Vandag in die Geskiedenis | 19 Maart 1901

แชร์
ฝัง
  • เผยแพร่เมื่อ 9 ต.ค. 2024
  • 𝗩𝗔𝗡𝗗𝗔𝗚 𝗜𝗡 𝗗𝗜𝗘 𝗚𝗘𝗦𝗞𝗜𝗘𝗗𝗘𝗡𝗜𝗦
    𝟭𝟵𝟬𝟭 - 𝗔𝗻𝗴𝗹𝗼-𝗕𝗼𝗲𝗿𝗲𝗼𝗼𝗿𝗹𝗼𝗴: 𝗗𝗿𝗶𝗲 𝗽𝗲𝗿𝘀𝗼𝗻𝗲 𝗼𝗻𝗻𝗼𝗱𝗶𝗴 𝘁𝗲𝗿𝗲𝗴𝗴𝗲𝘀𝘁𝗲𝗹
    Karel Gerhardus Johannes Nienaber (36), Jan Petrus Nienaber (24) en Johannes (Jan) Andries Nieuwoudt (23) is op hierdie dag tereggestel voor ’n vuurpeleton op De Aar.
    Die drie van hulle was aangekla van moord, roof en hoogverraad. Op 18 Februarie 1901 was hulle na bewering teenwoordig toe genl. Malan ’n trein naby Taaiboshalte, net buite Hanover, ontspoor het. Dit was ’n pikgietdonker nag gewees, en dit het ook baie hard gereën. Een van hul medeburgers het onder eed getuig dat hulle teenwoordig was.
    Dit is goed om te let op die feit dat die burger later aangekla was van meineed! Insiggewend is ook die feit dat al drie van hulle nie op kommando was nie. Hulle was werksaam by Andries Pienaar wat op die plaas De Bad naby Hanover geboer het.
    Op Hanover staan vandag ’n obelisk, opgerig ter ere van die drie burgers. Daarop staan geskryf:
    “Onschuldig dood veroordeeld door een militêre hof.” Die onderskrif lees: “Mij komt de wraak toe; Ik zal het vergelden, zegt de Heer.”
    Lees hier meer oor gebeure, geboortes en sterftes op 19 Maart: afrikanergeski...

ความคิดเห็น • 1

  • @oliviajordaan4155
    @oliviajordaan4155 6 หลายเดือนก่อน +1

    Dankie dat die waarheid uit kom