ไม่สามารถเล่นวิดีโอนี้
ขออภัยในความไม่สะดวก

Andries Bezuidenhout - Explorer of Nahoon (Afrikaanse weergawe)

แชร์
ฝัง
  • เผยแพร่เมื่อ 15 พ.ค. 2024
  • Oor die voorstede van Oos-Londen. Van Andries Bezuidenhout se album "Trooskantates" (5 Julie 2024 vrygestel). Verwysings na Ballyhoo - 'n band van Oos-Londen - se hit "Man on the moon" uit die 1980s.
    Woorde deur Andries Bezuidenhout, musiek deur Lukas van Garderen en Andries Bezuidenhout
    Opgeneem en gemeng deur Andries Bezuidenhout
    Klankmeester deur Willem Möller
    EXPLORER OF NAHOON
    Seewind in my hare, 'n uil hoe-hoe
    Jou kamerlig brand nog by jou huis in Nahoon
    Wat ek moet doen weet net Ballyhoo
    Hulle het die nommer van die Man in the Moon
    Want ek's Laika alleen in 'n wentelbaan
    Laika wat huil vir jou en die maan
    Ek's 'n outydse ontdekker van suburban strate
    Die teerpad is soos die oseaan se water
    Maar golwe trek hier rond net deur die lug
    Ek stuur seine in die nag na jou toe terug
    Want ek's Laika alleen in 'n wentelbaan
    Laika wat huil vir jou en die maan
    Soms verlang ek na 'n land sonder grense
    Plekke sonder name, geboue of mense
    Sou jy daar wees op 'n nuwe planeet
    Of het jy reeds van my naam vergeet
    Want ek's Laika alleen in 'n wentelbaan
    Laika wat huil vir jou en die maan
    Ek is buite in die straat onder die maan
    Ek's 'n mot en die huisligte trek my aan
    Ek is Vasco da Gama ek is Magellaan
    Hoe't ek beland in 'n wentelbaan
    Wat om jou draai om jou kom en jou gaan
    Tussen waar jy slaap en waar ek staan
    Uit hierdie sirkel kan ek nie tree nie
    Uit die om en om swenk kan ek nie breek nie
    En wat dit beteken kan ek nie weet nie
    Maar oor Yuri Gagarin kan ek nie vergeet nie
    Want ek's Laika alleen in 'n wentelbaan
    Laika wat huil vir jou en die maan
    © Andries Bezuidenhout

ความคิดเห็น • 1

  • @toscabrutus1781
    @toscabrutus1781 3 หลายเดือนก่อน +2

    Andries ek hou van jou liedjie en Jou steil! Doe so voort. Groete uit LIma Peru!