Broodjies

แชร์
ฝัง
  • เผยแพร่เมื่อ 22 มี.ค. 2023
  • Bestandele:
    4k Koekmeel
    1 pakkie Kitsgis
    1t Suiker
    1t Sout
    2k Louwarm water
    2e Olyfolie
    ekstra koekmeel
    Metode:
    Sit koemeel, kitsgis, suiker en sout saam in mengbak. Meng water en olyfolie en voeg by meelmengsel.
    Knie vir minstens 15min, die deeg moet goed geknie word. Bedek deeg met kleefplastiek wat met bietjie olie gesmeer is, die olie help dat deeg nie aan die kleefplastiek klou nie, of sit n deksel op.
    Laat staan vir 60min op n warm plek tot dubbel sy grootte.
    Spuit bakplaat met kossproei en stel oond op 150°C - 180°C (jy ken jou oond).
    Moenie deeg knie nie, druk net effens plat soos in video om te kan sny. Sny 8 stukke en vorm balletjies. Rol elkeen in meel soos in video en sit op bakplaat.
    Bak vir 12-15min.
    Geniet saam braaivleis, ontbyt, koffie en konfyt.
    Dankie
    The Lighthouse Sallows Personalized Gift Printing vir my Rooikappie hemp - thelighthous...
    Karty Lady vir my Rooikappie bord in die agtergrond - KraftLady63?...

ความคิดเห็น •