Gesprekke met Oupa - Natuurwetenskap en die Bybel (Deel 1) (Derde Praatjie)

แชร์
ฝัง
  • เผยแพร่เมื่อ 28 ส.ค. 2024
  • Ek en my oupa praat baie oor geloof. Hy is ’n bekende dominee wat oor die wêreld heen gerespekteer word vir sy kennis en insig. Ek is 'n sirkusdier wat die land plat toer en meer wyn drink as water. Hy het ’n hand gehad in die vertaling van die Afrikaanse Bybel, en het so ook kennis oor die teks wat min mense mee kan kompeteer. Ek het vergeet waar my Bybel is. My oupa is ook ’n denker, ’n verlanger en een van die hoof editors van al my gedigte en Spoegwolf-songs. Ek sukkel nog om so helder te dink. Maar dis dalk die wyn. Van kleins af het ek my oupa gebel as ek gewonder het oor dinge. Hoekom gebeur slegte goed met goeie mense? Hoekom laat God oorloë toe? Wat is liefde? Hoe het mens lief? Hoe kan ek Wetenskap en Geloof strook met mekaar? Hoe lees ek die Bybel? Hoe klink God se stem? My oupa gee nie sommer net ’n antwoord nie - hy maak liewer ’n deur vir jou oop na ’n plek waar jy met vrymoedigheid en moed kan dink oor die belangrikste dinge in jou lewe - en ja, ook oor God. Vir nou, kan jy die eerste reeks van vier hier kyk. As jy enige vrae wil vra wat ons ken behandel in volgende maand se sessie, stuur vir my 'n e-pos na danie@spoegwolf.com Die vier gesprekke van Deel Een is amazing! 1: Waarom lees ons die Bybel? 2: Is die Bybel God se Woord? 3: Natuurwetenskap en die Bybel 4: Geloof op die maat van musiek (Psalms)
    Geskiet en gesny deur Frits Visser

ความคิดเห็น • 2

  • @t.heonos6174
    @t.heonos6174 2 ปีที่แล้ว +1

    Hierdie is baie goed! Kan julle een doen oor die Bybel en Sielkunde (Emosies en Gedagtes)?

  • @michellev214
    @michellev214 ปีที่แล้ว +1

    Ons kort meer van die