Hoërskool Die Wilgers met juffrou Marieke Buys

แชร์
ฝัง
  • เผยแพร่เมื่อ 4 มี.ค. 2020
  • Juffrou Marieke Buys - Afrikaanse Onderwyseres. #diepgewortel
    Uit die hart van 'n onderwyser.
    Juffrou Marieke Buys is ʼn toegewyde Afrikaanse onderwyseres wat leef vir haar leerders. Elke leerder se storie en agtergrond is anders en vir party leerders is ʼn dag by die skool hulle enigste stukkie normaal. Onderwysers lei ons kinders met wysheid en begrip op die pad na die toekoms. Hulle gee daagliks soveel van hulleself terwyl hulle help om karakter te bou, kennis te verbreed en die deur na die toekoms oop te sluit. Onderwys is die kragtigste wapen waarmee die wêreld verander kan word.
    Juffrou Buys vertel ons 'n bietjie meer oor haarself:
    "Die titel 'juffrou' is al van ’n jong ouderdom in my wese ingeweef. Op die ouderdom van vyf het ek al by my nuwe swartbordjie gesit en somme aan my denkbeeldige maats verduidelik. Die driemaaltafel, natuurlik - ongelukkig is dit waar my kennis van enige vorm van maaltafels ook agtergebly het. Ek sou skrubbel en dan die wêreldberoemde “regmerkie” of “kruisie” maak. Die toetse moes natuurlik tog gemerk word, of hoe dan anders...?
    Ek is dolgelukkig getroud met die man van my drome - Schalk Buys. Nie net het hy die sangstem van ’n werklike engel nie, maar hy is ook glad nie sleg op die oog nie. Hy is die besigheidsbrein in ons verhouding en ek die taalkenner (alhoewel hy sê ek is die “scatter brain”). Ons dien Jesus albei ten volle met ons hele harte en sal graag eendag met weeskindertjies wil werk of selfs ’n kinderhuis wil stig.
    Ek is baie passievol oor my taal en vak - Afrikaans, maar dis nie my enigste vorm van kommunikasie nie. My siel spreek boekdele wanneer ek my vingers ritmies op die ivoorklawers van my klavier kan rus asook wanneer hul saggies oor die staalsnare van my kitaar streel. En elke dan en wan glip daar ’n sagte melodie deur my lippe. Ek voel werklik tuis op twee plekke: by Jesus se voete en wel, op ’n verhoog."
    Video deur Heinz Boesenberg Films hbfilms.co.za/
    #wilgies #wilgiesfloreer #wilgiesgeeom #doelgerigteonderwys

ความคิดเห็น •