ONS HET ‘N HOËPRIESTER - Past Ernest Potgieter. 25 Februarie 2024

แชร์
ฝัง
  • เผยแพร่เมื่อ 23 ก.ย. 2024
  • ONS HET ‘N HOËPRIESTER
    Heb 8:1 - 10
    1) ONS IS DEEL VAN ‘N BETER VERBOND
    Maar nou het Hy ’n voortrefliker bediening verkry vir sover Hy ook Middelaar is van ’n beter verbond wat op beter beloftes wettelik gegrond is.
    Heb 8:6
    •Die offer vir ons sonde is reeds gebring (Kol 1:14)
    •Ons ewige bestemming is vasgemaak (Joh 3:16)
    •Ons mag in die allerheiligste in gaan (Heb 10:19 - 22)
    •Ons het die Heilige Gees ontvang (Heb 10:15)
    2) SY WET WORD NOU OP ONS HART GESKRYF
    Want dit is die verbond wat Ek ná dié dae sal sluit met die huis van Israel, spreek die Here: Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe; en Ek sal vir hulle ’n God wees, en hulle sal vir My ’n volk wees.
    Heb 8:10
    Blinde Fariseër, maak eers die binnekant van die beker en die skottel skoon, sodat ook die buitekant daarvan skoon kan word.
    Matt 23:26
    3) ONS WORD OOK GEROEP AS PRIESTERS
    Maar julle is ’n uitverkore geslag, ’n koninklike priesterdom, ’n heilige volk, ’n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig,
    1 Pet 2:9
    Maar nou verlang hulle na ’n beter een, dit is ’n hemelse. Daarom skaam God Hom nie vir hulle om hulle God genoem te word nie, want Hy het vir hulle ’n stad berei.
    Heb 11:16

ความคิดเห็น •