Ricus Nel doen saam Adam Tas n ''macnab'' in Dullstroom | Byt en Buskruit | S01E13

แชร์
ฝัง
  • เผยแพร่เมื่อ 6 ธ.ค. 2021
  • Adam Tas vat vir Ricus Nel saam op n baie opwindende, maar ook uitdagende jag in die Dullstroom area. Adam het dit goed gedink om vir Ricus uit te daag met die baie bekende ''macnab''. Adam open die ''macnab'' met n baie mooi blesbok ram waarna Ricus daarna pragtige swartwildebees bul plat trek. Alhoewel hulle nie die ''macnab'' in een dag voltooi het soos dit hoort nie weens die weersomstandighede, is daar toe besluit om tog die ''macnab'' te voltooi. Adam klop toe vroeg die volgende oggend die eerste voël gevolg deur Ricus wat kort daarna die eerste vis vir die dag uittrek.
    Adam Tas wys ook hoe om n forel smullekker op die kole te maak.
    Adam Tas het met die wonderlike inisiatief na vore gekom om al die vleis wat gejag word aan die kinders van Helpende Hand the skenk.
    Vir meer Byt en Buskruit:
    linktr.ee/BytEnBuskruit
    Episode geborg deur Dapper Media:
    linktr.ee/DapperMedia
    Ricus Nel:
    / ricusnel
    / ricus.nel.14
    Adam Tas:
    Instagram - / adamtasmusiek
    Facebook - / adamtasmusiek

ความคิดเห็น • 14

  • @johanswart8116
    @johanswart8116 2 ปีที่แล้ว +6

    Lekker man. My pa het elke jaar gejag maar oorlede toe ek 7 jaar oud was. Het nooit gejag tot na skool nie. Het my eerste bok op selfde blaas as my pa gejag het geskiet. En nou jag ek elke jaar.

  • @bwoosthuizen6853
    @bwoosthuizen6853 ปีที่แล้ว

    Dit is nou 'n klas Afrikaanse program, dankie!

  • @andredupreez1101
    @andredupreez1101 2 ปีที่แล้ว +1

    Wat 'n lekker ontspanne reeks om te kyk. Uitstekende vermaak. Lekker Ricus, gooi met 'n koffiemeule en vang met 'n flyreel. 😀. Kan nie wag vir reeks 2 nie. 👍

  • @8628rudeboy
    @8628rudeboy ปีที่แล้ว

    Ricus voel daai musiek in sy hart en siel. Ek like dit. Laat mens sommer huistoe verlang

  • @sanchiagoosen8963
    @sanchiagoosen8963 ปีที่แล้ว

    Ek hoor my Oumagrootjie met haar lepels in daai laaste scene met die boerepoempie! Dankie julle - hierdie is awesome! Hou so aan!!

  • @petemartin4300
    @petemartin4300 2 ปีที่แล้ว +1

    Dit lyk absoluut uitsteekend !

  • @willemstrauss2119
    @willemstrauss2119 11 หลายเดือนก่อน

    Baie geniet. Baie dankie

  • @neelsmuller3716
    @neelsmuller3716 2 ปีที่แล้ว +1

    Uitstekund julle, sien uit na die volgende seisoen

  • @davidkeppler4892
    @davidkeppler4892 2 ปีที่แล้ว

    Dit was baie baie lekker boet 🍻

  • @ziskabrits618
    @ziskabrits618 2 ปีที่แล้ว

    ❤️🌹❤️

  • @PietSwart
    @PietSwart 2 ปีที่แล้ว +2

    Jislaaik manne. Seisoen 2 beter baie vinnig kom.

  • @easyk2424
    @easyk2424 2 ปีที่แล้ว

    Adam ek het nou al 13 episodes klaar gekyk. Wag nou op Seisoen 2. Easy Kruger. Namibia

  • @gravedigger9313
    @gravedigger9313 2 ปีที่แล้ว

    That’s a greywing partridge