VitaAmp - Afrikaans

แชร์
ฝัง
  • เผยแพร่เมื่อ 9 ต.ค. 2024
  • VitaAmp is ‘n nie-winsgewende maatskappy wat daarop fokus om in gesinne, huwelike, leiers en jongmense te investeer. Dit is VitaAmp se missie en passie om regoor Suid-Afrika, gesinne toe te rus om gesonde gesinne te wees. Ons glo met hart en siel in ons skoolhoofde en onderwysers en daarom rus ons hulle toe vir die groot taak wat hulle doen. VitaAmp belê ook graag in die ontwikkeling van geestelike en ander leiers. Ons investeer in jongmense deur hulle voortdurend toe te rus en vaardighede aan te leer, emosioneel en geestelik, in die baie uitdagende wêreld waarin hulle vandag leef.
    Die naam VitaAmp verduidelik ons visie en bestaan. ‘Vita’ beteken lewe in Latyns en ‘Amp’ is die afkorting van die engelse woord “Amplified”. Jesus het gekom sodat ons vandag in oorvloed kan leef soos belowe in Sy woord. Ons wil mense toerus om weer te kan leef met die oorvloed wat Jesus vir hulle beplan het:
    in jou gesin, in jou huwelik, in leierskapposisies en as dinamiese jongmens.

ความคิดเห็น • 1

  • @marthaspangenberg8119
    @marthaspangenberg8119 2 หลายเดือนก่อน

    😢meeste huishoudings disfunctional. Geen wonder dit spoel oor na kinders en hul opvoeding. Self ervaar as onderwyser