Apie Brood

แชร์
ฝัง
  • เผยแพร่เมื่อ 14 ส.ค. 2023
  • Bestandele:
    Deeg:
    4e Botter (2 e sag. 2 e gesmelt)
    1k Melk, sterk warm
    1/3k Water, Sterk warm
    ¼k Suiker
    1 pakkie gis
    3k Meel
    Ekstra meel vir werksoppervlak
    2t Sout
    Kaneelsuiker bedekking:
    1k Bruin suiker
    2t Kaneel
    8e Botter (120ml) gesmelt
    Glaze:
    1k Versiersuiker
    2e Melk
    Aanwysings:
    1. Smeer 'n Bundt-pan met die 2 eetlepels sagte botter. Sit eenkant.
    2. Meng die melk, water, gesmelte botter, suiker en gis in 'n groot maatbeker. Meng die meel en sout saam in 'n groot bak. Maak 'n holte in die meel en voeg dan die melkmengsel in die holte. Gebruik 'n houtlepel en roer totdat die deeg moeilik is om te roer. Keer dit uit op 'n liggies meelbestrooide werkoppervlak en begin knie. Knie tot die deeg glad is, sowat 10 minute. Vorm in 'n bal, sprei die bak met spray n cook. Plaas die deeg in die bak en bedek met kleefplastiek en laat die deeg rys tot verdubbel, 1-2 uur.
    3. Vir die suikerbedekking, terwyl die deeg rys, meng die bruinsuiker en kaneel saam in 'n bak. Plaas die gesmelte botter in 'n tweede bak, hou eenkant.
    4. Om die brood te vorm, verwyder die deeg versigtig uit die bak en druk dit in 'n growwe vierkant. Gebruik 'n mes en sny die deeg in stukkies.
    5. Rol elke deeg stukkie in 'n growwe bal. Doop die balletjies in gesmelte botter, laat oortollige botter terug in die bak drup. Rol die gedoopte deegbal in die bruinsuiker mengsel, dan lê die balle in die Bundt-pan in lae.
    6. Bedek die Bundt-pan met kleefplastiek en laat die Apie brood rys vir 1-2 uur of tot pofferig.
    7. Verhit die oond tot 180°C. Haal die kleefplastiek af en bak tot die bokant diep bruin is en karamel om rande begin borrel, 30-35 minute. Verkoel die Apie brood in die pan vir 5 minute, keer dan uit op 'n skottel of groot bord en laat effens afkoel, sowat 10 minute.
    8. Vir die glaze, terwyl die brood afkoel, meng die versiersuiker en melk saam in 'n klein bakkie totdat die mengsel glad is. Gooi die glaze oor die warm Apie brood, laat dit oor die bokant en kante van die brood loop. Geniet elke happie.

ความคิดเห็น •