Goeie dag, Orania Beweging. My vraag is, sal dit moontlik wees om mens se eie huis te bou (indien mens van die vaardighede besit om so te doen), of moet daar gebruik gemaak word van 'n plaaslike konstruksie maatskappy? Dan ook, is daar enige beperkings op watse tipe bou styl/materiaal aangepas moet word? By voorbaat dankie.
Goeiedag. Hier is verskeie mense wat hul eie huise gebou het en baie trots daarop is! Natuurlik mag jy - dit sluit aan by ons onafhanklikheidsmodel. Wat boustyl aanbetref hang dit hoofsaaklik af van waar jy wil bou. Verskillende ontwikkelaars het verskillende style op hul ontwikkelings. My voorstel sal wees om Orania eenkeer te kom besoek en self te kom kyk!
Hoeveel eiendomme is reeds verkoop oor die jare? Hoeveel eiendomme word geswaai per maand (hoe lewendig is die mark)? Koop mense in Orania eerder bestaande eiendomme met huise op of lee erwe en bou dan? Is die verkoop van 'n eiendom gewaarborg (dws sal gekoop word deur mpy/aandeleblok)? Word 'n maksimum aantal eiendomme beplan (soos met bv. kriptogeld) (om waarde kunsmatig te verhoog)? Kan daar geinvesteer word in die mpy/aandeleblok of enige ander vorm van groei in Orania? Dankie.
Orania het oor sy 33 jaar se bestaan al baie gegroei en uitgebrei. Ons is deurlopend besig om nuwe grond te ontwikkel en te diens en so nuwe erwe uit te sit. Mense is geneig om eerder erwe met huise op te koop, maar daar is verskeie mense wat ook leë erwe koop en self bou. Skakel gerus direk met die Orania Dorpsraad - hulle behoort jou te kan help met meer gedetailleerde antwoorde: 053 207 0063 Daar is verskeie maniere om Orania te ondersteun en te belê in Orania. Jy kan aansluit as 'n lid van die Orania Beweging en ons so ondersteun. Lede van die Orania Beweging kry ook die voordeel om te kan belê in die Groeifonds, ORASOL, OSK en ander Orania instellings. Besoek gerus ook ons webblad vir meer inligting oor Orania: www.orania.co.za
By watter entiteite verkry Orania groot lenings? Wat is die werkloosheidskoers? Wat is die strategie om werkloosheid te bekamp (as daar meer mense inkom terwyl werksgeleenthede te min is, dan begin die probleem, so word aanbodkant gereguleer?)?
Ek werk of bly nie daar nie maar ek weet daar is feitlik zero werkloosheid in Orania omrede jy nie daar kan gaan woon as jy nie werk het daar nie en ook as jy nie finansieel vir jouself kan sorg nie soos bv met 'n pensioen.
Befondsing word amper uitsluitlik deur OSK gedoen, asook bewoners self wat belê in projekte, plaaslike besighede en instansies. Daar word nie van buite banke/instansies gebruik gemaak nie.
BAIE DANKIE vir die INLIGTING!!!! Ek verstaan ook nou beter!!!!!
Briljant!
Alle state beheer hoe en wie eiendomsreg mag hê. Orania is geen uitsondering nie!
Goeie dag, Orania Beweging. My vraag is, sal dit moontlik wees om mens se eie huis te bou (indien mens van die vaardighede besit om so te doen), of moet daar gebruik gemaak word van 'n plaaslike konstruksie maatskappy? Dan ook, is daar enige beperkings op watse tipe bou styl/materiaal aangepas moet word? By voorbaat dankie.
Goeiedag.
Hier is verskeie mense wat hul eie huise gebou het en baie trots daarop is! Natuurlik mag jy - dit sluit aan by ons onafhanklikheidsmodel.
Wat boustyl aanbetref hang dit hoofsaaklik af van waar jy wil bou. Verskillende ontwikkelaars het verskillende style op hul ontwikkelings. My voorstel sal wees om Orania eenkeer te kom besoek en self te kom kyk!
Hoeveel eiendomme is reeds verkoop oor die jare? Hoeveel eiendomme word geswaai per maand (hoe lewendig is die mark)? Koop mense in Orania eerder bestaande eiendomme met huise op of lee erwe en bou dan? Is die verkoop van 'n eiendom gewaarborg (dws sal gekoop word deur mpy/aandeleblok)? Word 'n maksimum aantal eiendomme beplan (soos met bv. kriptogeld) (om waarde kunsmatig te verhoog)? Kan daar geinvesteer word in die mpy/aandeleblok of enige ander vorm van groei in Orania? Dankie.
Orania het oor sy 33 jaar se bestaan al baie gegroei en uitgebrei. Ons is deurlopend besig om nuwe grond te ontwikkel en te diens en so nuwe erwe uit te sit. Mense is geneig om eerder erwe met huise op te koop, maar daar is verskeie mense wat ook leë erwe koop en self bou. Skakel gerus direk met die Orania Dorpsraad - hulle behoort jou te kan help met meer gedetailleerde antwoorde: 053 207 0063
Daar is verskeie maniere om Orania te ondersteun en te belê in Orania. Jy kan aansluit as 'n lid van die Orania Beweging en ons so ondersteun. Lede van die Orania Beweging kry ook die voordeel om te kan belê in die Groeifonds, ORASOL, OSK en ander Orania instellings.
Besoek gerus ook ons webblad vir meer inligting oor Orania: www.orania.co.za
Die ora sal sterker as die zar word, as die ora die projek se equity is,sal dit versterk.
Kan enige persoon eiendom huur of moet hulle LID wees van die Orania Beweging?????
Jy moet eerstens verblyfreg kry op Orania. Jy kan dit doen deur 'n e-pos te stuur na verblyfreg@myorania.co.za
By watter entiteite verkry Orania groot lenings? Wat is die werkloosheidskoers? Wat is die strategie om werkloosheid te bekamp (as daar meer mense inkom terwyl werksgeleenthede te min is, dan begin die probleem, so word aanbodkant gereguleer?)?
Ek werk of bly nie daar nie maar ek weet daar is feitlik zero werkloosheid in Orania omrede jy nie daar kan gaan woon as jy nie werk het daar nie en ook as jy nie finansieel vir jouself kan sorg nie soos bv met 'n pensioen.
Befondsing word amper uitsluitlik deur OSK gedoen, asook bewoners self wat belê in projekte, plaaslike besighede en instansies. Daar word nie van buite banke/instansies gebruik gemaak nie.
Kan ek n bank lening kry met die aandele as borg?
Ja, by ons eie plaaslike bank: OSK