Putsonderwater - Bouvalle met Stories

แชร์
ฝัง
  • เผยแพร่เมื่อ 17 ก.ย. 2024
  • 'n Dokumentêre video deur Marcell le Grange as deel van haar meestersgraad in kommunikasiepraktyk by die NWU onder studieleierskap van Attie Gerber. Die video fokus op oudinwoners se herinneringe van die spookstasie. 'n Engelse vertelling met Engelse subtitels sal eersdaags uitgegee word.

ความคิดเห็น • 225

  • @janduplessis5190
    @janduplessis5190 5 หลายเดือนก่อน +12

    Al wat ek sien is oneindige potensiaal vir toerisme. Restoureer die pragtige plek as akkomodasie en bemark goed.

  • @SanetBezuidenhout
    @SanetBezuidenhout 4 หลายเดือนก่อน +11

    My hart is stukkend vir ons geskiedenis wat verdwyn en daarmee saam ons wortels

    • @pieterbezuidenhout2741
      @pieterbezuidenhout2741 3 หลายเดือนก่อน

      Groot waarheid Sanet , dis 'n jammerlikheid dat bitter mense selfs dink aan waar ons voorsate vandaan kom en wat hul moes deurmaak .
      Ons Bezuidenhout voorvader het onder andere op 8 Januarie 1666 op die skip Vergulde Tyger in die Kaap aangekom so ons dus familie .
      Groetnis van bo in Limpopo.

  • @exquisitelyelizabeth6531
    @exquisitelyelizabeth6531 7 หลายเดือนก่อน +5

    Maak my hart verlang na tye toe die regte dinge nog saak gemaak het. Pragtige stories vertel met heimwee❤

  • @siptjejankevanderleij9830
    @siptjejankevanderleij9830 ปีที่แล้ว +7

    An other tragedy.....what a fabulously poignant doccie....so pleased to have come across this

  • @jethrojackson6023
    @jethrojackson6023 3 ปีที่แล้ว +77

    So groot as wat ek nou is, pis ek my se oe uit. Waar is die opregte, eerlike mense en tye heen? Ek ween vir my taal, my mense en my land. Ons het altyd "Putsonderwater" in grappies gebruik. Nou dat ek verstand het, hang my kop in skaamte. Hierdie plasing het my diep geraak. Ek se baie dankie.

    • @gpj6321
      @gpj6321 3 ปีที่แล้ว +13

      Jethro Jackson. Ek stem met jou saam. Hulle mag dalk arm wees maar dit is eerlike, opregte, hardwerkende mense. My tipe mense. Waar de donner het ons verkeerd gegaan??

    • @paullessing136
      @paullessing136 3 ปีที่แล้ว +6

      jy haal die woorde uit my mond uit.

    • @Rustie_za
      @Rustie_za 3 ปีที่แล้ว +5

      Kan net saamstem, 100% my gevoel ook.

    • @marthiemeyer8122
      @marthiemeyer8122 3 ปีที่แล้ว +1

      Ek was ook jare gelede daar lekker ander wereld vol verlange en mooiheid op n Saterdagmiddag heimwee.

    • @peterhendrix8347
      @peterhendrix8347 3 ปีที่แล้ว +1

      a tip : watch series at Flixzone. Been using it for watching lots of of movies during the lockdown.

  • @boerplaas388
    @boerplaas388 ปีที่แล้ว +14

    Ek sal soontoe trek . Enigetyd . Dis die tiepe van plekkie wat n klomp Afrikaners moet aanpak en mooi maak en weer opbou en reg maak . ❤

    • @andreblack8132
      @andreblack8132 3 หลายเดือนก่อน

      Net n Boer kan daai plek regruk en opbou. Dit sit nie in n bobbejaan se murgpype nie. Kyk maar na die verval in die res van die land.

    • @BennyFriend-ch1rg
      @BennyFriend-ch1rg 18 ชั่วโมงที่ผ่านมา

      Ek stem saam jou wat verhoed ons om dit te kan doen

  • @andriesviljoen4309
    @andriesviljoen4309 3 ปีที่แล้ว +52

    Ons volk bly in haglike omstandighede in "plakkerskampe". Hierdie is so ñ mooi geleentheid om weer aan hierdie mense waardigheid terug gee, sowel as aan hierdie lieflike wat eens dorpies was. Laat ons mense weer in sulke plekke gaan bly, dit herstel, dit opbou, en dit weer laat lewe🙏😎. Dankie vir ñ hartroerende aflewering.

    • @blessed162
      @blessed162 3 ปีที่แล้ว +3

      Stem ABSOLUUT saam. Restoureer vir ons mense EN gee nuwe betekenis en laat die ryk geskiedenis weer herleef

    • @pishapp
      @pishapp 3 ปีที่แล้ว +6

      Andries, ek stem saam met jou; maar... het ons ooit gedink aan die ander mense, die anderskleuriges, wat daardie tyd, selfs nou ook: in plakkerskampe gebly het? Maar ja, gee hierdie plekke vir almal, enige kleur wat regtig belang stel om ons mooi land op te bou.

    • @truth-Hurts375
      @truth-Hurts375 3 ปีที่แล้ว +1

      Daars NIKS op Putsonderwater nie behalwe n paar bouvalle....hoe gaan hulle daar oorleef????

    • @truth-Hurts375
      @truth-Hurts375 3 ปีที่แล้ว

      By the way....Putsonderwater was nie n dorpie nie....

    • @Godisnotjesus1967
      @Godisnotjesus1967 6 หลายเดือนก่อน

      ​@@pishappSolank as julle agter die katolieke "jesusgod" wegkruip, sal die ware GOD(EL ELYON) en die SEUN Yahushua haMassiach hulle doof hou! Wat intussen op Putsonderwater gebeur is irrelefant!

  • @rykvanjaarsveld5346
    @rykvanjaarsveld5346 2 ปีที่แล้ว +19

    "Hier is ek opgegroot!" - Hoe pragtig. Wonderlike stukkie geskiedenis.

  • @joelo9546
    @joelo9546 ปีที่แล้ว +12

    Wat ń pragtige dokumentêr..❤❤❤

  • @susannaude8514
    @susannaude8514 3 ปีที่แล้ว +24

    Die voetspore van ordentlike, eenvoudige, brawe mense lê daar in en tussen die bouvalle. Baie dankie vir die uitstekende dokkie. Rus in vrede Putsonderwater.

    • @johannavanniekerk9327
      @johannavanniekerk9327 3 หลายเดือนก่อน

      Dit het my hart met trots laat swel toe ek die woorde hotnotsklontjies en suiker kardoessakkie hoor.
      Afrikaans is so mooi taal en dit is jammer dat baie kinders nooit hierdie woorde sal hoor nie.

  • @stephandeswardt5802
    @stephandeswardt5802 2 ปีที่แล้ว +7

    Pragtige waardige en waaderende weergawe v n verbygegane era. Welgedaan.....

  • @EVZYL
    @EVZYL 3 ปีที่แล้ว +56

    Geluk met 'n pragtige program - so professioneel gedoen. Ek hoop Marcell het haar graad cum laude gekry. Groete uit Patagonië, Chile.

    • @jaydonversfeld216
      @jaydonversfeld216 3 ปีที่แล้ว +1

      Wat maak jy in daai wêreld?

    • @johanvandersandt8904
      @johanvandersandt8904 ปีที่แล้ว +3

      @@jaydonversfeld216 Daar is Afrikaners in Patagonia.

    • @Godisnotjesus1967
      @Godisnotjesus1967 6 หลายเดือนก่อน

      Solank as julle agter die katolieke "jesusgod" wegkruip, sal die ware GOD(EL ELYON) en die SEUN Yahushua haMassiach hulle doof hou! Wat intussen op Putsonderwater gebeur is irrelefant!

  • @ghostqueen2082
    @ghostqueen2082 2 ปีที่แล้ว +11

    so poignant truly a hidden gem...I hope Putsonderwater gets a new lease on life; a bed and breakfast and museum are great ideas.

  • @johanvanwyk3803
    @johanvanwyk3803 3 ปีที่แล้ว +37

    Ons het op Putsonderwater gebly so rondom 1967 - '69. My Pa was die Stasiemeester en my Ma die Posmeesteres - gesiene mense...😂 Ek dink nie daar het meer as 20 mense op die dorpie gebly nie, waarvan 99% by die Spoorweg betrokke was. Tannie Bailey het die winkeltjie gehad wat baie lekker pienklekkers, wat soos kristalle lyk, verkoop het. Die hoofspoorlyn tussen De Aar en (toe) Suidwes-Afrika het so 30 treë voor ons voordeur verby geloop. Ons was in Marydale op (kos)skool en Upington was ons "groot" dorp vir maandelikse inkopies en inry-fliek.

    • @truth-Hurts375
      @truth-Hurts375 3 ปีที่แล้ว +4

      My Oom..Japie Maritz...of soos ons hom geken het..Oom Basie...was vir baie jare stasievoorman op Putsonderwater...ek sal moet uitvind watter jare....as jou pa nog lewe sal hy hom heelwaarskynlik onthou.Maritz het 3 seuns gehad...ek glo hulle is jonger as jy...Gerhard...Pieter en Johan Maritz.Oom Basie is al dood masr sy vrou lewe nog.

    • @pietbooysen4995
      @pietbooysen4995 3 ปีที่แล้ว +2

      Dit klink so lekker

    • @truth-Hurts375
      @truth-Hurts375 3 ปีที่แล้ว +2

      @@pietbooysen4995 Dit was sorgvrye dae gewees....On het toe op De Aar gebly waar my Pa ook by die Spoorwee gewerk het...Vandag is daar NIKS oor van De Aar se stasie nie...als weggedra deur plakkers.

    • @renemostert7388
      @renemostert7388 2 ปีที่แล้ว

      Glo jou pa het by my ouers oorgeneem

    • @pietertruter9576
      @pietertruter9576 ปีที่แล้ว +1

      😊

  • @Ferreira-u7o
    @Ferreira-u7o ปีที่แล้ว +5

    Ek was 'n paar keer op die trein van Upington na Kaapstad en terug in die vyftigerjare. Reisigers kon koffie geniet op die platvorm by Putsonderwater. Plus boerebeskuit. Alles goedkoop en lekkerder as enige koffie sedertdien! Ek sal Putsonderwater nooit vergeet nie!

  • @marianabarker5390
    @marianabarker5390 3 ปีที่แล้ว +12

    Dankie vir die mooiste storie. So hartseer dat die platteland so verval..😪

  • @trevorbrinch893
    @trevorbrinch893 2 ปีที่แล้ว +6

    Baie dankie vir 'n insig van die dorpie en geskiedenis.

  • @platvis379
    @platvis379 2 ปีที่แล้ว +3

    So lekker om dit nou te sien. Ek het net noudie dag daar gestop en fotos geneem toe ek oppad Kalahari toe is om te gaan jag.

  • @bertramhall6131
    @bertramhall6131 3 ปีที่แล้ว +42

    A wonderful recollection of those early days and the brave and sincere people of the time. Thanks I found the video quite emotional.

  • @johnnydale6515
    @johnnydale6515 3 ปีที่แล้ว +7

    This is so sad .Hierdie was die ware lewe op aarde toe God in mense se harte was .

  • @rickyabrahams7100
    @rickyabrahams7100 3 ปีที่แล้ว +6

    Dis maar nou net die mooiste Afrikaans wat ek in n’ lank tyd gehoor het. Baie dankie vir die opname 👍

  • @Grace-vk3jd
    @Grace-vk3jd 3 ปีที่แล้ว +7

    Ek kom uit daardie era. Dankie vir onsvoorouers wat GOD aan ons gebring het. Sandra Snyman (as Grace

  • @toekafrank6998
    @toekafrank6998 3 ปีที่แล้ว +3

    Dan sing die wind so mooi deur daai peperboom...

  • @Homoprimatesapiens
    @Homoprimatesapiens ปีที่แล้ว +3

    Die program beeld die lewe en mense vanne klompie dekades gelede besonder mooi en waardig uit. Dit vul my net respek en tiepe van heimweë. Mens kan ook sê dat Putsonderwater is nou Plek sonder mense en treine.

  • @thomasbrennan3505
    @thomasbrennan3505 3 ปีที่แล้ว +13

    This story is told so , baie mooi.
    For all that spock in this film and shared their history, may you be Blessed.
    As an Irish/South African, I am very proud of the fact that my own Father took me and my family around South Africa in the 1970,s . I can really appreciate this region. Have stories of my own , of now a place call Buffeljaksfontien outside Calitzdorp that is also now left derelict.
    Enjoyed this film very much .
    One thing is for sure we'll always have our memories, thanks for sharing. Putsonderwater.

  • @michaelmertin4018
    @michaelmertin4018 3 ปีที่แล้ว +19

    Ek get nie Afrikaans gepraat as ek en ZA gelewe het.net duits en engels.Maar verstaan dit baie goed.was back 5times over the last ten years to visit,still very nice.

  • @SterremanWillie
    @SterremanWillie 3 ปีที่แล้ว +9

    Wow! Wonderlike video! Baie goed geredigeer en uitstekend nagevors! Baie professioneel gedoen, veral die verteller se stem! As jy eers begin kyk, MOET jy dit net enduit kyk! Ek vertrou jy het jou meestersgraad ge-Cum!

  • @peach9704
    @peach9704 3 ปีที่แล้ว +15

    Ai dit is so hartseer, altyd gewonder hoe lyk Putsonderwater. Fantastiese video.

    • @nadine-td5kl
      @nadine-td5kl 3 ปีที่แล้ว +2

      Kan nie glo daar bly not mense nie , dit laat my Baja baie vêr terug dink, pragtige video Dannie.

  • @diekkruger3137
    @diekkruger3137 3 ปีที่แล้ว +10

    Wat ñ Wonderlike raakvat uit di verlede..aangrypend hartseer,verdrietig,maar tog soos ñ kosbare skat. Baie dankie..dit is so roetend!

    • @emsiedevos9817
      @emsiedevos9817 ปีที่แล้ว +1

      AMEN pragtig ek voel sommer lus en tjank so verlang ek nou na die verlede en ons plaas in die karoo op die walle van die Buffelsrivier..karoo my grootword land my opgroeiland..BAIE DANKIE

  • @davidvanniekerk356
    @davidvanniekerk356 3 ปีที่แล้ว +10

    Beaucoup Merci! Baie, baie en nogmaals dankie Mercell le Grange dat jy hierdie deel, deel van die Geskiedenis op geteken het. Dit is werklik merkwaardig. Dit is ongelooflik en kosbaar. Vir altyd en altyd sal 'n mens nu weet van Potsonderwater. Die Skotse familie wat dit begin het en hoe beskawing daar gevestig is en hoe dit met die tyd tot niet gegaan het. In seker s'n herinner dit my aan Antjie Krog. Dit op die ou-ent sal mense segt dat al wat oorbly is 'n streepie as. Afrikaners was (eens) hier.....
    Soos Kartago in Noord-Afrika. Per gelegentheid het Kartago Rome finansieel en militer bedreig. Vandaag is Rome die Hoogstad van Italiee en Kartago bestaan nie eens meer nie...?
    Ek wonder. Wie was die Dominees daar? B.J. Voster, BA, LB (US) was daar en het sy Edele ooit weer daarna die dorp besoek? (Onder BJ se adminstrasie is die 90-etmale aanhouding sonder verhoor gepromulgeer) Hoeveel moorde is daar gepleeg?

  • @mauricerobertson1944
    @mauricerobertson1944 3 ปีที่แล้ว +9

    Die mense van Putsonderwater is die sout vd aarde. Ware vriende!

  • @leanneheymans9189
    @leanneheymans9189 3 ปีที่แล้ว +6

    Hierdie was n baie interessante video gewees.... Ek het dit baie geniet om te hoor van die stories wat die mense vertel het in die klein dorpie

  • @kobuslegrange6575
    @kobuslegrange6575 9 ปีที่แล้ว +25

    soveel interesante stories nog nie vertel nie

    • @blessed162
      @blessed162 3 ปีที่แล้ว +1

      Ek kyk graag dokumentere programme van die aard. Wat Kan ek nog kyk

  • @suekotze4662
    @suekotze4662 ปีที่แล้ว +4

    Pragtige program. Stem seen ....laat dit herlewe .......Stel baie belang in die plekkie

  • @inwardk
    @inwardk 3 ปีที่แล้ว +6

    Ek het dit geniet, dankie! Hierdie video het sekerlik uitstekende punte behaal.

  • @henrietteandandrevanderlin9216
    @henrietteandandrevanderlin9216 3 ปีที่แล้ว +8

    Hartrakende en pragtige video. Baie dankie

  • @gerrievanrooyen8108
    @gerrievanrooyen8108 3 ปีที่แล้ว +12

    Dit is só kosbaar om te hoor, maar ai, só hartverskeurend. Sulke plekke laat my my oë toemaak en my verbeel ek hoor die lewe en stemme van daardie tyd. As daardie bouval net kon praat ... Emelia van Rooyen

  • @Brommear
    @Brommear 3 ปีที่แล้ว +10

    Baie dankie en groete uit Patagonië.

    • @gpj6321
      @gpj6321 3 ปีที่แล้ว +2

      Wat maak jy in Argentiniè?? Moet net nie vir my sè jy is ñ afstammeling van die Afrikaners wat jare terug daarnatoe immigreer het. Kan nie wees?

  • @wernerstruebing116
    @wernerstruebing116 3 ปีที่แล้ว +5

    Pragtige dokumentêr, goeie opnames en puik kommentare. Ongelukkig is die tendens wyd te siene, as ‘n plekkie nie meer bydrae tot die groter ekonomie maak nie, begin dit agter uit gaan.

  • @rosemetcalfe4795
    @rosemetcalfe4795 3 ปีที่แล้ว +10

    Briljant , vol heimwee maar so kosbaar. Baie, baie dankie. Hoop daar sal nog baie meer sulkes wees!

  • @rkaccountants
    @rkaccountants 3 ปีที่แล้ว +10

    Pragtig, pragtig pragtig.
    Restoreer asb die hotelletjie in n "8 kamer hotel". Ons wil graag met ons bergfietse daar verby ry en kom oorslaap.

  • @chanteversfeld6663
    @chanteversfeld6663 3 ปีที่แล้ว +7

    Ons het hierdie by die skool gekyk en ek het dit regtig baie geniet. Ek het baie daarvan gehou om meer te leer oor hoe die mense daai tyd geleef het en die hele dokumenter was baie interessant..hou aan met die goeie werk😁

  • @estellebotha7331
    @estellebotha7331 4 หลายเดือนก่อน +1

    Ons Boerevolk die Adel v ons land, opreg dankbaar vir hulle. Lees James A. Michener se The Covenant. Hulle en die mense met hulle was opreg in hul Geloof v God

  • @delooaes
    @delooaes 3 ปีที่แล้ว +13

    Dis baie seer . Wat het gebuer? What happened to the town . Am from Namibia. Is dit a ghost town now? Beautiful Afrikaans. Greetings from Iceland 🇮🇸. Thanks

  • @MrRichansen
    @MrRichansen 2 หลายเดือนก่อน

    My grootste waardering vir hierdie tyd van die geskiedenis om dit te kyk in die era wat dit bestaan het

  • @rorysullivan4913
    @rorysullivan4913 3 ปีที่แล้ว +2

    Fills me with nostalgia. My childhood days in Jansenville I remember so well

  • @blikkiesvdm
    @blikkiesvdm 3 ปีที่แล้ว +21

    So word ons mooi land en die trots verniel.....

    • @stephentlhaole5701
      @stephentlhaole5701 3 ปีที่แล้ว +1

      God sou dit nie langer laat verduur nie.

    • @blessed162
      @blessed162 3 ปีที่แล้ว +1

      Dit WAS DIE GOEIE OU DAE .....

  • @brendanwienand9836
    @brendanwienand9836 3 ปีที่แล้ว +7

    I was hoping that this documentary was part of a series of stories from across South Africa. Marcell time to get your camera out and hit the road, we're waiting.

    • @kobusg7460
      @kobusg7460 3 ปีที่แล้ว +2

      Click on her channel, sir, i.e. her 'avatar' / name on the left. Then you will see that she has made a few other videos on 'forgotten places'.

  • @timmiebuchner9283
    @timmiebuchner9283 3 หลายเดือนก่อน +1

    Wat n pragtige storie. Baie rustige vertellers.

  • @clarettelombard6233
    @clarettelombard6233 3 ปีที่แล้ว +4

    My juffrou het vir my gevrae om die stukkie te kyk tot by 10 minute en toe ek weer kyk is ek by 28 minute 😊 die is baie interesant

  • @micheledonovan4225
    @micheledonovan4225 3 ปีที่แล้ว +5

    What a wonderful video of a forgotten time

  • @GDdeKock
    @GDdeKock 6 ปีที่แล้ว +9

    Baie dankie vir hierdie plasing. Ongelooflike herinneringe vir my

    • @blessed162
      @blessed162 3 ปีที่แล้ว

      Sal graag soortgelyke dorpe se dokumenter programme wou sien.

  • @donmcdonald7301
    @donmcdonald7301 3 ปีที่แล้ว +2

    Daar staan ń ou Valiant! Voorwaar ń storie met nostalgie uit vergange se dae. Ja, John Vorster is daar tydelik aangehou voor hy verhoor is en Koffiefontein toe is vir die duur van die oorlog.

  • @andrevandyk5085
    @andrevandyk5085 3 หลายเดือนก่อน

    Wat 'n mooi storie. Dankie Marcel vir jou studiestuk

  • @hannalinescholtz3613
    @hannalinescholtz3613 3 ปีที่แล้ว +4

    Dankie vir hierdie stukkie goud.

  • @3rdearacoustics537
    @3rdearacoustics537 3 ปีที่แล้ว +3

    Uitstekende hartseer storie van die eenvoudige plattelands-lewe en die goeie en eerlike mense van daai dae. Hoe tragies die manier wat ons samelewing tot niet gegaan het. Maak mens erg bedroef.

  • @dieskim675
    @dieskim675 3 ปีที่แล้ว +3

    "Op die kaal hai vlakte".... Afrikaans waarmee ek grootgeword het. Kosbaar om weer te hoor.

  • @johanfourie6534
    @johanfourie6534 3 ปีที่แล้ว +7

    Dis bitter hartseer dat alles so verlate staan. So pragtige dorpie moet inwoners hê en die plek laat herleef.

  • @MKLeluma
    @MKLeluma ปีที่แล้ว +1

    I wish there were subtitles... I understand Afrikaans but miss a lot in this documentary. I will download and keep going back to those parts I missed...Generally, a good documentary...

  • @tealshopping922
    @tealshopping922 3 ปีที่แล้ว +4

    Thanks for this very touching reminder of our past. Excellently done! :-)

  • @SuddenStorm982
    @SuddenStorm982 3 ปีที่แล้ว +8

    Mal oor die ou geboue 👍

  • @pietbooysen4995
    @pietbooysen4995 3 ปีที่แล้ว +2

    Wonder of so dorp kan gekoop word. Baie intressante stories

  • @lionelhamilton2144
    @lionelhamilton2144 3 ปีที่แล้ว +3

    Hierdie is die sout van die aarde... vriendelike gawe mense ......

  • @johanweakley2658
    @johanweakley2658 3 ปีที่แล้ว +10

    Het onlangs daar deur gery, en ure deur die geboue geloop en fotos geneem. Ek moes myself wegskeur om verder te ry.

  • @xray6667
    @xray6667 2 ปีที่แล้ว +3

    How did they just Justify destruction of the Best Rail System in Africa?

  • @judycraxton6455
    @judycraxton6455 3 ปีที่แล้ว +2

    Thank you for putting this together. We grieve.

  • @goflynw
    @goflynw 3 ปีที่แล้ว +2

    Ek het wonderlike kinderjare op Koegas (naby Draghoender) spandeer. Al hierdie plekke is nou bouvalle soos gemeenskappe verander. Ek onthou Sondag rondry en somtyds tot by Putsonderwater. Ek kan nie anders as om hartseer te voel oor hierdie plekkies nie, maar hopelik sal iemand die geboue kan gebruik om nuwe lewe in te blaas in plekke soos Putsonderwater.

  • @EnaHamilton-mq4wh
    @EnaHamilton-mq4wh ปีที่แล้ว +1

    So hartseer dat n plek so kan vergaan. Is daar nog boere wat daar boer.

  • @blessed162
    @blessed162 3 ปีที่แล้ว +8

    Wouldn't it be nice to restore this town to a retirement village, little town and make it a tourist destination similar to Matjiesfontein m

    •  3 ปีที่แล้ว +1

      True. A brilliant idea. 💡🙏👏🙏🙏

    • @rorysullivan4913
      @rorysullivan4913 3 ปีที่แล้ว

      Thought exactly that

    •  3 ปีที่แล้ว

      @@rorysullivan4913 true. I agree wholeheartedly 💯❤️👍🙏🤔♥️🇿🇦💪

    • @hattin1187
      @hattin1187 3 ปีที่แล้ว +1

      Brilliant idea first you need good air connections from SA big cities so an active good airservice probably to Upington and I bet lots of people from Europe would love to Karoo.I enjoy evry once a year to Karoo from cold and wet England .I feel so much at peace away from busy life schedule

  • @kosmeesterkortes
    @kosmeesterkortes 4 ปีที่แล้ว +27

    Absoluut ongelooflike koel video. So bly ek kom alles bekyk en herleef, aangesien ek hier naby groot geword het. Regtig Ongelooflik Knapgedaan.

  • @christiaancoetzee2964
    @christiaancoetzee2964 5 หลายเดือนก่อน +1

    Ek was in 1988 op pad na Walvisbaai op 'n troep trein en ons het geen water op die trein gehad nie. Ons het vir ongeveer 6 ure 'n nood stop gahad, want een van die ouens het tydens kattekwaad van die trein afgeval waarna die noodrem vasgehaak het. Die volgende dorp was Putsonderwater en ons het almal lekker gespot en gelag oor ons vermoede waar die naam vandaan kom en hoe ons seker nie water daar sal kry nie. Groot was ons teleurstelling toe die stasiemeester ons meedeel dat hulle nie genoeg water vir die trein het nie. Ons het 'n Coke blikkie water per kompartement van 6 ouens gekry. Die temperatuur was buite in die 40 grade en ons was vir ure baie dors. Die stasie en sy tuin was ongelooflik netjies. Ek kon nie glo dat hulle 'n water tekort het met so 'n pragtige tuin nie.
    Baie hartseer om die verval van hierdie eens trotse dorp te sien. Ek is tot vandag oortuig dat daardie dorp se put geen water het nie 😂.

  • @captaincruel9438
    @captaincruel9438 3 ปีที่แล้ว +4

    dis fantasties dankie julle

  • @jjnabreu52
    @jjnabreu52 3 ปีที่แล้ว +3

    A step into the past. Great stuff.👍

  • @Deontjie
    @Deontjie 7 ปีที่แล้ว +7

    Goeie nuus, Putsonderwater het nou een inwoner.

    • @GDdeKock
      @GDdeKock 6 ปีที่แล้ว +7

      In meer as een opsig my wêreld daardie. Was ons afklim en opklim stasie om by my oupa en ouma op Kenhardt te gaan kuier. Die trein het altyd in nagtelike ure hier gestop. Geen peron, jy klim af op die grond. Die portier het altyd vir my en my suster afgetel, soms deur die kompartement se venster. Goeie dae. Arm dae. Lekker dae.

    • @lourensmeyer7729
      @lourensmeyer7729 4 ปีที่แล้ว +5

      Mooi, bly om dit te hoor, hoop hulle vermeerder.

    • @gerardfouche2718
      @gerardfouche2718 3 ปีที่แล้ว +2

      @@lourensmeyer7729 jy het 2 nodig om te vemeerder 🤭😜

  • @dineojennifer8233
    @dineojennifer8233 3 ปีที่แล้ว +7

    I am South African, though I don't speak much Afrikaans. I see that this video was uploaded some years ago. Are you still active? I love this material, and the images are enough to make me follow your narration without mastery of the language. English translation maybe? No. It's fine as it is.

    • @dineojennifer8233
      @dineojennifer8233 3 ปีที่แล้ว

      @mike Indeed Mike. I struggled with your reply yesterday, and I was rather embarassed to ask for a translation. Yes, do help with an English version. Thank you, broer.

    • @dineojennifer8233
      @dineojennifer8233 3 ปีที่แล้ว +1

      @mike Man, you should write in English. Ok, ok, bilingual then. I am something of a lover of letters myself, and would often find poetry even in the most depressing of scenes, such as the Putsonderwater one. The agrarian backdrop you paint is of definite historical import. It must be preserved, in writing. Going through the few successes and many failures of this country's past two decades, I try to figure out where wrong turns were taken. I look at the decay of places like Putsonderwater and many other dorpies and weep for my country. Thanks for your beautiful writing, Mike. Are you a writer? No? Get started, boet. Bye.

    • @dineojennifer8233
      @dineojennifer8233 3 ปีที่แล้ว

      @mike Thanks for the link.

  • @ubicaritasref
    @ubicaritasref 3 ปีที่แล้ว +6

    Uitstekend!

  • @savarionmoodien5178
    @savarionmoodien5178 3 ปีที่แล้ว +3

    Betty Se familie was seker nie toegelaat om na die sirkus te kyk nie want ek hoor nie sy praat van dit nie. Eks seker haar voorvaders was die regte eienaars of oorspronklike inwoners van die area...lewe was regtig Baie onregverdig...maar ons maak dit stadig reg.

  • @kleingeldmartin
    @kleingeldmartin 3 ปีที่แล้ว +5

    Great video

  • @jamestowell2499
    @jamestowell2499 3 ปีที่แล้ว +3

    Very enjoyable. Thank you

  • @LiefieVenter
    @LiefieVenter 3 หลายเดือนก่อน +1

    Dankie! Dit was nou soooo interessant!

  • @jacquesrousseau5472
    @jacquesrousseau5472 3 หลายเดือนก่อน

    Goeie Vergete Ou dae.Die plek het baie Potensiaal.

  • @danielgouws1470
    @danielgouws1470 3 ปีที่แล้ว +21

    Ja nee as dit nie vir ons voorvaders was nie was daar nie 'n Suid Afrika wat eers 'n land van melke en heuning en nou net 'n jammer dat die land wat ons voorvaders op gebou het so agter uit gegaan het in daardie jare het die mense geweet waar hulle geld en kos van daan kom en was eerlik mense en trots gewees op hulle werk en lewe maar kyk hoe lyk die land nou net korupsie, bedrog pleeg, plaasmoorde, verkragtings, diefstal geen trots

  • @ellanwiehman1851
    @ellanwiehman1851 3 ปีที่แล้ว +3

    Groot jammerte dat die ou plekkie so tot niet gegaan het!

  • @errolpollitt4812
    @errolpollitt4812 3 ปีที่แล้ว +3

    Very interesting part of our history

  • @andrehoffman5945
    @andrehoffman5945 3 ปีที่แล้ว +30

    Ja baie hartseer om alles so verlate te sien - kan die Afrikaners dit nie 'n nuwe dorp maak nie?

    • @barendwentink5659
      @barendwentink5659 3 ปีที่แล้ว +8

      Hulla kán, ja! Kyk maar wat het hulle met Orania reggekry!

    • @piettskiett9123
      @piettskiett9123 3 ปีที่แล้ว +3

      @@barendwentink5659 die parrasiette volg mens orals soos n vlooi muskiet en vlieg

    • @pieterbezuidenhout2741
      @pieterbezuidenhout2741 3 หลายเดือนก่อน

      ​@@barendwentink5659
      Nie so slegte idee nie , hou dit net 'Politiek Vry ' en ek trek môre soontoe .

  • @gerhardgeyser375
    @gerhardgeyser375 3 ปีที่แล้ว +5

    Ek haat wat van ons Mooi land geword het!
    Hoe lank gaan ons dit vat?

  • @gerardfouche2718
    @gerardfouche2718 3 ปีที่แล้ว +3

    Station road in Amanzimtoti is amper daar 😢

  • @pieterbezuidenhout2741
    @pieterbezuidenhout2741 3 หลายเดือนก่อน

    Sulke plekke sal wonderlik wees as werkloke Aftree oord vir ons oumense , Dokters ingesluit .

  • @bruceberry3421
    @bruceberry3421 3 ปีที่แล้ว +1

    Dit voel vir my asof my siel al daar was .

  • @ewaldwatson4446
    @ewaldwatson4446 3 ปีที่แล้ว +5

    So, States toe en terug grens toe was daardie stop vir baie infanteriste n oase terug na die lewe

  • @stackmanstack
    @stackmanstack 3 ปีที่แล้ว +5

    With all the shit going on in my beloved country. This is where I want to live my last years.

  • @rudisutherland246
    @rudisutherland246 3 ปีที่แล้ว +28

    Bettie praat pragtig Afrikaans.

    • @danielmorkel9848
      @danielmorkel9848 3 ปีที่แล้ว +2

      Pragtige Afrikaans.

    • @brendanwienand9836
      @brendanwienand9836 3 ปีที่แล้ว +2

      I agree, could listen to her for hours on end.

    • @slimseun580
      @slimseun580 3 ปีที่แล้ว +3

      Ja hierdie Afrikaans het skaars geword!

  • @tjakamonawatataerasmus-see3782
    @tjakamonawatataerasmus-see3782 3 ปีที่แล้ว +5

    Sedert my prille jeug worstel ek met die vraag: is dit Put-sonder-water of is dit Puts-onder-water ???

    •  3 ปีที่แล้ว +1

      Moet Put-sonder-water wees want water is skaars.n Put met geen water nie. Sterkte en vasbyt. Min dae.

  • @brianesilber9796
    @brianesilber9796 2 ปีที่แล้ว

    Thank you for this loved it

  • @christienodendaal3001
    @christienodendaal3001 5 หลายเดือนก่อน +1

    Plant hier en daar 'vals' telefoonpale, dan hoef mens darem nie AL die neste te verwyder nie .
    (Verskaf alternatiewe behuising vir die voëls. 😄😄)

  • @ednagouws2763
    @ednagouws2763 3 ปีที่แล้ว

    Ongelooflike mooi stukkie verlede....

  • @romanussaal712
    @romanussaal712 6 หลายเดือนก่อน +1

    Putsonderwater was Spoorweg dorpie...Daar het net Kleurlinge gebly.wat vir Spoornet gewerk het...Baie van hulle is op Putsonderwater begrawe...My neef het uit daai Kerk getrou...in Putzonderwater....Altwee Hom skoon ouer is op Putzonderwater begrawe ...Ons beplan n heropbouing...

  • @ridingwithbaz2736
    @ridingwithbaz2736 3 ปีที่แล้ว +9

    you need to edit this and put in English subtitles

    • @ridingwithbaz2736
      @ridingwithbaz2736 3 ปีที่แล้ว +1

      @@pietertorlage4547 that's cool then keep the story to yourselves.

  • @nealhanson6956
    @nealhanson6956 3 ปีที่แล้ว +1

    Dis so hartseer dat die nuwe rigering nie omgee vir ons land nie.

  • @vaughangarrick
    @vaughangarrick 3 ปีที่แล้ว

    Absolutely fascinating