Songs Of South Africa - Düsseldorfer Polizeikapelle & Fanfarencorps Düsseldorf-hamm

แชร์
ฝัง
  • เผยแพร่เมื่อ 21 ก.ย. 2024
  • Die Düsseldorfse Polisieorkes (o.l.v. Hoofkommissaris Günter Müller) en die Düsseldorf-hammse Fanfarekorps (voorsitter Andreas Schönenborn) was twee Duitse musiekgroepe wat wêreldwyd bekendheid verwerf het met hul skitterende optredes. Hul beskermheer was Generaalkonsul Hermann Raths, en hy was vir jare die groot dryfkrag agter hul sukses. Danksy hom kon die geselskap gedurende Oktober en November 1975 'n welwillendheidsbesoek aan Suid-Afrika bring, en om dit te herdenk en ook as aandenking van die geskiedkundige gebeurtenis het hulle spesiaal 'n briljante langspeelplaat, "Wir Marschieren Durch Südafrika", opgeneem. Dis ook te danke aan die S.A. Polisie, Tafelronde (Round Table), S.A. Brouerye, Duitse Karnaval "Rot-Weiss" van Johannesburg en verskeie vrywillgers dat die toer moontlik gemaak was.
    Spesiaal vir die album is 'n keurspel van tien gewilde ou tradisionele Suid-Afrikaanse liedjies opgeneem. Daar was besluit op Sarie Marais, Brandewyn Laat My Staan, We Are Marching To Pretoria, Daar Lê Die Ding, Ma Ek Wil 'n Man Hê, Hier's Ek Weer, Jan Pierewiet, Vat Jou Goed En Trek, Dis Te Ver Om Te Ry en Bobbejaan Klim Die Berg. Die langspeelplaat is uitgereik deur EMI Brigadiers op BRS(L) 411.

ความคิดเห็น •