ไม่สามารถเล่นวิดีโอนี้
ขออภัยในความไม่สะดวก

Andries Bezuidenhout - Die Laaste Brandwag

แชร์
ฝัง
  • เผยแพร่เมื่อ 6 มิ.ย. 2021
  • "Die Laaste Brandwag", deur Andries Bezuidenhout, vervaardig in opdrag van KykNET vir die program "Die liedjies wat ons ken" (tweede reeks). Video deur Hanne Koster, musiek opgeneem en gemeng deur Paul Riekert. Liriek en melodie deur Andries Bezuidenhout, op die tema van die tradisionele lied "Bobbejaan klim die berg". Sang deur Joanne Jaques en Karla du Plessis, lead kitaar aan die einde deur Gerhard Barnard (a.k.a. Kapelaan Pat Plank van die Brixton Moord & Roof Orkes). Vrygestel as deel van die album "Bleek Berus" (One F-Music, 2008). Dankie aan die akteurs, o.a. wyle Drikus Barnard, Ockert Greeff, Nadine Petrick, Carina Laubscher.
    DIE LAASTE BRANDWAG
    Ek’s die laaste brandwag, die laaste bobbejaan;
    hierdie krans is nou my fort, ek kan nêrens anders gaan.
    Te laat het ek geroep toe ek die vyand gewaar,
    nou’s daar niemand om te waarsku teen die sluipende gevaar.
    Vir leeus en luiperds was ons altyd maar bang;
    vir ʼn uil of ʼn arend wat ons kleintjies vang,
    maar die slimste vyand lê lepel met ons gene,
    die wreedste roofdier loop op net twee bene.
    Bobbejaan klim die berg, so haastig, so lastig,
    bobbejaan klim die berg, so haastig en so lastig,
    bobbejaan klim die berg om die boere te vererg.
    Hoera! vir die jollie bobbejaan...
    Sy oogtande is klein, maar sy masjiene byt;
    hy verspied eers versigtig, maar vinnig is jy spyt,
    want sy putte en pompe versamel soos luise,
    suig die laaste druppel water uit die aarde se sluise.
    Daar was stamvrug, mispel en wildevy,
    nou’s daar doringdraad om boorde wat staan in ʼn ry
    en riviere loop in pype diep onder die grond
    en ʼn tonnel het die berg in sy skouer verwond.
    Bobbejaan klim die berg, so haastig, so lastig,
    bobbejaan klim die berg, so haastig en so lastig,
    bobbejaan klim die berg om die boere te vererg.
    Hoera! vir die jollie bobbejaan...
    Wat gaan jy doen as die laaste boom knak,
    as jou longe na ʼn laaste happie suurstof snak,
    as geen dier se karkas oor is om jou tande in te slaan,
    na wie sal jy dan met jou leë pens gaan?
    As die gif in die grond selfs jou voetsole brand,
    as jy driftig op soek is na ʼn nuwe land,
    sal jou roep soos myne weerklink teen die krans,
    sal jy die sterre smeek vir net een laaste kans?
    Spot maar, lag maar, wat sal jy nou verstaan?
    Jy dink mos jy’s besig met jou vooruitgang.
    As jy lank terug jou hande op die aarde wou hou,
    maar nou’s dit te laat, wat help dit nou
    om te waarsku teen vuurmaak en klippe slyp
    teen arrogansie as jou hande na die hemel gryp?
    Ek’s die laaste brandwag, die laaste bobbejaan,
    dis vir eeue reeds wat jy my roepkreet verontagsaam.
    Bobbejaan klim die berg, so haastig, so lastig,
    bobbejaan klim die berg, so haastig en so lastig,
    bobbejaan klim die berg om die boere te vererg.
    Hoera! vir die jollie bobbejaan...
    O moenie huil nie, o moenie treur nie;
    die Stellenbosch se boys kom weer.
    O moenie huil nie, o moenie treur nie;
    die Stellenbosch se boys kom weer.
    (c) Andries Bezuidenhout

ความคิดเห็น •