Andries Bezuidenhout - Bly 'n rukkie langer

แชร์
ฝัง
  • เผยแพร่เมื่อ 3 เม.ย. 2024
  • Oor 'n soeke na ontvlugting van alles en nog wat. Van Andries Bezuidenhout se album "Dink aan planete" (2022). Die tonele in die video kom uit Nieu-Bethesda en Graaff-Reinet. Die musiek is opgeneem en gemeng deur Andries Bezuidenhout, meester deur Willem Möller.
    BLY ‘N RUKKIE LANGER
    Die oggendskemer is nou amper hier
    Die gordyn ruik nog na laasnag se vuur
    Stadig verskyn die deken se voue
    Warm hier binne, buite die koue
    In die herfsseisoen het ‘n kilheid kom sit
    Netnou skif die mis van grys na wit
    Die melklorrie rammel en ver ‘n trein
    Altyd eers klank voor lig verskyn
    Slaap ‘n bietjie langer, wat maak dit saak
    Wat almal daar buite vandag wil maak
    Ek stuur ‘n boodskap dat ek en jy
    Net ‘n bietjie langer hier binne wil bly
    Bly ‘n rukkie langer hier langs my
    Netnou sal ek die luike oopmaak
    Netnou stook ek koffie op die Aga
    Netnou vir jou waskom kook ek water
    Maar asseblief ‘n bietjie later
    Slaap nog ‘n ruk, draai eers om
    Nog ‘n oomblik voor die son opkom
    Later sal die denne die misgordyn terugtrek
    Later sal die berge oor die landskap uitstrek
    Slaap ‘n bietjie langer, wat maak dit saak
    Wat almal daar buite vandag wil maak
    Ek stuur ‘n boodskap dat ek en jy
    Net ‘n bietjie langer hier binne wil bly
    Bly ‘n rukkie langer hier langs my
    Teen die gange se mure ‘n familievergadering
    Generasies se hoop en verwyt en verwarring
    Teen opponerende mure hang hulle daar
    In geraamde stiltes staar hul na mekaar
    ‘n Kameralens se antieke visier
    Het ‘n oomblik se voorgee verewig teen ‘n muur
    Maar ons is anders, ons lyk nie so nie
    So anders as almal wat eens hier gewoon het
    Slaap ‘n bietjie langer, wat maak dit saak
    Wat almal daar buite vandag wil maak
    Ek stuur ‘n boodskap dat ek en jy
    Net ‘n bietjie langer hier binne wil bly
    Bly ‘n rukkie langer hier langs my
    © Andries Bezuidenhout
  • เพลง

ความคิดเห็น • 2

  • @toscabrutus1781
    @toscabrutus1781 4 หลายเดือนก่อน +2

    Andries baie mooi! Ek is mal daaroor! Doen so voort! Groete uit LIma Peru!

  • @MegaRooikat
    @MegaRooikat 4 หลายเดือนก่อน +2

    Love your work Andries - I listen to you in my uber driving around Sydney and think of home