Kerkbode Kollig: Die storie agter Bybel-Media se nuwe storiekanaal, Ligland

แชร์
ฝัง
  • เผยแพร่เมื่อ 20 มิ.ย. 2024
  • As oud-onderwyseres stem Maryke Hansen saam met kenners dat jong kinders se skermtyd bestuur moet word, maar as ma van twee ervaar sy ook dat 'n mate van skermtyd onvermydelik is - toe begin sy droom van ’n 'veilige' storiekanaal vir juis sulke tye wat haar kinders tog iets wil kyk.
    Maar om tyd te kry in haar besige lewe om dit te laat realiseer verg toe blykbaar ’n “geforseerde rustyd”.
    Sy is die inhoudsvervaardiger van LiG en Bybel-Media se nuwe gratis Afrikaanse TH-cam-kanaal, Ligland - Leef met lig, lag en liefde. Hulle eerste reeks van 12 animasie-Bybelverhale gerig op 0-3 jariges is pas bekendgestel. Sy vertel in hierdie podsending meer oor haar eie geloofstorie agter die skep van hierdie nuwe kinderstoriekanaal wat insluit ’n pynlike episode met ’n knie-operasie. Sy deel ook meer oor wat vir haar as oud-onderwyseres belangrik was in die skep van inhoud saam met ander kundiges soos predikante en onderwysers vir hierdie kanaal.
    Kliek hier om na die Ligland-kanaal te kyk: / @ligland

ความคิดเห็น • 1

  • @ligland
    @ligland หลายเดือนก่อน

    Dankie vir die geleentheid om saam te gesels Kerkbode!