Gesprekke met Oupa - Geloof op die maat van musiek (Psalms) (Deel Een) (Vierde Praatjie)

แชร์
ฝัง
  • เผยแพร่เมื่อ 15 ม.ค. 2022
  • Ek en my oupa praat baie oor geloof. Hy is ’n bekende dominee wat oor die wêreld heen gerespekteer word vir sy kennis en insig. Ek is 'n sirkusdier wat die land plat toer en meer wyn drink as water. Hy het ’n hand gehad in die vertaling van die Afrikaanse Bybel, en het so ook kennis oor die teks wat min mense mee kan kompeteer. Ek het vergeet waar my Bybel is. My oupa is ook ’n denker, ’n verlanger en een van die hoof editors van al my gedigte en Spoegwolf-songs. Ek sukkel nog om so helder te dink. Maar dis dalk die wyn. Van kleins af het ek my oupa gebel as ek gewonder het oor dinge. Hoekom gebeur slegte goed met goeie mense? Hoekom laat God oorloë toe? Wat is liefde? Hoe het mens lief? Hoe kan ek Wetenskap en Geloof strook met mekaar? Hoe lees ek die Bybel? Hoe klink God se stem? My oupa gee nie sommer net ’n antwoord nie - hy maak liewer ’n deur vir jou oop na ’n plek waar jy met vrymoedigheid en moed kan dink oor die belangrikste dinge in jou lewe - en ja, ook oor God. Vir nou, kan jy die eerste reeks van vier hier kyk. As jy enige vrae wil vra wat ons ken behandel in volgende maand se sessie, stuur vir my 'n e-pos na danie@spoegwolf.com Die vier gesprekke van Deel Een is amazing! 1: Waarom lees ons die Bybel? 2: Is die Bybel God se Woord? 3: Natuurwetenskap en die Bybel 4: Geloof op die maat van musiek (Psalms)
    Geskiet en gesny deur Frits Visser
  • บันเทิง

ความคิดเห็น • 9

  • @francoisschwalb7553
    @francoisschwalb7553 9 หลายเดือนก่อน

    Wonderlik, diep, pragtig, baie dankie!

  • @Qminnie1
    @Qminnie1 6 หลายเดือนก่อน

    Ongelooflike insigewende video. Het dit nou baie geniet. Dankie Danie en Oupa!

  • @euniceesterhuizen1554
    @euniceesterhuizen1554 10 หลายเดือนก่อน

    ❤ Ag dit was nou lekker om hierdie gesprek te luister!

  • @melandrivs
    @melandrivs 8 หลายเดือนก่อน

    Ons kort nog gesprekke met oupa, voel of ek heeldag na hom kan luister.

  • @phillipmulder
    @phillipmulder 2 ปีที่แล้ว +1

    Danie jy is geseënd met inspirerende vaderfigure in jou lewe. Werklik geseënd.

  • @dawiedejager2171
    @dawiedejager2171 2 ปีที่แล้ว

    Dankie! So mooi. Ek grou ook graag in Psalms, omdat ek die menslikheid daarin makliker raak sien. Dit gee my altyd hoop om te weet die digters het ook met baie vrae, twyfel en verlange na liefde, geleef. Daarom is party psalms so mooi dat jy dit nie net kan lees en sê nie, maar saam met musiek moet sing.

  • @mcom314
    @mcom314 2 ปีที่แล้ว +1

    Wow 🙌 Kort definitief 'n deel 2.

  • @etresialombard7741
    @etresialombard7741 2 ปีที่แล้ว +1

    Ek het hierdie gesprek geniet omdat ek op nuwe maniere kan dink oor Psalms en geloof. Ek sien uit na julle gesprek oor Job. 💜

  • @hestercastlemansa2976
    @hestercastlemansa2976 6 หลายเดือนก่อน

    Geloof is vertroue, vertwyfeling, verlange en verwondering...