Die weg van almal op aarde: Voorbereidings vir jou dood

แชร์
ฝัง
  • เผยแพร่เมื่อ 24 ก.ย. 2024
  • Aanbieders: Marnix Boersema, Jaco de Beer, Gerhard van Rhyn, Jan-Louis Lee
    Paulus sê in Romeine 14:8 "Want as ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here; of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here." Hoe sterf ons tot eer van die Here? Hoe moet die lewe van die gelowige ingerig wees om gereed te wees vir die dood? Kyk na Paulus se nalatenskap vir Timoteus en Titus. Is daar 'n groter nalatenskap vir jou kinders as jou getuienis van die evangelie? "Want vir my is die lewe Christus en die sterwe wins, skryf Paulus aan die Filippense. Moet ons hulde bring aan die afgestorwenes, of liewer die evangelie brng as troos?
    04:44 Hou die lewe van 'n gelowige voorbereiding vir die dood in?
    09:09 Wat is jou nalatenskap?
    16:40 Praktiese aspekte voor jy sterf
    19:30 Rentmeesterskap en jou geloof
    24:20 Testament
    29:40 Hoe ontvang ons wat aan ons bemaak is?
    32:50 Troosdiens en begrafnis
    36:15 Preek die evangelie as troos
    40:40 Teologie van die dood
    43:10 Praktiese element van afskeid neem
    Skrifverwysings:
    Rom 14:8, 1 Kon 2:1-2, 2 Kon 20:1, Heb 11, 1 Tim 5:8, 2 Tim 4:6, Tit 1:7, Spr 4:2-4, Rom 8:13-15, Deut 6, Fil 1:21, 1 Kor 4:2, Spr 13:22, Op 20, Thess 4, Ps 116:15
    Maak gerus 'n donasie via SnapScan: pos.snapscan.i...
    Teken in op ons TH-cam kanaal - / scriptura
    Luister na Radio Scriptura op Apple Podcast - podcasts.apple....
    Besoek ons webblad - www.scriptura.co.za
    Like ons blad op Facebook - / scripturaweb
    Epos ons, of stuur jou vrae na - info@scriptura.co.za
    Scriptura is 'n Gereformeerde blog & podsending, met 2 Timoteus 3 v.16, 17 as ons fokus: "Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus."

ความคิดเห็น •