MAAR EK! - Past Ernest Potgieter - 08/09/2024

แชร์
ฝัง
  • เผยแพร่เมื่อ 11 พ.ย. 2024
  • Maar ek!
    Romeine 7:15 - 20
    1) Ek weet
    MAAR ek, ek weet: My Verlosser leef; en Hy sal as laaste oor die stof opstaan. - Job 19:25.
    2) Ek was opreg
    Maar ek was opreg by Hom, en ek was op my hoede vir my ongeregtigheid. - Ps 18:24.
    Maar ek is soos ’n dowe: ek hoor nie, en soos ’n stomme wat sy mond nie oopmaak nie. - Ps 38:14.
    Maar ék wandel in my opregtheid; verlos my en wees my genadig - Ps 26:11.
    3) Ek het perspektief
    Maar ek is ’n wurm en geen man nie, ’n smaad van die mense en verag deur die volk. - Ps 22:7.
    4) Ek vertrou
    Maar ék vertrou op U, o HERE! Ek sê: U is my God. - Ps 31:15.
    Maar ek sal wees soos ’n groen olyfboom in die huis van God; ek vertrou op die goedertierenheid van God vir ewig en altyd. - Ps 52:10.
    5) Ek bring lof
    Maar ék sal altyddeur hoop en al u lof vermeerder. - Ps 71:14.
    Maar ék sal sing van u sterkte en elke môre jubel oor u goedertierenheid, want U was ’n rotsvesting vir my en ’n toevlug in die dag toe ek benoud was. - Ps 59:17.
    6) Ek bid
    Maar ek-my gebed is tot U, o HERE: in die tyd van genade, o God, verhoor my deur die grootheid van u goedertierenheid, deur die trou van u heil! - Ps 69:14.
    Maar ek, ek roep God aan, en die HERE sal my verlos. - Ps 55:17.

ความคิดเห็น •