Bielies Van Die Boerejol en Lisa Bornman - EPISODE 1 of 2

แชร์
ฝัง
  • เผยแพร่เมื่อ 19 ส.ค. 2024
  • BIELIES VAN DIE BOEREJOL. Episode 1 van 2.
    Wat ‘n voorreg om sommer so uit die bloute ‘n oproep te kry van ‘n uitmuntende Suid Afrikaanse kitaar speler, Deon Van Der Merwe op ‘n Dinsdag aand laat. “Lisa wil jy nie op Bielies Van Die Boerejol oor jou pa kom gesels nie?” SHOE! - ‘n Verrassing uit die boonste rakke. Die 2de keer wat ek uitgenooi was na Radio Pretoria en my kop was in ‘n flat spin want ons het die telefoniese opname dieselfde week Donderdag gedoen. Met ‘n hartklop in my keel en ‘n sweet in die binnekant van my hand palm het Deon die onderhoud gelei met gemak en professionele ondervinding tot ‘n uitkoms van ‘n opname wat ‘n traan van hymweë na my oë gebring het. Ons sê graag dankie aan Deon en produksie regisseur weereens Johan Van Zyl, vir die uitmuntende verwerking. Dit is met ‘n volle hart van bevrediging en ‘n absolute voorreg dat ek die 1ste van 2 programmetjies met julle almal kan deel.
    Vir julle luister genot.
    Lisa.

ความคิดเห็น •