Leer om r te sê ▶ oefeninge om r te sê in Afrikaans!

แชร์
ฝัง
  • เผยแพร่เมื่อ 17 มิ.ย. 2021
  • As jou kind sukkel om die r-klank in Afrikaans te sê, is jy by die regte plek. Hierdie video bevat oefening om jou kind te leer om r te sê. Die kinders sal sommer dink dit is net speletjies, maar eintlik oefen hulle om r te sê sonder dat hulle dit besef!
    Onthou, herhaling is vaslegging, so oefen die speletjie gereeld met jou kind dat hulle kan leer om r te sê.
    - Moenie kwaai wees met jou kind hieroor nie
    - Moedig jou kind aan om r reg te sê
    - Prys jou kind met elke poging om r te sê
    LW: Hierdie video is nie 'n vervanging vir spraakterapie nie en ons beveel sterk aan dat jy 'n spraakterapeut in jou omgewing kontak om die spesifieke taal hindernisse wat jou kind het, aan te spreek. Sien dit slegs as addisionele oefeninge om te leer om r te sê.
    As jy hou van hierdie video - "subscribe" asb. om op hoogte te bly van ander afrikaanse lessies vir kinders!
    Subscribe hier: www.youtube.co...
    Loer na ons webtuiste met al ons videos! www.stegosauruslearning.co.za
    Ons is ook op Facebook - volg ons daar:
    / stegosauruslearning

ความคิดเห็น •