GOOI 'N STUK HOUT - Andries Enslin, 19 April 2019
ฝัง
- เผยแพร่เมื่อ 9 พ.ย. 2024
- JESUS SE LEWE BEWYS ALLES VAN GOD IS ...
God is GOED
God is VRYGEWIG
God is HIER
God is LOJAAL
God is BESIG
God is GEDULDIG
Tog is wat ons verkondig wysheid, maar net vir dié wat daarvoor ryp is, en dan 'n wysheid wat nie van hierdie wêreld is of van die heersers van hierdie wêreld nie. Hulle is buitendien aan die ondergaan. Wat ons verkondig, is die wysheid van God, die verborge waarheid wat bedek was en wat God van ewigheid af vir ons voorbestem het tot ons ewige heerlikheid. Nie een van die heersers van hierdie wêreld het hierdie wysheid geken nie. As hulle dit geken het, sou hulle nie die Here van die heerlikheid gekruisig het nie. Maar soos daar geskrywe staan: “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie,” en wat in die hart van 'n mens nie opgekom het nie, dit het God gereed gemaak vir dié wat Hom liefhet. 1 Korintiërs 2:6-9 (NAV)
BYBEL IS VOL STORIES VAN GOD SE WEGGESTEEKTE WYSHEID
Moses het die volk toe weggelei van die Rietsee af. Hulle het na die Surwoestyn getrek. Drie dae lank het hulle deur die woestyn getrek en geen water gekry nie. Toe hulle by die plek Mara kom, was daar uiteindelik water. Die water was egter brak en hulle kon dit nie drink nie. Dit is hoekom die plek Mara genoem is. Die volk het toe by Moses gaan kla: “Wat moet ons dan drink?” Moses het hulp by die Here gaan soek. Die Here het vir hom ’n stuk hout uitgewys. Hy het dit gevat en in die water gegooi. Dit het die water drinkbaar gemaak. Eksodus 15:22-25a (NLV)
“Kom tog saam met ons!” vra een van hulle. “Goed, ek kom saam,” sê hy. Hy het saam met hulle gegaan. Toe hulle by die Jordaan aankom, begin hulle bome afkap. Terwyl een van hulle besig was om ’n boom te kap, val sy byl in die water. “Ag, Meneer!” roep hy uit. “Dit is ’n geleende byl!” “Waar het dit ingeval?” vra die man van God. Die man wys toe vir hom die plek. Elisa het ’n stok afgekap en dit in die water gegooi. Die byl het boontoe gekom en gedryf. “Gryp dit,” sê Elisa vir hom. Die man het sy hand uitgesteek en dit gegryp. 2 Konings 6:3-6 (NLV)
WAT VAN JOU LEWE?
En ons weet dat God alles ten goede laat saamwerk vir hulle wat Hom liefhet, hulle wat geroep is volgens sy doel vir hulle lewe. Romeine 8:28 (NLV)
As die duiwel God se wysheid geken het, sou hy Jesus nooit gekruisig het nie ...
As die duiwel God se wysheid geken het, sou hy jou nooit…………………............ het nie.
WAT IS DIE VOORWAARDE?
Hy sê toe vir hulle: “Ek is benoud tot sterwens toe. Bly julle hier, en waak saam met My.” Hy het toe ’n entjie verder neergeval en met sy gesig plat teen die grond gebid: “O my Vader! As dit moontlik is, neem tog hierdie lydensbeker van My weg. Doen nogtans nie soos Ék wil nie, maar soos Ú wil.” Matteus 26:38-39 (NLV)