Koning van die Stad (Afrikaans Psalm 48)

แชร์
ฝัง
  • เผยแพร่เมื่อ 19 ก.ย. 2024
  • [Verse 1] Die HEER is groot waar Sion's top
    hom wentel uit die dieptes op.
    Hy is lofwaardig, waar verhewe
    die berg en stad in son-glans bewe,
    en Sion teen die noorde
    blink, bo die lof van woorde.
    Daar waar in vlekkelose wit
    die Koning van die wêreld sit,
    het Hy, wat teen die vyand waak,
    as rotsburg Hom bekend gemaak.
    [Verse 2] Die konings van die heidendom
    het met hul leërs aangekom,
    die aanvalsmag wat hul gekeur het.
    Maar nou? Hul weet nie wat gebeur het -
    plots kom oor hul verbasing,
    verskrikking en verdwasing.
    Die helde deins verward terug,
    'n oomblik - en hul 't weggevlug!
    En Sion, rots-burg van die HEER,
    blink in sy oue glorie weer.
    [Verse 3] Soos een wat beef in moedersmart,
    so raak hul daar verskrik, verward.
    Die God van mag, van kragbewyse,
    verbreek die skepe, pragpaleise
    van Tarsis: oseane
    spring op voor sy orkane!
    Soos ons gehoor het, sien ons oog:
    Die HERE Se-ba-ot rys hoog!
    Hy sal sy stad, die mens ten spyt,
    bevestig tot in ewigheid.
    [Verse 4] Ons wil, o HEER, wat redding skenk,
    aan al u goedheid bly gedenk
    as ons tesaam is in u woning.
    Net soos u Naam is, grote Koning,
    so is u glansverskyning:
    die vyand se verdwyning
    word aan die volkere bekend
    tot by die aard' se verste end.
    U hand wat nooit die kwaad gedoog,
    rys vol geregtigheid omhoog.
    [Verse 5] Laat Sion's berg weerklink van vreug!
    Laat Juda's dogters hul verheug,
    omdat Gods oordeel hul verbly het -
    dié oordeel wat sy volk bevry het.
    Aanskou die stad met skanse,
    paleise, toringtranse -
    hoedat hul pryk met nuwe prag.
    En meld dit aan die jong geslag:
    Die God is ons God, en Hy
    sal tot die dood toe ons gelei.

ความคิดเห็น •