik baie en met die wat Temu se goedjies so lekker goedkoop is maak dit dat ek nog lekkerder kan speel. As daar enige van die goedjies is wat julle 'n link voor soek kan jy my enige tyd vra. Dan moet julle onthou van ons facebook groep: m. groups/4509707035801425/?tsid=0.932...
VIPCROSSSTITCH pakkie #vipcrossstitch #crossstitch
มุมมอง 3114 วันที่ผ่านมา
Hallo julle, Ek is so opgewonde oor die nuwe pakkie van VIP Cross Stitch. Hulle het weer die mooiste goed in gekry. Hier is die link vir hulle website: bit.ly/3QJxfZw Hier is die links vir alles wat ek oop gemaak het: tinyurl.com/smrymtys tinyurl.com/4enpsrcb tinyurl.com/525t8k3y tinyurl.com/3s8rduvj tinyurl.com/b7jsfh4z En dan was hulle so oulik om vir ons 'n discount kode te gee: 10% discount...
Dot saam...ek werk aan my groot prinses dot #diamondpainting #mttdiamondpainting
มุมมอง 2614 วันที่ผ่านมา
Hallo julle, Dit is tyd om weer bietjie aan die groot projek te eerk😉. My plan met die prene is om te wys dat die grote van jou prent saak maak. Hoe meer detail die prent het hoe groter moet jy gaan. Net omdat die website dit adverteer as 'n 30x40 beteken dit nie dit gaan goed lyk nie. Baie dankie aan Minette van MTT Diamond Painting wat my gehelp het met die custom maak van die 4 verskillende ...
Junk Journal....kom ons sit my nuwe goedjies in my boek
มุมมอง 3714 วันที่ผ่านมา
Hallo julle, Ek het die afgelope tyd 'n hele paar goedjies gemaak vir my Junk Journal en gedink dit sal lekker wees om dit saam met julle in my boek te sit. Dan moet julle onthou van ons facebook groep: m. groups/4509707035801425/?tsid=0.9322275653028975&source=result Ek hoop julle het 'n fantastiese dag. Sien julle in my volgende video. Onthou om te subscribe en die video te 👍 as j...
Fansells pakkie vol mooi goedjies😉 #diamondpainting #crossstitch #fansells
มุมมอง 5021 วันที่ผ่านมา
Hallo julle, Okidoki julle hier is nog 'n paar mooi goedjies van Fansells😉 Hier is die links vir die goedjies wat ek oop gemaak het (wat nog beskikbaar is): Love Starfish: www.fansells.com/products/5d-diy-full-round-drill-diamond-painting-love-starfish-home-decor-lp661-1001675?spm=..order.order_1.1&spm_prev=..index.header_1.1 Stickers: www.fansells.com/products/2pcs-gem-sticker-diamond-art-5d-a...
Kruissteek saam: Ambilight #crossstitch #paintsomeway
มุมมอง 6021 วันที่ผ่านมา
Hallo julle, Ons werk weet bietjie aan my Ambilight vandag. Hier is die links vir die een wat ek het: Ambilight: www.paintsomeway.com/products/joysunday-11ct-stamped-cross-stitch-ambilight-13166cm_5p8c2?spm=..order.order_detail_1.1&spm_prev=..order.order_1.1 Dan moet julle onthou van ons facebook groep: m. groups/4509707035801425/?tsid=0.9322275653028975&source=result Ek hoop julle ...
5D Little Angels dot is klaar.....WOW dit lyk so mooi #diamondpainting
มุมมอง 5721 วันที่ผ่านมา
Hallo julle, Ek is klaar met my dot van 5D Little Angels en WOW dit lyk so mooi. As julle by Marianka wil bestel kan julle haar op ons faceboek groep gaan soek. Dan moet julle onthou van ons facebook groep: m. groups/4509707035801425/?tsid=0.9322275653028975&source=result Ek hoop julle het 'n heerlike dag. Sien julle in my volgende video. Onthou om te subscribe en die video te 👍 as ...
Biggest Craft pakkie....jinne maar dit is mooi😍 #crossstitch #biggestcraft
มุมมอง 5528 วันที่ผ่านมา
Hallo julle, Ek het 2 pragtige kruissteke van Biggest Craft gekoop en vandag maak ons die 1ste een oop. Ek is so opgewonde😉 Hier is die link as julle dalk ook een wil hê: www.biggestcraft.com/products/full-embroidery-eco-cotton-thread-14ct-printed-iris-cross-stitch-kit-118x80cm-1259057?spm=..order.order_1.1&spm_prev=..index.header_1.1 Dan moet julle onthou van ons facebook groep: m.facebook.com...
Fansells pakkie #diamondpainting #crossstitch #fansells
มุมมอง 51หลายเดือนก่อน
Hallo julle, Vandag maak ek weer 'n deel van my Fansells bestelling oop. Hierdie pakkies gaan 'n kombinasie van diamond painting en kruissteek wees. Hier is die links wat nog beskikbaar is vir die goedjies wat ek oop gemaak het: Western Hat: www.fansells.com/products/5d-diy-full-round-drill-diamond-painting-western-cowboy-hat-kit-home-decoration-9914292?spm=..order.order_1.1&spm_prev=..index.he...
Ambilight : Ek begin met my groot kruissteek😄 #crossstitch #paintsomeway
มุมมอง 58หลายเดือนก่อน
Hallo julle, Ek wil al lankal aan die kruissteek begin werk het en het toe besluit ek gaan wag totdat die een vrou wat ek op TH-cam volg begin en dan saam met haar werk. Dit gaan definitief 'n paar jaar projek wees maar dit maak nie saam nie. Dit gaan so mooi lyk as dit klaar is. Hier is die links vir die een wat ek het: Ambilight: www.paintsomeway.com/products/joysunday-11ct-stamped-cross-stit...
My Junk Journal Boek vol idees
มุมมอง 52หลายเดือนก่อน
Hallo julle, Ek het die idee vir die boek op TH-cam gesien en gehou daarvan. Ek geniet dit so om met die mooi papier te speel😉. Dan moet julle onthou van ons facebook groep: m. groups/4509707035801425/?tsid=0.9322275653028975&source=result Ek hoop julle het 'n fantastiese dag. Sien julle in my volgende video. Onthou om te subscribe en die video te 👍 as jy daarvan hou. Tanya
Kruissteek van Shein....Ek wou al lankal een probeer😉 #crossstitch #shein
มุมมอง 36หลายเดือนก่อน
Kruissteek van Shein....Ek wou al lankal een probeer😉 #crossstitch #shein
Dot saam: Mad Props van Dreamer Designs #diamondpainting #dreamerdesigns
มุมมอง 51หลายเดือนก่อน
Dot saam: Mad Props van Dreamer Designs #diamondpainting #dreamerdesigns
Temu pakkie....vol crafty goedjies😉 #junkjournal #temu
มุมมอง 94หลายเดือนก่อน
Temu pakkie....vol crafty goedjies😉 #junkjournal #temu
Fansells pakkie #diamondpainting #crossstitch #fansells
มุมมอง 55หลายเดือนก่อน
Fansells pakkie #diamondpainting #crossstitch #fansells
VIPCROSSSTITCH pakkie #crossstitch #vipcrossstitch
มุมมอง 562 หลายเดือนก่อน
VIPCROSSSTITCH pakkie #crossstitch #vipcrossstitch
My volgende projek wat julle gekies het😉 #dreamerdesigns #diamondpainting
มุมมอง 1012 หลายเดือนก่อน
My volgende projek wat julle gekies het😉 #dreamerdesigns #diamondpainting
Dreamer Designs: Fiesta Chic van Romi Lerda #dreamerdesigns #diamondpainting
มุมมอง 642 หลายเดือนก่อน
Dreamer Designs: Fiesta Chic van Romi Lerda #dreamerdesigns #diamondpainting
Pakkie van Hand Turned Diamond Painting Pens by Simoné Snyman #diamondpainting
มุมมอง 503 หลายเดือนก่อน
Pakkie van Hand Turned Diamond Painting Pens by Simoné Snyman #diamondpainting
Kruissteek saam #crossstitch #fansells
มุมมอง 593 หลายเดือนก่อน
Kruissteek saam #crossstitch #fansells
Shein en Temu.....so bietjie iets van als #temu #shein #diamondpainting
มุมมอง 733 หลายเดือนก่อน
Shein en Temu.....so bietjie iets van als #temu #shein #diamondpainting
Biggest Craft pakkie #crossstitch #biggestcraft
มุมมอง 673 หลายเดือนก่อน
Biggest Craft pakkie #crossstitch #biggestcraft
Kry die dots reg vir Anke se volgend projek van MTT Diamond Painting #diamondpainting
มุมมอง 573 หลายเดือนก่อน
Kry die dots reg vir Anke se volgend projek van MTT Diamond Painting #diamondpainting
'n Pakkie met iets nuut......vol aliens👽 #diamondpainting
มุมมอง 1223 หลายเดือนก่อน
'n Pakkie met iets nuut......vol aliens👽 #diamondpainting
VIPCROSSSTITCH pakkie #vipcrossstitch #crossstitch
มุมมอง 303 หลายเดือนก่อน
VIPCROSSSTITCH pakkie #vipcrossstitch #crossstitch
Dot saam....my Lama is amper klaar #diamondpainting #fansells
มุมมอง 734 หลายเดือนก่อน
Dot saam....my Lama is amper klaar #diamondpainting #fansells

ความคิดเห็น

  • @irenemeyer6220
    @irenemeyer6220 วันที่ผ่านมา

    Hi Tanya, geniet dit baie maar nie vir my nie.... ❤❤❤

  • @some.craftz
    @some.craftz 2 วันที่ผ่านมา

    Ons het 'n 40 days gehad, 'n laaste dag (wat almal op ons hemde geskryf het en almal behalwe ek hartseer was 😂) en toe ons matriek afskeid. Dis jammer dat die kinders uit mis op dit. Ek stem, al wat ek van skool mis is die baie vakansie en min verantwoordelikheid! Ek dink dis veronderstel om 'n peace lily te wees

  • @some.craftz
    @some.craftz 2 วันที่ผ่านมา

    Dit is nogal interessant om die verskil tussen jou mini kit en myne te sien. Albei kom van Temu af, maar my drills was in zip lock sakkies. Ek het jare lank 'n paneel heater gehad. Dit moet basies heeldag aan wees voor jy 'n verskil in die vertrek voel. Ek het nou 'n Russel Hobbs Eco Fan Heater. Ek maak my kamer deur toe (en my kamer is redelik groot, +- 45 vierkante meter, met 'n dubbel happy door na buite waar die wind maar lekker onder deur kom) en binne tien minute is die vertrek lekker snoesig. Dit gebruik ook nie vreeslik baie krag nie.

    • @tanyadotsa6705
      @tanyadotsa6705 2 วันที่ผ่านมา

      Ek dink definitief ek sal volgende winter dalk maar in so iets moet belê. Dit is seker maar die ouderdom se skuld dat ek so koud kry😉. Ek moet sê ek is nogal heel impressed met my mini dots.

    • @some.craftz
      @some.craftz 2 วันที่ผ่านมา

      @@tanyadotsa6705 ek het nog nie begin werk aan myne nie, maar die unboxing het my nogal heel beïndruk. Dit is regtig baie dieselfde as Paint Gem s'n. Ek het my heater in die lente gekoop - daar was 'n lekker special gewees 🤣 Ek weet nie wat gaan die jaar met ons winter aan nie, dit is vir my ekstra koud.

  • @diamondpaintingwithgummy8607
    @diamondpaintingwithgummy8607 4 วันที่ผ่านมา

    Jy het my convince om daai xyron sticker maker te koop. Het nie geweet mens kry dit in Suid Afrika ni maar het een gevind op Doodles cafe se website

  • @irenemeyer6220
    @irenemeyer6220 4 วันที่ผ่านมา

    Hi Tanya, jou plant prentjie is pragtig verby ❤. Op skool het my ma my veras met n pienk sagter leer romp en onderbaadjie vir my matriek afskei partytjie wat in die skool tyd was. Geniet dit baie.... ❤❤❤

  • @diamondpaintingwithgummy8607
    @diamondpaintingwithgummy8607 5 วันที่ผ่านมา

    Hello Tanya. Ek het my oog op hierdie lap, maar wil hom kry in square. Ek sien jy single place, sjoe gaan 'n rukkie vat om te dot hehe

    • @tanyadotsa6705
      @tanyadotsa6705 5 วันที่ผ่านมา

      Jip dit vat nogal 'n tydjie maar ek sê net elke keer vir myself.....Tanya hoe eet mens 'n Olifant?......stukkie for stukkie😉. Ek het ook eers gedink om dit in vierkante te vat want Minette se vierkante werk fantasties maar dan sou dit my nog langer gevat het👀.

  • @irenemeyer6220
    @irenemeyer6220 6 วันที่ผ่านมา

    Hi Tanya, Ek hou van jou jou washi tape voor jou stickers op sit, goeie tip Wie dit nie weet nie. Geniet dit baie as jy daarmee begin... ❤❤❤

  • @colettevanjaarsveldt3193
    @colettevanjaarsveldt3193 8 วันที่ผ่านมา

    Hi Tanya. Ek het dieselfde mini dots Plante stel gekoop by Temu en die butterflies. Die butterflies stelletjie is klaar gedoen. En dit het lekker gewerk en lyk baie mooi. Kan nie wag om nog te koop nie.

    • @tanyadotsa6705
      @tanyadotsa6705 8 วันที่ผ่านมา

      Ek moet sê ek is ook baie impressed. Ek wag net dat ek dit weer op special kry😉

  • @irenemeyer6220
    @irenemeyer6220 8 วันที่ผ่านมา

    Hi Tanya, dit nou cute om mini dotts te kry, Ek lief die plante prentjies. Geniet dit baie... ❤❤❤

  • @irenemeyer6220
    @irenemeyer6220 13 วันที่ผ่านมา

    Hi Tanya, Ek hou van jou goedjies is pragtig verby vir jou spoeg en plak boek. Geniet dit baie ❤❤❤, ek het lang terug stamped en Pergamon kaartjies gemaak gemaak.

  • @steffysdiamonds
    @steffysdiamonds 13 วันที่ผ่านมา

    Hi vriendin, ek love jou junk journaling videos, en is mal oor al die items wat jy kry. Lace en vintage temas is darem net die mooiste. Ek stem saam met jou oor die boek blaaie. Hoe kry mense dit reg om uit boeke te skeur! Nee ek sal ook nie kan nie. Mense is teen Temu in die SA dot groepe en sê koop local, maar waar kry jy die goedjies wat jy nou gekry het teen daai goedkoop pryse local! Dis spot goedkoop! Jy gebruik seker die browser en nie Temu app nie. Ek voel tempted om net paar stickers te kry vir my dot logbook want jy kry maar net nie locally so groot verskeidenheid nie. Vriendin, geniet jou nuwe speelgoed! Liefde en groete, xx ❤

    • @tanyadotsa6705
      @tanyadotsa6705 8 วันที่ผ่านมา

      Hi. Man ek moet sê ek was ook aan die begin skepties oor hulle juis omdat dit so goedkoop is maar ek kan regtig nie Kla oor hulle diens of produkte nie. Ek voel net dat ons almal maar die sente knyp op die stadium so as ek iets goedkoper kan kry teen dieselfde kwaliteit as wat ek dit plaaslik kan kry dan gaan ek die goedkoper opsie vat. Ek koop deur die app op my foon. Ek dink nie die klomp spesials is op die gewone website nie maar ek is nie 100% seker nie.

  • @lizpienaar3719
    @lizpienaar3719 13 วันที่ผ่านมา

    Love hierdie deel van jou hobbies omrede ek aanklank kan vind. Ek het voorheen kaartjies gemaak.

  • @some.craftz
    @some.craftz 15 วันที่ผ่านมา

    Nee Tanya! Jy kan met haar begin as jy een klaar gemaak het 😜

  • @irenemeyer6220
    @irenemeyer6220 15 วันที่ผ่านมา

    Hi Tanya, kruissteek prentjie is pragtig verby. Geniet dit baie, moenie nou begin nie... later begin... ❤

  • @RiaO5
    @RiaO5 15 วันที่ผ่านมา

    Die kruissteek behoort baie mooi uit te kom. ❤ Die sakkies is lekker bruikbaar, wens ek het daarvan gehad. VIP het ook my besending via die poskantoor gestuur - ek het 3-4 maande daarvoor gewag!

    • @irenemeyer6220
      @irenemeyer6220 15 วันที่ผ่านมา

      Hi Ria05, jy kry die sakke in n Chinese winkel as jy daar na soek...

  • @some.craftz
    @some.craftz 16 วันที่ผ่านมา

    Stefano DiMerra kon net nie dood nie 🤣 Ek dink nie sepies is regtig meer 'n ding nie. Dis nou net al die klomp series. En nou is ek lus om Dallas se reboot weer te kyk! Dynasty se reboot was op Netflix, maar die Dallas een was bietjie voor Netflix. Ek het dit nog destyds gepirate 😅

  • @colettevanjaarsveldt3193
    @colettevanjaarsveldt3193 17 วันที่ผ่านมา

    More Tanya. Dankie vir hierdie lekker dot saam video. Ek het saam met jou gedot. Ek en my ouma het altyd Days of our lives, Egoli en 7de laan gekyk. My gunsteling sepies nou is Chicago fire en med, Blue Bloods en al die FBI's. Geniet jou naweek.

    • @tanyadotsa6705
      @tanyadotsa6705 16 วันที่ผ่านมา

      Ooh ja ek kyk ook al die FBI's en natuurlik Blue Bloods. Van al die Chicago series is Fire my gunsteling.

  • @irenemeyer6220
    @irenemeyer6220 20 วันที่ผ่านมา

    Hi Tanya, dis is pragtig verby ❤❤❤en ek geniet dit baie.... maar nie vir my nie...

  • @irenemeyer6220
    @irenemeyer6220 22 วันที่ผ่านมา

    Hi Tanya, jou goedjies is pragtig verby en geniet dit baie... ❤❤❤

    • @tanyadotsa6705
      @tanyadotsa6705 20 วันที่ผ่านมา

      Ek wil net vir jou baie dankie sê vir al jou mooi woorde met elke video. Ek waardeer dit regtig vreeslik baie. Lekker daggie.❤❤

  • @some.craftz
    @some.craftz 24 วันที่ผ่านมา

    Ek werk aan my Summer With The Masters dot. Die groot een met die min kleure, wat my teen die muur uit dryf maar mooi is 😂 Dit gaan darem so bietjie vinniger as ek luister na jou gesels. O genade nee. My ouma was jare lank by die Greyton/Jongensklip VLV gewees toe my oupa nog geboer het. Hulle het 'n demonstrasie gekry van wat of hoe jy moet maak. Klink of julle VLV of nie lekker is nie, of die VLV oor die algemeen versleg het. Dis lekker koud en nat hier by ons (alweer) en die tuin lyk al soos 'n ekstra swembad, maar ons het darem nie skade nie en dit het nie so erg geflood soos in die Kaap self nie.

    • @tanyadotsa6705
      @tanyadotsa6705 20 วันที่ผ่านมา

      Is dit die een wat jy die foto's op faceboek gesit het? Die een met die bome? Ek hou so van daardie prent van jou. Dit lyk so mooi.

    • @some.craftz
      @some.craftz 20 วันที่ผ่านมา

      @@tanyadotsa6705 dis hy daai. Dis vir my 'n baie mooi prent, maar ek is nou baie lus om dit klaar te maak 😅 Daai monotone kleure maak my nou moeg

  • @irenemeyer6220
    @irenemeyer6220 25 วันที่ผ่านมา

    Hi Tanya, jou kruissteek lekker en Ek dot lekker. Ek was vir 21 jare by die VLU, die voorsitter sal party keer iemand stuur om te help. Ek was betrokke by fotos neem en deel neem aan kos en kuns goed van VLU. Geniet jou naweek en week wat voorle.... ❤❤❤

    • @tanyadotsa6705
      @tanyadotsa6705 20 วันที่ผ่านมา

      Nou sien dit is wat ek voel die VLV moet wees. Hulle moet bymekaar kom en mekaar help. Ek sal hou daarvan om aan so iets te behoort.

  • @irenemeyer6220
    @irenemeyer6220 26 วันที่ผ่านมา

    Hi Tanya, ek het die een nou net ontdek op TH-cam, jou prentjies is verby ... Geniet dit baie...

  • @some.craftz
    @some.craftz 27 วันที่ผ่านมา

    Is daar niemand op die dorp wat ingeboude kaste doen nie? Hulle kan chipboard sny. Dis g'n niks so vreeslik gespesialiseerd of moeilik nie. My pa se werksmense doen dit elke dag om backing vir die kaste te maak. Die probleem is net gewoonlik dat jy 'n hele bord moet koop - en dis nogal duur.

    • @tanyadotsa6705
      @tanyadotsa6705 20 วันที่ผ่านมา

      Hi. Hier is maar hulle is net te besig om so iets klein vir my te doen....hulle woorde. Ek sal wel iewers eendag reg kom. Tot dan moet my dots maar rustig in my kas hang 😁

    • @some.craftz
      @some.craftz 20 วันที่ผ่านมา

      @@tanyadotsa6705 ek raak mos vies vir sulke antwoorde... Meestal oor ek in daai bedryf groot geword en gewerk het so ek weet presies hoe dit werk 🙄 Hulle sny of bestel elk geval bord. Dit sal hulle nie dood maak om 'n klein stukkie ekstra te doen nie.

  • @hanelievanzyl8998
    @hanelievanzyl8998 27 วันที่ผ่านมา

    Wow absoluut wow🤩

  • @irenemeyer6220
    @irenemeyer6220 27 วันที่ผ่านมา

    Hi Tanya, Ek luister na jou praat terwyl Ek aan n summerwiththemasters24 deel neem dot. Jou prentjie is pragtig verby ❤❤❤

  • @irenemeyer6220
    @irenemeyer6220 29 วันที่ผ่านมา

    Hi Tanya, Ek die een ontdek en dit is oulike idea vir Klein dingtjies dot. Ek hou van mandjie ook... Jou klank was vir my reg en baie dankie vir al jou videos... ❤❤❤

  • @irenemeyer6220
    @irenemeyer6220 29 วันที่ผ่านมา

    Hi Tanya, welkom terug, jou kruissteek prentjie is pragtig as dit een dag gaan keer wees. Geniet dit baie ❤❤❤

    • @tanyadotsa6705
      @tanyadotsa6705 29 วันที่ผ่านมา

      Ag dankie vriendin. Dit was nogal anders om so afgesonder te wees. Jy sien dit is daardie as dit eendag klaar is wat die probleem is.......daardie eendag gaan nog laaaank vat😉😂

  • @RiaO5
    @RiaO5 หลายเดือนก่อน

    Almal is baie mooi! Ek het 'n naaimasjien met blomme, maar in kruissteek, deur VIP gekoop.

    • @tanyadotsa6705
      @tanyadotsa6705 หลายเดือนก่อน

      Ek het dit gesien en dit is op my wishlist😉. Dit is so mooi

  • @irenemeyer6220
    @irenemeyer6220 หลายเดือนก่อน

    Hi Tanya, oulike prentjies en kruissteek prentjie. Geniet dit baie en jou koue week wat voorle... ❤❤❤

  • @susannieuwoudt9054
    @susannieuwoudt9054 หลายเดือนก่อน

    Ooo sal graag daai masjien in x steek wil doen. Sulke oulike keuses! Lekker week!

    • @tanyadotsa6705
      @tanyadotsa6705 หลายเดือนก่อน

      Ek weet ek dink dit sal baie beter as 'n kruissteek wees

  • @irenemeyer6220
    @irenemeyer6220 หลายเดือนก่อน

    Hi Tanya, dit was lekker om jou te luister terwyl Ek gedot het.. Geniet dit baie ❤❤❤

  • @irenemeyer6220
    @irenemeyer6220 หลายเดือนก่อน

    Hi Tanya, Ek hou van jou boekie, baie mooi oulike ideas daar uit geleer. Baie dankie ❤❤❤

  • @irenemeyer6220
    @irenemeyer6220 หลายเดือนก่อน

    Hi Tanya, pragtig kruissteek prentjie.... ❤❤❤

  • @irenemeyer6220
    @irenemeyer6220 หลายเดือนก่อน

    Hi Tanya, oulike beker.... ❤❤❤

  • @some.craftz
    @some.craftz หลายเดือนก่อน

    Eerlike antwoord: ek dink die werk as jy siek is is soveel erger in ons bedryf... Ek ken nie één rekenmeester wat by die huis bly tensy hulle half dood is nie. Die alewige deadlines vir alles hang soos 'n swaard oor ons, so ons natuurlike reaksie is om maar aan te hou werk sodat ons tog net voor daai deadline klaar is. Wat nonsens is, want soos jy sê gaan ons net vervang word as iets met ons gebeur. Sterkte met al die belasting vorms! Die auto assessments laat my sommer nou al nagte wakker lê 😂 Dit het laas jaar so baie probleme veroorsaak. Opgewonde om jou vordering op Mad Props te sien!

    • @tanyadotsa6705
      @tanyadotsa6705 หลายเดือนก่อน

      Dis nes jy daar sê......als sars se skuld😉. Ek blok nog die auto assessments uit want ek weet as ek Maandag by die kantoor begin die nagmerrie🙈.

  • @marnaklinkert5548
    @marnaklinkert5548 หลายเดือนก่อน

    Ag hoe lekker luister ek weer na jou ❤ dankie vir die lekker saam dot 😊

  • @Lyd19
    @Lyd19 หลายเดือนก่อน

    Dit lyk mooi sover ga gorgeous wees as hy klaar is

  • @irenemeyer6220
    @irenemeyer6220 หลายเดือนก่อน

    Hi Tanya, dit lyk pragtig verby ❤❤ en as jy glue dotts koop by Crafts Buddies dat kan jy AB's daar op tel, in begin is dit bietjie taai maar vryf dit op jou mou of gesig. Koop die BLOU boxie. Geniet dit baie... ❤❤❤

  • @some.craftz
    @some.craftz หลายเดือนก่อน

    Maak jou gevoude stencil bietjie warm met jou haardroër, en dan sit jy 'n boek bo op. Ek het lank terug die raad by iemand gekry toe takealot my stencil opgefoeter het (en natuurlik nes my luck is was daar toe nie nog in stock om dit te vervang nie). Dit het baie gehelp.

    • @tanyadotsa6705
      @tanyadotsa6705 หลายเดือนก่อน

      Baie dankie ek gaan dit doen.

  • @LeandriLourens
    @LeandriLourens หลายเดือนก่อน

    Love al jou goedjies, jy moet lekker speel 😁🌸

  • @irenemeyer6220
    @irenemeyer6220 หลายเดือนก่อน

    Hi Tanya, jy het pragtig goodies gekry van Temu af. Geniet dit baie ❤❤❤

  • @RiaO5
    @RiaO5 หลายเดือนก่อน

    Stem saam, regtig 'n goeie prys. Selfs vir die stempels alleen!

  • @irenemeyer6220
    @irenemeyer6220 หลายเดือนก่อน

    Hi Tanya, Ek is bly jou stem is beter. Jou prentjies is pragtig verby en geniet dit baie ❤❤❤.

  • @RiaO5
    @RiaO5 หลายเดือนก่อน

    Stem saam met jou oor die kleure by Elvis en die straattoneel wat nie 100% lyk soos die prente nie. Mooi prente desnieteenstaande! Ek moet sê jou stem klink beter. Ek het 'n verkoue by die kleintjies aangesteek en troos myself met kruissteek in die bed.

    • @tanyadotsa6705
      @tanyadotsa6705 หลายเดือนก่อน

      Gelukkig het Fansells vir my die regte dots gestuur nadat ek vir hulle fotos ge-epos het. Ek hoop jy is al beter.

  • @Lyd19
    @Lyd19 2 หลายเดือนก่อน

    🌺

  • @wendythiart8361
    @wendythiart8361 2 หลายเดือนก่อน

  • @irenemeyer6220
    @irenemeyer6220 2 หลายเดือนก่อน

    Hi Tanya, jou kruissteek prentjies is pragtig verby en mooi. Ek het ook n diamond painting prentjie met tulips om te dot. Geniet dit baie en jou week wat voorle en wees ook gesond... ❤❤❤

  • @RiaO5
    @RiaO5 2 หลายเดือนก่อน

    Mal oor daardie tulpe, Tanya! Ek het na 2 maande my VIP pakkie gekry, ek sal die prentjies kom wys op fb as ek kans kry.

    • @tanyadotsa6705
      @tanyadotsa6705 หลายเดือนก่อน

      Oh my word hoekom het dit so lank gevat?

  • @susannieuwoudt9054
    @susannieuwoudt9054 2 หลายเดือนก่อน

    Jy sal daai vingers moet wikkel. ❤

  • @some.craftz
    @some.craftz 2 หลายเดือนก่อน

    Mens kan meer as twee kry as jy die koop drie, betaal vir twee special koop 😝

    • @tanyadotsa6705
      @tanyadotsa6705 หลายเดือนก่อน

      Nee jy mag nie dit sê nie😉.......onthou my budget🤣🤣