VISIE SONDAG - 07 Januarie 2024. Past. Ernest Potgieter

แชร์
ฝัง
  • เผยแพร่เมื่อ 23 ก.ย. 2024
  • As daar geen openbaring (toekoms visie) is nie, word die volk bandeloos; maar hy wat die wet onderhou, gelukkig is hy.
    Spr 29:18.
    Om ‘n geesvervulde gemeente te wees wat verlore mense lei na geestelike volwassenheid
    GEES-VERVULDHEID
    1) Geestelike onderskeiding (Matt 16:21 - 23 vs Hand 10:28)
    2) Karakter (Luk 22:33 - 34 vs 1 Pet 5:6)
    3) Roeping (Joh 21:3 vs 1 Pet 2:9)
    VERLORE MENSE
    Lukas 19:5-10
    5En toe Jesus by die plek kom, kyk Hy op en sien hom en sê vir hom: Saggéüs, maak gou en klim af, want Ek moet vandag in jou huis bly.
    6Hy maak toe gou en klim af en het Hom met blydskap ontvang.
    7En toe almal dit sien, het hulle gemurmureer en gesê: Hy het by 'n sondige man tuisgegaan.
    8Maar Saggéüs het gaan staan en aan die Here gesê: Here, kyk, die helfte van my goed gee ek vir die armes; en as ek van iemand iets afgepers het, gee ek dit vierdubbel terug.
    9Toe sê Jesus aan hom: Vandag het daar redding vir hierdie huis gekom, aangesien hierdie man ook 'n seun van Abraham is.
    10 Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was.
    GEESTELIKE VOLWASSENHEID
    Kol 3:9 - 17
    9 Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het
    10en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper,
    11waar daar nie Griek en Jood, besnedene en onbesnedene, barbaar, Scith, slaaf, vryman is nie, maar Christus is alles en in almal.
    12Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid.
    13 Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander 'n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen.
    14En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is.
    15En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar.
    16Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here.
    17En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.

ความคิดเห็น •