Gesprekke met Oupa - Waarom lees ons Die Bybel? (Deel Een) (Eerste Praatjie)

แชร์
ฝัง
  • เผยแพร่เมื่อ 28 ส.ค. 2024
  • Ek en my oupa praat baie oor geloof. Hy is ’n bekende dominee wat oor die wêreld heen gerespekteer word vir sy kennis en insig. Ek is 'n sirkusdier wat die land plat toer en meer wyn drink as water. Hy het ’n hand gehad in die vertaling van die Afrikaanse Bybel, en het so ook kennis oor die teks wat min mense mee kan kompeteer. Ek het vergeet waar my Bybel is. My oupa is ook ’n denker, ’n verlanger en een van die hoof editors van al my gedigte en Spoegwolf-songs. Ek sukkel nog om so helder te dink. Maar dis dalk die wyn. Van kleins af het ek my oupa gebel as ek gewonder het oor dinge. Hoekom gebeur slegte goed met goeie mense? Hoekom laat God oorloë toe? Wat is liefde? Hoe het mens lief? Hoe kan ek Wetenskap en Geloof strook met mekaar? Hoe lees ek die Bybel? Hoe klink God se stem? My oupa gee nie sommer net ’n antwoord nie - hy maak liewer ’n deur vir jou oop na ’n plek waar jy met vrymoedigheid en moed kan dink oor die belangrikste dinge in jou lewe - en ja, ook oor God.
    As jy enige vrae wil vra wat ons ken behandel in volgende maand se sessie, stuur vir my 'n e-pos na danie@spoegwolf.com Die vier gesprekke van Deel Een is amazing! 1: Waarom lees ons die Bybel? 2: Is die Bybel God se Woord? 3: Natuurwetenskap en die Bybel 4: Geloof op die maat van musiek (Psalms)
    Geskiet en gesny deur Frits Visser

ความคิดเห็น • 4

  • @ryanhaines7100
    @ryanhaines7100 5 วันที่ผ่านมา

    Jesus nooi ons in huwelik met Hom in. Die Bybel is alles wat jou Oupa sê dit is, maar ook baie meer. Dis deel van verhouding - nie net 'n Redder en Koning nie, maar 'n ewige huweliksmaat. Dis 'n gesprek wat God met jou voer. Dit bestry dwaling en kweek die regte leefstyl. Dit verander jou. Dit is lewendig. Ongelukkig, het die wêreld ons perception daarvan oor die jare heen verborge beskadig. Ons word van jonk af dwangvoed daarmee as iets wat jy moet lees om te kwalifiseer vir heiligheid en God se liefde. Ek sukkel ook om my Bybel gereeld te lees as gevolg daarvan. Maar ek en jy moet. En ons moet wil.

  • @johanvandermerwe7328
    @johanvandermerwe7328 2 ปีที่แล้ว +2

    Fantasties! Graham stuur groete.

  • @stefansnyman4009
    @stefansnyman4009 2 ปีที่แล้ว

    Awesome Danie! Jou Oupa se spieël analogie is kragtig.

  • @etresialombard7741
    @etresialombard7741 2 ปีที่แล้ว

    Dankie julle twee vir sienings waaruit ek kan kies. Ook het ek nog altyd gesukkel om die Bybel van voor tot agter deur te lees, en nou verstaan ek hoekom. Komplimente aan die fotograaf met sy verskeie naby en vêr aansigte. 💜