LIEWE HEKSIE VLIEG NA DIE AFRIFORUM TEATER TOE!

แชร์
ฝัง
  • เผยแพร่เมื่อ 26 ส.ค. 2024
  • Deur Verna Vels
    Regisseur en vervaardiger Frans Swart
    Met Ana van Achterbergh, Botha enSlin, Elizma Byleveldt en Phillru van Achterbergh
    AfriForum Teater, Greenlyn Village-sentrum, h.v. Thomas Edison- en 13de Straat, Menlopark, Pretoria
    Vrydag, 21 Junie 2024 @ 09:30 & 12:30
    Kaartjies: R150.00 per persoon
    Besprekings: www.LTickets.co.za & www.lieweheksie.co.za
    Verna Vels se geliefde Liewe Heksie, wat terloops op 42 April verjaar (ja, 42!), kruip geslag ná geslag diep in kinderharte. Sy sukkel soms met lang woorde, maar gelukkig is Blommie die Kabouter en haar geliefde Mattewis die kat altyd naby om te help. Die jongspan kan nader skuif, want Liewe Heksie en haar kaboutermaats kuier by die AfriForum Tteater op Vrydag, 21 Junie om 19:00. Voor pouse word Liewe Heksie en Botterblom opgevoer. Botterblom is Blommeland se koei wat vir die hele Blommeland melk verskaf. Maar Botterblom is kwaad. Karring, Blommeland se melkkabouter, laat niemand by Botterblom toe nie en Botterblom raak baie eensaam. Dan begin die poppe (of is dit nou koeie?) dans. Na pouse is dit dan Liewe Heksie en die Tuindwergie, waar ons Casper die tuindwerg ontmoet. Toe Casper die tuindwerg op ’n dag wakker word in Liewe Heksie se tuin, is daar drama van begin tot einde. Want wie is dit agter daardie boom? Kan dit ’n stoute Gifappeltjie wees?

ความคิดเห็น •