Kultuurskatte van die Voortrekkermonument

แชร์
ฝัง
  • เผยแพร่เมื่อ 9 ต.ค. 2024
  • Dit is vanjaar 80ste herdenking van die hoeksteenlegging van die Voortrekkermonument in Pretoria.
    Met die hoeksteenlegging op 16 Desember 1938 is ‘n eksemplaar van Jan van Riebeeck se dagboek, ’n afskrif van die Piet Retief-Dingaan-traktaat, ’n afskrif van die Gelofte van 16 Desember 1838, ’n afskrif van die Stem van Suid-Afrika en die Statebybel van mnr. Henning Klopper agter die hoeksteen toegemessel.
    Die Voortrekkermonument is as huldeblyk aan die Voortrekkers wat hulle kultuur na die binneland gebring het, gebou.
    Die gedagte om ‘n monument ter ere van die Voortrekkers te bou, het in 1931 by ’n FAK-kongres ontstaan. Daarna is ’n Sentrale Volksmonumentekomitee gestig wat in beheer van die fondsinsameling, ontwerp en oprigting was. Die staat het die meeste van die geld bygedra - die totale koste van die monument was 350,000 pond.
    Die Voortrekkermonument is op elf jaar later op 16 Desember 1949 amptelik ingewy.
    Hoeveel trappe lei van die parkeerterrein tot bo by die Monument?
    130
    Wie was die beeldhouer van die beeldegroep voor die Monument?
    Anton van Wouw
    Watter boumateriaal is vir die Monument gebruik?
    Graniet uit Noord-Transvaal
    Wie stel die vier hoekfigure voor?
    Piet Retief, Andries Pretorius, Hendrik Potgieter en Die Onbekende leier (verteenwoordigend van al die ander Voortrekkerleiers). Elke hoekbeeld weeg ongeveer 6 ton.
    Waarom bestaan die laermuur juis uit 64 waens?
    64 waens is in ’n laer getrek by Bloedrivier op 16 Desember 1838
    Hoe hoog is die Monument?
    Bykans 62 meter in totaal
    Wie was die argitek?
    Gerard Moerdijk

ความคิดเห็น •