Bo_op onstuimige Water_Deel 5_Het jy ore
ฝัง
- เผยแพร่เมื่อ 9 พ.ย. 2024
- Dit styg elke dag - 'n see van onsekerheid en ongekende uitdagings. Tog te midde van hierdie onstuimige tye, kan ons leer hoe om bo uit te styg en op die waters van vernietiging te dryf! Deur die loop van die volgende paar weke gaan ons leer wat in die lewe van Noag gedemonstreer is wat hom en sy familie in staat gestel het om suksesvol deur die dae van die Vloed te vaar. Om verseël te word in Christus - ons Ark van Veiligheid, die nommer een bestanddeel om stewig te bly in onstuimige tye, en die krag van 'n lewe van opoffering om God se persoonlike instruksies vir ons lewe te kry, en om met vreesloosheid op te tree wanneer God praat. Ons kan hoor wat die Heilige Gees sê, en Hy sal ons wys wat ons moet doen om te floreer in hierdie laaste dae. Is ons in die laaste dae? Bo alle twyfel, terwyl Jesus op aarde was beloof Hy dat Hy gaan terugkeer en met die belofte sit Hy die horlosie aan wat die tyd na die einde aftel. Hy het egter nog nie gekom nie en dit laat ons as gelowiges hier op aarde in onstuimige en uitdagende tye.
Matteus 24: 37:
37: Want net soos in die dae van Noag, so sal die koms van die Seun van die Mens wees.
Net soos mense onverhoeds betrap is deur die vloedwater gaan mense ook onverhoeds betrap word deur die koms van Jesus.
Vandag gaan ons gesels oor ons vermoë om die Heilige Gees te hoor soos wat Noag God gehoor het.