JESUS VERANDER MY WEEGSKAAL VIR ALTYD - 10 NOVEMBER 2024

แชร์
ฝัง
  • เผยแพร่เมื่อ 24 พ.ย. 2024
  • A. GOD SKRYF TEEN DIE MUUR
    Daniël 5:22-27 (AFR83) “Maar u, Belsasar wat hom opgevolg het, u het u nie verootmoedig nie, alhoewel u dit alles weet. U het verwaand opgetree teenoor die Here in die hemel: die bekers uit sy tempel is na u toe gebring en u en u hoofamptenare, u vrouens en u byvrouens het daaruit wyn gedrink. U het die gode van silwer en goud, en van brons, yster, hout en klip geprys, gode wat nie kan sien nie en nie kan hoor nie en niks weet nie. U het nie die God geëer van wie u die lewensasem ontvang en wat oor u lewe beskik nie. Daarom is die hand deur Hom gestuur en is hierdie woorde geskrywe. Dit is die woorde wat geskrywe is: ‘Getel, getel, geweeg en verdeel.’ En dit is die betekenis van die woorde: ‘Getel’: God het die jare van u koningskap getel en 'n einde daaraan gemaak. ‘Geweeg’: u is geweeg en te lig bevind.”
    Daniël en Belsasar: Die hand van God skryf teen die muur. Belsasar se nommer is op. Hy is geweeg. Hy is te lig bevind vir God se weegskaal.
    B. DIE KRISIS: ONSSELF IS OOK TE LIG WANNEER ONS SELF IN GOD SE SKAAL KLIM
    C. GOEIE NUUS: JESUS SIT SY GEWIG BY
    Johannes 3:3-10, 16 (AFR83) Daarop sê Jesus vir hom: “Dít verseker Ek jou: As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.” Nikodemus vra Hom toe: “Hoe kan 'n mens gebore word as hy al 'n ou man is? Hy kan tog nie 'n tweede keer in sy moeder se skoot kom en gebore word nie?” Jesus het geantwoord: “Dit verseker Ek jou: As iemand nie uit water en Gees gebore word nie, kan hy nie in die koninkryk van God kom nie. Wat uit die mens gebore is, is mens; en wat uit die Gees gebore is, is gees. Moenie verbaas wees dat Ek vir jou gesê het: Julle moet opnuut gebore word nie. Die wind waai waar hy wil. Jy hoor sy geluid, maar jy weet nie waar hy vandaan kom en waar hy heen gaan nie. So gebeur dit met elkeen wat uit die Gees gebore is.” Nikodemus vra Hom toe: “Maar hoe is dit moontlik?” En Jesus antwoord hom: “Jy is die bekende leermeester van Israel en jy verstaan dit nie?”
    :16 “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.”
    Wanneer ons van bo af gebore word, en wanneer die Gees ons aanraak, word ons deel van God se familie.
    D. JESUS SE GEWIG VERANDER DIE SKAAL HIER EN NOU, EN VIR EWIG
    Johannes 5:24-29 (AFR83) “Dit verseker Ek julle: Wie luister na wat Ek sê, en in Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe. Hy word nie veroordeel nie, maar het reeds uit die dood na die lewe oorgegaan. Ek verseker julle: Daar kom 'n tyd, en dit is nou, wanneer die dooies die stem van die Seun van God sal hoor, en dié wat daaraan gehoor gee, sal lewe. Soos die Vader die lewe in Homself het, het Hy die lewe ook aan die Seun gegee om dit in Homself te hê. Hy het Hom ook volmag gegee om te oordeel, omdat Hy die Seun van die mens is. Moenie hieroor verbaas wees nie: daar kom 'n tyd wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor en sal uitgaan. Dié wat goed gedoen het, sal opstaan en lewe, en dié wat verkeerd gedoen het, sal opstaan en veroordeel word.”
    Jesus is lewe. Om in Hom te glo, is om deel te hê aan sy lewe. Hierdie nuwe lewe van Jesus is ewigdurend. Hier en nou het ons ewige lewe. Eendag, wanneer die dooies opgewek word, het ons steeds nog ewige lewe. Jesus verander die weegskaal nou en vir altyd.

ความคิดเห็น • 9

  • @fredacloete8848
    @fredacloete8848 7 วันที่ผ่านมา +1

    Goeie more dankie vr die pragtige preek bid asb vr my genesing en dat HY JESUS in al ons BEHOEFTES en Gesondheid en my jongste seun wat sy moeder op n afstand hou en Johann serebrale gestremde seun nie genoeg vr my Kan doen nie ...Hou die gesin̈ asb onder die bloed van JESUS dnkie dat ons op u kan vertrou GOD BLESS YOU 🙌 🙏 ❤️

  • @ivoneda5872
    @ivoneda5872 11 วันที่ผ่านมา +2

    Amen Amen 🙏🙏🙏🙌🙌🙌❤️

  • @almalouw7007
    @almalouw7007 15 วันที่ผ่านมา +6

    ALTYD, ALTYD so n Groot voorreg om na jou te mag luister Stephan. Baie dankie jy leer ons so mooi..

  • @lizzienel4697
    @lizzienel4697 7 วันที่ผ่านมา +1

    Baie dankie vir die boodskap. Ons dien 'n groot God.

  • @KallieLindholm
    @KallieLindholm 14 วันที่ผ่านมา +1

    AMEN AMEN 🙌 👏 ❤️ dankie Stephan vir die kragtige boodskap JESUS SEËN 🙌 ❤️

  • @jennywalters9080
    @jennywalters9080 14 วันที่ผ่านมา +2

    Goeie naand. Baie dankie Prof Stephan vir die boodskap wat ons gaan ontvang,, soos gewoonlik sal dit weer leersaam en aangrypende boodskap wees. Vriendelike groete ❤

  • @salomievanderwesthuizen7392
    @salomievanderwesthuizen7392 11 วันที่ผ่านมา +1

    Amen. So. Waar

  • @ingridviviers4834
    @ingridviviers4834 14 วันที่ผ่านมา

    ❤🙏👏