Die Hervorming van 1517 en die belangrikheid daarvan vir vandag - Ds Gerhard Beukes
ฝัง
- เผยแพร่เมื่อ 9 ม.ค. 2025
- Die Hervorming van 1517 en die belangrikheid daarvan vir vandag.
Efe 2:1-10
T.V.O 8 - 9
Ons het die afgelope week die Kerk Hervorming herdenk. Die wêreld het heloween herdenk. ( luister oordenking van 5 November 2024)
Reformasie dag is een van die rooi letterdag in die kerk van Jesus.
Die Rooms Katolieke kerk het hul vergryp aan mag, maar God het vir Sy kinders 'n uitkoms gegee.
Hierdie tye was die donker middeleeue. Die kerk was byne 1000 jaar onder hierdie juk van die Roomse Kerk.
(Gaan lees gerus na oor Martin Luther in die kerk geskiedenis, en hoe kragdadig hy deur God gebruik was)
31 Oktober 1517 het hy die 95 stellings teen die Witteberg se kerkdeur vasgeslaan.
Hy was nie blind vir sy kerk se leuens nie. Die waarheid van God se Woord was vir hom so belangrik.
Ons is die vrug op die werk wat God daar gedoen het. Tot vandag toe is dit vir ons tot seën.
1) Die vernaamste redes vir die Hervorming van 1517.
Die Pous sien homself as die opvolger van Paulus en daarom verteenwoordiger van God op aarde.
Die Kerk het die Bybel uit die hand van die gewone mens op straat geneem. Hulle het hul laat glo dat hul nie die vermoë het om die Bybel te verstaan en te verklaar nie.
Die leiers van Roomse Kerk was dikwels baie swak teologies opgelei en aan hulle was die taak opgelê om die Bybel te leer soos die kerk dit voorskryf.
Verskille en vrae oor die praktyke en leer van die kerk was nie geduld nie.
In die tyd van Martin Luther het die kerk aflaat briewe verkoop. 'n Bose praktyk.
Met hierdie geld is katedrale gebou om hulle mag te versterk.
Hulle eie verstaan van die Skrif was hemels breed van wat die Word werklik sê.
'n Werke evangelie in plaas van genade alleen Evangelie.
2) Die vernaamste uitfloeisels.
Die 5 Solas =
Sola Scriptura - Die Skrif alleen.
Sola Fide - Geloof alleen.
Sola Gratia - Genade alleen.
Solus Christus - Christus alleen.
Sola deo Gloria - Alleen aan God die eer.
3) Die belangrikheid daarvan vir vandag!
Tradisies word in ons kele af forseer.
Wanneer jy vrae vra, word jy stil gemaak. Tye het nie veel verander nie. Leiers gee valse hoop, en verlei mense met valse boodskappe.
Dit hoort nie so nie.
Die verskil tussen toe en nou? Daardie tye het hulle nie Bybels gehad nie, nou het hulle Bybels maar lees dit nie.
Vra jouself af
• Preek my kerk die Skrif met Skrif, binne konteks. Is jou kerk Sola Scriptura?
• Wat is jou teologie van geloof alleen? Hoe definieer jy jou geloof. Besef jy Geloof is 'n geskenk van God. Indien nie moet U hervorm.
• Besef jy dat God jou nie genade skuld nie. Rom 9. Wie dink ons is ons? Baie mense haat God want dit pas nie by hul tradisie nie en dan is hul nie inbeheer nie.
Indien u dit nie glo nie, moet u hervorm.
*Christus moet die senter punt wees.
Alles gaan oor Hom.
*Glo jy dat God enig is en in alles geëer word. Glo u kerk dit?
Dit is belangrik dat ons sal moed skep in die moeilike tye.
HEBREËRS 13:7
[7] Gedenk julle voorgangers wat die woord van God aan julle verkondig het; aanskou die uiteinde van hulle lewenswandel en volg hulle geloof na.
Wees getrou aan God se Woord.
2 Tim4:1-4
Ondersoek die Skrif getrou.
Hand 17:11.
Moenie alles net glo wat u hoor nie. Gaan ondersoek dit deur die Skrif.
Ps 119:97
Jes 8:20
Deur 4:2