Ons Koning by sy Bruilof Nagmaalreeks 12b Nagmaal Ps 45 Ds Gustav Opperman

แชร์
ฝัง
  • เผยแพร่เมื่อ 23 ก.ย. 2024
  • Dis nie net ’n Psalm nie. Dis ’n Liefdeslied soos geen ander liefdeslied. In ’n sekere sin is u vandag deel van ’n koninklike troue: die belangrikste huwelik wat nog ooit plaasgevind het. Nagmaal Ps 45 Ds Gustav Opperman GK Matlabas ‪@WoordeuitsyWoning‬
    Die mensdom is nog lank nie moeg vir konings nie ...
    Ons beleef dit telkens
    met elke koninklike troue is
    meer as ‘n biljoen mense se oë op die kassie vasgenael was
    Selfs die Afrikanervolk
    wat ’n bietjie meer as ’n eeu gelede
    op bevel van die Britse koningshuis
    in konsentrasiekampe gestop is
    en daar in hulle duisendtalle omgekom het ...
    selfs hulle vergaap hulle aan hierdie skouspel ...
    Koninklik het Hy die versoekinge van die Satan oorwin ...
    Die sonde kon geen houvas op Hom kry nie ...
    Koninklik het Hy oor die demone getriomfeer ...
    Ook siekte en selfs die dood moes voor Hom buig ...
    Alle magte in die natuur moes hulle aan Hom onderwerp ...
    Maar dan, geliefdes het ons ook uit die Skrif geleer
    dat Hy ter wille van die waarheid van die Goddelike Woord
    dat Hy Homself in hierdie stryd laat verneder het ...
    Ter wille van geregtigheid het Hy eers op ’n esel gery
    voor Hy die oorlogsperd bestyg het ...
    Die Koning moes eers die Lam van God word
    voor Hy die Leeu uit die stam van Juda kon wees ...
    Ter wille van God se eer
    was sy klere eers met sy eie bloed bevlek
    voor die vyand se bloed dit rooi sou kleur ...
    Bron: Ps 45
    'n Koning by sy bruilof
    Nagmaal 2021 09 12
    Ds Gustav Opperman Gereformeerde Kerk Matlabas GK Matlabas
    Kontakbesonderhede:
    Ds Gustav Opperman +27 083 503 4886
    en Ina Opperman +27 83 650 2186
    reformeer@gmail.com
    Is u 'n gelowige in die buiteland of 'n gemeente buite bereik van suiwer Woordverkondiging? Of het u het 'n verlange om die Evangelie te ervaar? Dan is u op die regte plek. Welkom by ons internetbediening!
    Skryf asb in op ons TH-cam kanaal! Tik/Kliek op Woorde uit sy Woning
    1) Reformasie 500 feesproduksie (Musiekdrama): Uit Diep van Donker Nagte kan bestel word vanaf reformeer@gmail.com
    Please watch: "Die DVD Uit Diep van Donker Nagte Reformasie 500 Reformation 500" (Lokfilm) • Uit Diep van Donker Na... Die volledige DVD kan bestel word by reformeer@gmail.com.
    2) Kry 'n gratis transkripsie van preke weekliks: Skryf in op ons poslys by reformeer@gmail.com (Ons het ongelukkig nie transkripsies van Bybelstudies en Dagstukkies nie.)
    3) Van ons preke het Afrikaanse en Engelse onderskrifte en is dus meer toeganklik.
    4) Ons Bybelstudie en Kategismusreekse kan met vrug aangewend word deur 'n gelowige of groep gelowiges.
    5) Epos u vrae oor hierdie preek of enige ander geloofsake. Kontak ons: reformeer@gmail.com
    6) Besoek ons Faceboek-blaaie: WoordeuitsyWoning en Gereformeerde Kerk Matlabas en teken asb in!
    7) Ons gemeente is 103 jaar oud.
    Dit is ons roeping om in hierdie kanaal deur preke, Bybelstudies en Kategismusuitleg die Evangelie te versprei in Suid-Afrika, maar ook orals in die wêreld waar gelowiges ‘n behoefte het om die Woord te hoor.
    Ons Woorde uit sy Woning TH-cam-kanaal het in 2016 begin. Ons is gedurig besig om die kwaliteit van ons video’s te verbeter deur ons toerusting op te gradeer.
    Indien u ons TH-cam-kanaal finansiëel wil ondersteun, of ‘n ander bydrae wil maak tot Woorde uit sy Woning, kontak ons asb op reformeer@gmail.com Ons sal dit waardeer. U kan ook direk 'n bydrae maak:
    Woorde uit sy Woning maak gebruik van: FNB Spaarrekening/Savings Pocket Rekeninghouer: Philippina Opperman Rek no: 62572033026 FNB Thabazimbi Stuur asb u kontakbesonderhede met bewys van donasie aan: reformeer@gmail.com Ons sal u graag wil bedank.
    • Baie dankie aan ons kykers wat ons gereeld ondersteun. Dit hou ons kanaal lewensvatbaar. Ons wil nie advertensies in ons video's toelaat nie. Dit werk steurend in op die aard van ons video's. Sou TH-cam wel advertensies op ons video’s plaas, doen hulle dit eensydig en het ons geen sê daarin nie. Ons kry ook geen aandeel in die vergoeding. Ons het die volgende eposkennisgewing ontvang:
    • TH-cam’s right to monetize: TH-cam has the right to monetize all content on the platform and ads may appear on videos from channels not in the TH-cam Partner Program.
    Musiek gebruik in hierdie video:
    Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video:
    Met dank en erkenning:
    Ps 65 & Ps 144 & Ps 116
    Glorieryke Psalms www.ico.org.za
    info@ico.org.za
    Tel: 0824914965/ 012 332 0336
    Orrelis: Harry Jonkers

ความคิดเห็น • 4

  • @emmiestoffberg4339
    @emmiestoffberg4339 2 ปีที่แล้ว +1

    Baie dankie vir die pragtig Woordbediening. Een van die Psalms wat ek geleer het. Ek is lief om die Woord van die HERE te ken en in my hart te bêre.

  • @andriestheunissen9525
    @andriestheunissen9525 2 ปีที่แล้ว +1

    So dankbaar dat die Heer van alle Here die Almagtige ook my siel gevoed en gesterk het met sy kosbare bloed deur die prediking van van die Heilige Woord. dankie Ds. Gustav en Mev.

    • @WoordeuitsyWoning
      @WoordeuitsyWoning  2 ปีที่แล้ว

      Dankie, broeder @AndriesTheunissen. Die Here is vir ons so goed! Ina en Gustav

  • @barend4803
    @barend4803 2 ปีที่แล้ว

    Wonderlike Woord. Net so tragies dat die 1983 en die 2020 vertaling TWYFEL skep oor hierdie Messiaanse Psalm, ten spyte daarvan dat Hebreers 1 so duidelik vir ons wys hoe dit verstaan moet word. So word twyfel gesaai oor die Here Jesus Christus.
    Mag ons om gaan met sulke vertalings ?
    Mag ons in die selfde juk trek met sulke vertalers ?