Vandag in die Geskiedenis | 15 Maart 1901

แชร์
ฝัง
  • เผยแพร่เมื่อ 9 ต.ค. 2024
  • 𝗩𝗔𝗡𝗗𝗔𝗚 𝗜𝗡 𝗗𝗜𝗘 𝗚𝗘𝗦𝗞𝗜𝗘𝗗𝗘𝗡𝗜𝗦
    𝟭𝟵𝟬𝟭 - 𝗔𝗻𝗴𝗹𝗼-𝗕𝗼𝗲𝗿𝗲𝗼𝗼𝗿𝗹𝗼𝗴: 𝗕𝗲𝗴𝗶𝗻 𝘃𝗮𝗻 𝘀𝗺𝗮𝗿𝘁 𝗲𝗻 𝗹𝘆𝗱𝗶𝗻𝗴
    Hierdie dag kan gewis omskryf word as die begin van groot smart en lyding. Omsendbrief No. 31, getiteld “Clearing of the Orange River Colony”, word in opdrag van lord Kitchener uitgereik:
    1) Alle families, saam met lewende hawe moet van die plase verwyder word, en na die naaste spoorwegstasie afgevoer word.
    2) Die militêre mense kry eerste opsie met betrekking tot beskikbare vervoermiddels op plase. Dit wat oorbly, mag deur die plaas se inwoners gebruik word om by die stasie uit te kom.
    3) Die hoeveelheid persoonlike besittings wat saamgeneem mag word, sal bepaal word deur die hoeveelheid plek op die waens.
    4) Waar lewensmiddele gevind word, moet die militêre mense eerste voorkeur geniet. Daarna mag die inwoners soveel neem as wat daarvoor plek op die waens is. Dit wat nie gebruik kan word nie, moet vernietig word.
    5) Alle oeste moet vernietig word, voer wat nie deur die militêre mense benut kan word nie, moet vernietig word.
    6) Alle lewende diere moet verwyder word.
    7) Alle meublement moet vernietig word, asook bakoonde.
    Lees hier meer oor gebeure, geboortes en sterftes op 15 Maart: afrikanergeski...

ความคิดเห็น • 2

  • @emmerentiagroenewald3694
    @emmerentiagroenewald3694 6 หลายเดือนก่อน

    Baie dankie jy ons geskiedenis weer vertel.
    So hou ons ons voorouers se nagedagtenis lewend.🙏🙏❤

  • @chrisvanrooyen1011
    @chrisvanrooyen1011 7 หลายเดือนก่อน

    Tragies