OOSTELIKE SINODE

แชร์
ฝัง
  • เผยแพร่เมื่อ 1 ธ.ค. 2024

ความคิดเห็น • 23

  • @jeandewet4324
    @jeandewet4324 หลายเดือนก่อน +5

    Dankie 🙏🏻 dis ontstellend !!

  • @Ster-z2c
    @Ster-z2c หลายเดือนก่อน +6

    Dankie vir al die inligting wat oor jare gegee is Ferdie.
    Dit is só jammer dat al hierdie inligting nog steeds afgemaak word as leuens & nie ernstig ondersoek word nie.
    'n Hartseer aanduiding dat denominasie lojaliteit belangriker as Bybelse waarhede is.

    • @metapolitikgedanken612
      @metapolitikgedanken612 หลายเดือนก่อน

      Wat my veral irriteer is die blatante oneerlikheid van hierdie mense. Eers se hulle X dan se hulle dat hulle nooit X so gese het nie. Of dit anderste bedoel het ens. En daar is talle mense in gereformeerde kerke wat fundementele leerstellings van Bybel en Gereformeerde leer, selfs die Evangelie verwerp.
      1. Die verwerping van die skepping is waarskynlik die mees verspreide dwaling. Hulle dink "Die Wetenskap" het dit 'verkeerd bewys"... Hulle verstaan duidelik nie eers wat wetenskap is nie.
      2. Die OT teks is 'mitologies'. Dis wat hulle gaan aanvoer as hulle van teksgedeeltes nie hou nie om rede dit nie by hulle ideologie pas nie.
      3. Ontkenning van magdelike geboorte. Jesus eintlik maar net 'n mens soos al die ander.
      4. Kruisiging word aanvaar, maar dood en/of opstanding word ontken. Dit word dan alles 'metafories' geinterpreteer.
      5. Heilige Gees, Duiwel, Sonde ens. word ook geherinterpreteer.
      Dikwels kom dit dan uit dat hierdie mense eintlik maar panhumaniste is wat die kerk maar net as 'n nuttige instelling sien vir 'sosiale en kulturele transformasie'. Dis nie heltemal nuut nie. Daar was/is als verskeie pogings van hierdie soort gewees. Ook dat die kerke as instellings dan saam met staat of ander organisasies werk. Ook en veral teen Christene wat teologies behoudend is. Ek het dit oorsee dikwels opgemerk. Die massa Protestantse kerke is vandag Panhumaniste wat maar 'n bietjie vir die bybel aanhaal as dit hulle pas en so maak as of die teks hulle doen en late ondersteun. Ironies word alles in die sin van progressiewe en globalitere agendas geinterpreteer. Hierdie liberale/progressiewe Protestante was dan ook baie sterk teen die Ou Suid-Afrika gekant en het selfs terreurorganisasies ondersteun. Dit saam met die linkse partye insluitende die kommunistepartye in daardie lande. Hierdie was veral 'n ontwikkeling na die 1960s in Europa wat in daardie tyd 'n 'kulturele revolusie' ondergaan het.

  • @poortwagter9226
    @poortwagter9226 หลายเดือนก่อน +4

    Nog 'n bietjie sluimer, nog 'n bietjie slaap... Word wakker, jy wat slaap! Staan op uit die dood!

  • @jannesfourie2370
    @jannesfourie2370 หลายเดือนก่อน +4

    Romeine 1: 32…
    Maar as jy Paulus se woorde misken kan jy seker ook sê hierdie vers geld ook nie.
    Probleem is, dit geld wel.

  • @annanievandenberg398
    @annanievandenberg398 หลายเดือนก่อน +2

    Amen Ferdie. Blatante leuens, en nie van jou kant nie.
    Jesaja 5:20 DB
    Dit sal swaar gaan met dié wat sê verkeerd is reg en reg is verkeerd, wat van die donker lig wil maak en van die lig donker. As iets bitter is, sê hulle dit is soet en as dit soet is, noem hulle dit bitter.

  • @ernstmarais1205
    @ernstmarais1205 หลายเดือนก่อน

    Ek vertrou nie, wat ek hoor nie,ek is in die Oostelike sinode omgewing.

  • @hermanpret
    @hermanpret หลายเดือนก่อน +1

    Ek stem dis tyd dat die skape hulle waarde herders soek en die wolwe los

  • @gerritcoetzee4070
    @gerritcoetzee4070 หลายเดือนก่อน +2

    Waar in die Skrif word geloofsvariasies bevestig?As ek dit regverstaan is alles aanvaarbaar,die Woord is nie meer die norm nie???

  • @jnel2879
    @jnel2879 หลายเดือนก่อน

    Any relation between "Droomscenario 2030 " , "UN Agenda 2030" ?

    • @SOLAplatform
      @SOLAplatform  หลายเดือนก่อน

      dink nogals so

  • @careerlifecoachskillsfacil4535
    @careerlifecoachskillsfacil4535 หลายเดือนก่อน +1

    Jesus self het memse kom leer oor Sonde se gevolge en dat dit dood maak en siektes gee. Joh 5.
    Vir die vrou wat betrap was in owerspel, trek hy die steep sodat Sy nie dood gegooi word nie, En Jesus skryf in die sand ( waar is die man) dit in hakkies het ek in droom gesien, nadat ek lank oor die kwessie van die aanklag v die vrou met God in gesprek was.. Die Einste aanklag het AL in die Tuin begin toe Adam vir Eva die Skuld gee dat sy hom verlei het..
    Maar Beslis het Altwee Geestelik dood gegaan en daarom het hul vrees vir God gehad en liewers weg gekruip.
    Maar die Heilige Gees maak lewemd net soos Paulus ook verduidelik in 2 Cor 3:5-6 en verse 16-17. Jesus het ook aan die man wat blind was gese dat hy moet gaan en sy Oe 👀gaan was en Nie verder sonde pleeg sodat iets ergers met hom gebeur nie. 😮
    Maar het enige iemand AL gedink. Dat daai memse v daardie tyd nie eers verstaan het wat hul sondig en verkeerd doen? . Hul was nie Dissipel en geleer tot Jesus verskyn as die 1ste Leer Meester wat verder verduidelik en vir sy Dissipels en in public Skrifte verduidelik het. Ons moet Konteks in gedagte Hou.
    Hierdie Moderne Professors en Religious Academics van ons tyd is so dood soos die skifgeleerdes van ouds en die fariseers vir Wie Jesus mooi vertel het wat hy van hul dink.
    Ek het Meer as 13 jaar heerlik gekuier in NG gemeentes en my bydrae gelewer in vroue bediening bestuur, maar tot op 'n dag wat Jesus verskyn en vertel dat ek moet uit die Overspel kerk uitkom,
    1999.
    So kom ek vertel onder leiding van die Heilige Gees insig vir enige iemand wat hier lees . Enige godsdiens geleerde wat Hom of haar beroep op hul Academic titles in NIE gehoorsaam aan God se Heilige Gees wat ons Leer Meester, Helper en Wysheid is. Joh 14:6-7,16-17. Hul wat die Amp gaan swot het op un8vetsiteit is maar net hulle wat nuuskierig was oor religion. Hul is dus saamgesleep deur die wereld god om met hul intelect te dink en is dis steeds ou Adam en ou Eva.
    So moet nie eers poog om so ondentlik met die Dwaal leer Kwak Predikers te kommunikeer nie.
    Hulle is duiwela Agente en het lank genoeg die massas mislei. Jesus het verduidelik dat ons hulle nie moet cerskoon nie.. Hulle is Onder die beheer van Jezebel gees wat groot skade en destruction aan rig. Vlug van hulle Weg. Kom uit die NG dooie kerk.. Hul is maar net aardse facilities waar memse Kan social... Maar geen kerk Kan enige 0eraoon in die Hemel bring... Net persoonlike Verhouding met Jesus in Gees Sal 'n siel red en help om Sy Woord te verstaan. (nie gellerde woorde van mense)
    Jes 44:26, Joh6:44-45.
    Mag jy wat hier lees, vandag besluit om weg te draai van die Satan wat Predikers gebruik om jou verder in gevamfe te hou sodat jy sy salaries, huis, vakansie en mooi Kar betaal.
    Jesus is die Enigste weg..
    NIE jou dominee!!

  • @meltcalitz4795
    @meltcalitz4795 หลายเดือนก่อน +3

    Ek luister graag na Ferdie se insiggewende videos.
    My persoonlike gevoel is dat wat die NG Kerk se oorkoepelende "gesagstukture" ook al glo of verkondig, my regtig nie eintlik raak nie. My Christenskap is tussen my en God met die bybel as die enigste waarheid. Die sinode is nie my kerk nie, my kerk is in my hart. Ek is lid van 'n NG Kerk maar het nog nooit gehoor dat enige iets van die "preekstoel" af verkondig word wat nie in ooreenstemming met die heilige skrif is nie!
    Maar ek aanvaar dat die Satan steeds, soos ook in die eerste eeu nC, die kerk al meer en meer infiltreer met algaande vals prediking. Die antichris is al lankal in die kerk. En ek glo dat alle NG Kerke op een of ander stadium hul volgehoue verbintenis aan die sinode moet heroorweeg. Ek dink die sinode het die individuele kerke meer nodig as wat die kerke die sinode het.
    Ek kan verstaan dat afgevaardiges van kerke in die vroeë eeue soms bymekaargekom het. Dit was om die bybel saam te stel en ook vals teorieë bloot te stel.
    Ek dink, met die hulp van die bybel, behoort dit nie in hierdie dag en datum so moeilik te wees om vals prediking raak te sien nie.
    Ek glo in elk geval dat die professore op universiteite wat verkeerde lerings leer, nie deur studente ernstig opgeneem word nie.

  • @paulmalherbe7206
    @paulmalherbe7206 หลายเดือนก่อน +3

    ruim huis NG Kerk akkomodeer geloofsvariasies

  • @JohanVenterELearning
    @JohanVenterELearning หลายเดือนก่อน +2

    Ja dit is tyd om aan te beweeg! Die mense wat dink NG Kerkskeuring is die antwoord moet ophou om skeuring te preek op TH-cam. Hoekom wil mense so graag hê die NG kerk moet skeur? (Daar is dalk 'n sakegeleentlheid daarin om 'n nuwe kerkformasie te stig?) As 'n Professor sê hy glo iets of nie iets nie gaan dit mos nie my saligheid kos nie; hoekom moet ons onenigheid hê? Onthou professors se salarisse word grootliks deur die Staat betaal. Professors is ook in die onbenydenswaardige situasie waar hulle moet "publish or perish".

    • @verstaandiebybelmetschalkv2734
      @verstaandiebybelmetschalkv2734 หลายเดือนก่อน

      Middag Johan. Die probleem met professors is dat hulle die volgende generasie teoloee oplei. Universiteite is juis die plek waar die suiwerheid van ons gereformeerde teologie bewaar en verkondig moet word. Ja, dit beinvloed ons nie nou nie maar hoe lyk ons kinders en kelinkinders se toekoms? Het ons voorouers nie ook vir ons behoud ingetree nie? Ek stem ook saam dat kerkskeuring nie die antwoord is nie, maar hoe gaan ons die teologiese toekoms van ons nageslagte suiwer kan beskerm?

    • @francoisblaauw1336
      @francoisblaauw1336 หลายเดือนก่อน +2

      Aan te beweeg waarnatoe? 'n Huis wat in homself verdeel is.......? Die kantelpunt is die Woord van God. As jy mense verdra om direk in stryd met die Woord te leer, ...........! Sien ons nie, of wil ons nie sien nie? Is dit dalk gemakliker om maar oë toe te knyp? Christus het self gesê Hy bring nie vrede( met die wêreld) nie maar die swaard. Sy Woord bring skeiding tussen die wêreld en die Koninkryk! Kom ons kyk en ons sien my vriend.

    • @metapolitikgedanken612
      @metapolitikgedanken612 หลายเดือนก่อน +2

      "hoekom moet ons onenigheid hê?"
      Want sommige mense wil nie die kernbeginsels van die NG-Kerk eerlik bely nie. Dis eintlik maar hulle wat moes bedank het. Maar hulle doen of wil nie.

    • @SOLAplatform
      @SOLAplatform  หลายเดือนก่อน +3

      Hi Johan, wat die NGK se opleiding anders maak is dat al die NG professors 'n legitimasie eed onderteken het dat hulle akademiese werk nie in stryd met die Woord van God sal wees nie. As daardie eed verwyder sou word is dit natuurlik 'n totaal ander situasie .....