Joshua na die Reën - Die Groot Gees van Hemel en Aarde (ft Tuks Camerata)

แชร์
ฝัง
  • เผยแพร่เมื่อ 24 ก.ย. 2024
  • ‘n Paar jaar gelede, in Augustus, onder ‘n Pekanneutboom in die Magaliesberge, het ek op my rug gelê en droom deur die blaarlose takke die blou lig in.
    Toe ek 14 was het ek God ontmoet vir die eerste keer. Ek het een aand, deur die woorde van ‘n vriend (Timothy Kieswetter) God se hart oor my gevoel vir die eerste keer. Dit was soos om te kon voel ek is “deel” vir die eerste keer, ek was eintlik nog altyd deel, nes jy. Maar nou het ek dit geweet. Dis vreemd hoe God taal kan gebruik om iemand se hart binne te dring. Dit laat my besef dat God enige iets kan gebruik, want Hy is vir seker nie gebonde aan “taal” nie. Wat my deur die jare van toe af, geleer het dat ek Hom kan ervaar en kan ken in alles in en om my. Toe Jesus gesê het “Ek is die weg, die waarheid en die lewe” dink ek nie Hy was dít net omdat Hy dit kon sê met woorde nie, maar die woorde het beskryf wie Hy geweet het Hy alreeds is.
    My broer Jean sê altyd Hy wonder hoe dit sou wees as “taal” nooit bestaan het nie. Al die gevegte op hierdie aarde wat al asgevolg van “woorde” geveg is….
    die letter maak dood, maar die Gees maak lewend
    Miskien kan ek bloot met taal beskryf wat my Gees alreeds beleef van God, eerder as wat my taal moet beskryf wat ek dink dit is wat ek moet beleef, van iets wat ek nog nie beleef het nie (ek moes dié drie keer lees om sin te maak, hahaha).
    Die essensie, die oorsprong, daai gevoel wat jy weet jy al gevoel het wanneer jy die voëls dophou wat in die skemerson oor die see vlieg, wanneer die eerste lente reëns in Gauteng val of wanneer jy die berge dophou in Stellenbosch of die sterre bewonder in Murraysburg. Wanneer jou kind gebore word, wanneer jou hart regtig stukkend is en daai verligting tussen die snikke jou hart troos. Daai dag toe ek kon voel ek lewe eintlik nou eers vir die eerste keer werklik. Ons weet wanneer ons Hom voel, want Hy is ons “essence”. Boeke en taal vertel die stories, maar Hy lewe in die nuanse van hierdie oomblik waar jy ook al is, ongetwyfeld die Weg die Waarheid en die Lewe, maar nie my definisie daarvan nie.
    Sover my woorde en my belewenis van Hom gestrek het op daai oomblik onder die Neuteboom in die Magaliesberge, kon ek uitdruk Wie ek ervaar Hy vir my is. Ek weet dis maar ‘n klein inperkende beskrywing van wat ek oor 20 jaar van Hom sal ken, maar vir nou is dit die volgende…
    Die Groot Gees van Hemel en Aarde
    Ek glo
    Ek glo in die Vader
    Hy’s die een wat die berge gemaak het
    Hy’s die een wat my gemaak het
    Ek glo
    Ek glo in die Vader
    Hy’s die een wat die sterre gemaak het
    Hys’ die een wat my gemaak het
    en ek ruik Hom, en ek proe Hom
    en ek sien Hom, en ek voel Hom
    en ek hoor Hom in die berge
    in die eggos van die sterre
    in die aandwind, in die mensdom
    in riviere en valleie
    in myself, en in jou
    verby kleure en kulture
    Ek glo
    Ek glo in die Vader
    Hy’s die een wat riviere gemaak het
    Hys’s die een wat my gemaak het
    Ek glo
    Ek glo in die Vader
    Hy’s die een wat jou gemaak het
    Hy’s die een wat my gemaak het
    Amen
    Dit was en sal altyd ‘n voorreg bly om hierdie saam met Tuks Camerata te kon opneem. Ek sal nooit vergeet toe ek instap by die Musaion en julle besig was om deur die musiek te sing voor ons met die opname begin het nie. Ek voel ek’s “lucky”, want dit was asof ek iets kon beleef van wat ek gehoor het onder daai Neuteboom, maar nou net in die atmosfeer om my en met iets wat my ore kon hoor.
    Michael Barrett, ek het soveel respek vir jou as mens, en dis lekker om jou ook my vriend te kan noem. Dankie Gideon Botes dat jy hierdie lied asook die hele “Die Vallei” album se droom waargemaak het. Dit vat ‘n baie selflose liefde-koesterende mens om ander se hart voor jou eie te sit. Jou “essence” is betowerend.
    Video Produksie: Ian Nieuwenhuizen
    Editor: Jean De Villiers
    Musiek Vervaardiger: Gideon Botes
    Publisher: Red Planet Creative (Pty) Ltd

ความคิดเห็น • 12

  • @minettedenouden
    @minettedenouden 5 วันที่ผ่านมา +1

    Hoendervleis mooi! Hoe groot is ons God!

  • @stefaneerasmus6405
    @stefaneerasmus6405 4 วันที่ผ่านมา

    Asemrowend mooi Jacques.

  • @tertiasteynberg8494
    @tertiasteynberg8494 5 วันที่ผ่านมา +1

    Die mooiste mooi Jacques, dis groot!!

  • @andrekruger7298
    @andrekruger7298 5 วันที่ผ่านมา +1

    So mooi Jacques , GOD is GROOT

  • @THEBloubul1
    @THEBloubul1 5 วันที่ผ่านมา

    Awesome...sooo mooi❤

  • @tmdp4991
    @tmdp4991 5 วันที่ผ่านมา

    ❤❤❤

  • @madeleinebehrens645
    @madeleinebehrens645 5 วันที่ผ่านมา

  • @ChristiaanRock
    @ChristiaanRock 4 วันที่ผ่านมา

  • @riconel2714
    @riconel2714 5 วันที่ผ่านมา

    🙌🏻🙌🏻❤️‍🔥

  • @emba_d
    @emba_d 5 วันที่ผ่านมา

    🧎🏽‍♀️😢🤍

  • @jacodelport
    @jacodelport 5 วันที่ผ่านมา

    in zen buddisme is daar nogal baie fokus op die 'ineffable' (too great or extreme to be expressed or described in words).
    die dierekte belewinis van die spiritueele dimensie kan nooit heeltmal in woorde saamgevat word nie, maar die lied kom naby, dankie daarvoor.
    christine kan soms die woord te letterlik vat, veral as hulle kontak verloor het met die dierekte belewenis van God.
    ek hou maar vas aan daardie dierekte belewenis, dit is belangriker as die detail dogma.

    • @hersenskim
      @hersenskim 4 วันที่ผ่านมา +1

      Jaco, daar is net een God en Sy naam is Jesus. Hy is die Woord en die Waarheid. Alle ander gelowe lei die mens na sy eie verleidelike hart. Christus is die enigste een wat jou kan red. Vrede my vriend. (Pasop vir die gnostisisme. Die duiwel soek jou hart en hy het baie maskers)