Goudstad Ligte - Vos Broers

แชร์
ฝัง
  • เผยแพร่เมื่อ 7 ก.ย. 2024
  • Een van die mees legendariese sanggroepe van die sogenaamde tranetrekker-era! Die VOS BROERS het tussen die jare 1947 tot 1968 talle opnames by verskeie platemaatskappye gemaak. Die "broers" het in verskeie kombinasies opgeneem, maar was altyd slegs 'n duo. Die lede was die drie broers Nic Vos, Koos Vos en Hendrik Vos, en dan die enigste "nie-Vos" Chris Botha. Hulle het ook talle opnames saam met Petrus (Bertus) van Wyk en Betsie Pretorius gemaak.
    Een van hul gewildste treffers was sonder twyfel "Goudstad Ligte", wat die baie hartseer verhaal vertel van 'n moeder en haar kindjie wat hul lewe verloor het op 'n bitterkoue nag. Die lied was oorspronklik deur hulle uitgereik in 1948 op 78-spoedplaat, en is daarna weens sy gewildheid talle kere heruitgereik. Hier volg 'n lys van die uitreikings waarop die snit voorkom:
    78 * 1948 - Trek (AC 775) - keersy "Seker".
    LP * 1956 - Trek (LAC 502) - "Langs Stille Waters".
    45 * 1961 - Kristal (SK 7) - keersy "By Die Kis Van My Liefling".
    LP * 1961 - Kristal (KLS 130) - "Die Oorspronklike Vos Broers Sing".
    45 * 1963 - Unika (SSU 614) keersy "Die Armband Van Goud".
    CD * 2000 - Gallo (CDTGE 34) - "So Het Hulle Gesing".

ความคิดเห็น • 61

  • @gerriepretoruis1138
    @gerriepretoruis1138 8 หลายเดือนก่อน +1

    Rerag nog ware musiek te mooi ni so opreg iut di hart iut goue stemme❤❤❤❤❤

  • @gerhardreyneke546
    @gerhardreyneke546 ปีที่แล้ว +2

    Dit. Is baie pragtig

  • @pietervanloggerenberg3290
    @pietervanloggerenberg3290 ปีที่แล้ว +1

    Mooi musiek en kinder herinneringe

  • @louwrensstrydom4528
    @louwrensstrydom4528 2 ปีที่แล้ว +2

    Het nog ou plate van Vos broers.gereeld geluister.

  • @candice-leekannemeyer4490
    @candice-leekannemeyer4490 3 ปีที่แล้ว +4

    Oh to hear my grandfather, Koos' voice again! Brings tears to my eyes.

    • @mariusdevos63-777
      @mariusdevos63-777  3 ปีที่แล้ว +1

      Jy kan baie trots wees op jou Oupa... ware legende! Groete

    • @candice-leekannemeyer4490
      @candice-leekannemeyer4490 3 ปีที่แล้ว +1

      @@mariusdevos63-777 dankie, ek is so baie trots.

    • @mariusdevos63-777
      @mariusdevos63-777  3 ปีที่แล้ว

      @@candice-leekannemeyer4490 Plesier... ek het vir jou 'n boodskap of fb gestuur hoor! Groete

  • @elsiebotha4254
    @elsiebotha4254 2 ปีที่แล้ว +2

    Dink baie ver terug baie dankie

  • @madeleinrust3263
    @madeleinrust3263 ปีที่แล้ว +2

    My pa, Adolf, het altyd op die bed gelê met die kitaar so voor sy bors en dan het hy dié liedjie gesing. Ek was nog 'n piepklein dogtertjie, maar ek onthou hoe ek gehuil het oor die tannie en haar babatjie. Dan het my pa vir my geglimlag en gesê: "Dis net 'n liedjie." Op my beurt het ek die liedjie vir my kinders gesing en my dogter, nou 32, het nou die dag vir my gesê die mooi liedjie bly haar nou nog by. 🙂

    • @mariusdevos63-777
      @mariusdevos63-777  ปีที่แล้ว

      Hi Madelein, dankie vir die "memories"... ja, dit bly 'n absolute hartsliedjie nè! Musiekgroete

  • @davidupton7141
    @davidupton7141 ปีที่แล้ว +2

    Dit bring baie herhinderings terug my moeder het al die liekies vir ons gesing ek is nou 73 en voel soos gister

  • @vanzylmeyer9937
    @vanzylmeyer9937 2 ปีที่แล้ว +2

    Het hierdie LP.Was my Ma sinne.

  • @daniebothma
    @daniebothma ปีที่แล้ว +2

    So So Ongelooflik Mooi Dankie Vir So Baie

    • @mariusdevos63-777
      @mariusdevos63-777  ปีที่แล้ว

      Groot plesier Danie... musiekgroete

    • @daniebothma
      @daniebothma ปีที่แล้ว +1

      @@mariusdevos63-777 Geseende Dagie

  • @martjudeel6441
    @martjudeel6441 ปีที่แล้ว +2

    Woow dankie bring so baie herhineringe terug

  • @yvonnejonker1874
    @yvonnejonker1874 2 ปีที่แล้ว +2

    Baie dankie vir die pragtige musiek. Ons het ook groot geword met hulle en die Briels se musiek. My ouers en grootouers het die liedjies gereeld gesing in ons huis en ook klavier, gitaar, mondfluitjie en trekklavier gespeel en gesing by vriende en families. Priceless memories for sure ❤️❤️❤️❤️❤️❤️

  • @cobusvds7130
    @cobusvds7130 5 ปีที่แล้ว +3

    Ons het groot geword in my ouers se huis
    Die Vos Broers
    Briels
    En vandag nog is dit wat ek opgespoor het my luister eenheid
    Dankie Marius ek vertrou om gereeld van u videos te ongvang
    Jy neem my baie ver en diep terug as n man na my as latie lewe

  • @gunstelinge7574
    @gunstelinge7574 6 ปีที่แล้ว +2

    Nou hardloop die herrineringe darem vêêêr!!!!! Baie dankie - my ou Mamsie was soooo lief vir die Vos Broers.

  • @pieterduplessis2104
    @pieterduplessis2104 2 ปีที่แล้ว +3

    Nostalgia

  • @williesmit5234
    @williesmit5234 8 ปีที่แล้ว +2

    Pragtig Dankie Marius

  • @elsiecoetzer9227
    @elsiecoetzer9227 3 ปีที่แล้ว +1

    Laat mens baie dink aan die dinge vandag in die lockdown.🙏🏻🙏🏻😷😷

  • @pietersadler8485
    @pietersadler8485 3 ปีที่แล้ว +2

    Ek sal ook graag van hierdie liedjies wil doen.

  • @elizeferreira9457
    @elizeferreira9457 ปีที่แล้ว +2

    Speel asb vir ons van Flip se Afr dn Engelse Opnames Marius ons weet mos jy is die No1 op al Toeka se dae * So het hul Gesing !! Ons soek CD,s Van Flip en Ferreira SUSTER en jy is die man daarvoor Groete Elize Ferreira❤

  • @hannapretorius5202
    @hannapretorius5202 7 ปีที่แล้ว +2

    O! Ek het met die goed groot geword!!!!!!!!!! En mal daaroor!!!!!!!!!!

    • @bellaleroux9554
      @bellaleroux9554 6 ปีที่แล้ว

      Wat is die afrikaanse fliek met die musiek?

  • @schouliecampher3136
    @schouliecampher3136 3 ปีที่แล้ว +2

    Ai, waar trek my gedagtes nou!! Om en by 70 jaar terug? Ek onthou hoe ek gehuil het as ek hierdie opname gehoor het 😪

    • @mariusdevos63-777
      @mariusdevos63-777  3 ปีที่แล้ว +1

      En dit bly pragtig nê Schoulie! Groete...

    • @schouliecampher3136
      @schouliecampher3136 3 ปีที่แล้ว

      Marius, hoe is jy verwant aan die sangers? Jy is te jonk om een van hulle te wees. Dit bly pragtige musiek 👍👍

    • @mariusdevos63-777
      @mariusdevos63-777  3 ปีที่แล้ว

      @@schouliecampher3136 Hi daar, nee ek's 'n musieknavorser, skrywer en omroeper... ek's De Vos, hulle was net Vos... alles maar net uit liefde vir musiek! Groete

    • @mariusdevos63-777
      @mariusdevos63-777  3 ปีที่แล้ว

      Die drie broers was Nic, Hendrik en Koos.

    • @schouliecampher3136
      @schouliecampher3136 3 ปีที่แล้ว +1

      Baie dankie vir jou terugvoering. Groete

  • @johanncoetzee3493
    @johanncoetzee3493 7 ปีที่แล้ว +1

    watter jaar is die plaat uitgegee

    • @mariusdevos63-777
      @mariusdevos63-777  7 ปีที่แล้ว +1

      Hi Johan, hierdie spesifieke Unika uitreiking is 1963, maar die Vos Broers het die snit reeds in die laat 50's opgeneem. Groete...

  • @disagreeablepin
    @disagreeablepin 6 ปีที่แล้ว +2

    Hallo Marius, wil jy nie asb kant b ook oplaai nie?

    • @mariusdevos63-777
      @mariusdevos63-777  5 ปีที่แล้ว

      Hi Andriesa, ek het die b-kant van die oorspronklike 78, "Seker", ook gelaai! Geniet hom en musiekgroete.

    • @disagreeablepin
      @disagreeablepin 4 ปีที่แล้ว +1

      @@mariusdevos63-777, is die b-kant dan nie 'By die kis van my liefling' nie?

    • @mariusdevos63-777
      @mariusdevos63-777  4 ปีที่แล้ว

      @@disagreeablepin Hi Andriesa, nee nie op 78 nie..., hier is sy volledige info [Seker. / Goudstad Ligte - AC 775 - Trek - 1953], en op die single was die keersy "Die Armband van Goud". Groete

    • @mariusdevos63-777
      @mariusdevos63-777  4 ปีที่แล้ว

      Jou genoemde snit het soos volg uitgekom... * By Die Kis Van My Liefling / Wat God Kan Doen [Unika - SSU 613]

    • @disagreeablepin
      @disagreeablepin 4 ปีที่แล้ว

      @@mariusdevos63-777 My ma het 'n solus 7 plaat van Die Vos Broers met 'Goudstadligte op kant A en 'By die kis van my liefling' op kant B.

  • @user-hk2or8uo8p
    @user-hk2or8uo8p 7 หลายเดือนก่อน +1

    n Skatkis can herinneringe

  • @lorriemamoet9406
    @lorriemamoet9406 5 ปีที่แล้ว +2

    Vertel meer van hulle

    • @mariusdevos63-777
      @mariusdevos63-777  5 ปีที่แล้ว

      Hi Lorrie, ek gee binnekort my eerste boek uit oor ons ou legendes en die vergete musieksterre. Daarin gaan ek beslis meer van hulle vertel. Groete daar...