GKL Boodskap | Jacob Pretorius | ‘n Goeie Jaareinde | 2 Korintiërs

แชร์
ฝัง
  • เผยแพร่เมื่อ 11 พ.ย. 2024
  • .
    Gesegde: If God exists, then it is possible for me confidently to affirm that my existence does not end with my death (Stephen, T Davies)
    .
    Tema: ‘n Goeie Jaareinde
    Skrifgedeelte: 2 Korintiërs 4:14-5:10
    .
    Bemoediging
    Hoe voel jy oor die jaareinde? Is jy besig om laaste dinge klaar te maak sodat jy tot rus kan kom? Sien jy uit na vakansie? Jaareinde is ‘n tyd van oorgang. Van tussen die boom en die bas wees. Van amper op vakansie wees. Van uitsien na goeie tye wat nog nie aangebreek het nie. Jaareinde herinner ons aan die lewe van die gelowige. Ons het reeds ‘n vaste gebou in die hemel (2 Kor. 5:1). God self is hierdie gebou, ons ewige woonplek, maar ons woon nog nie daar nie. Ons sien God nog nie soos Hy werklik is nie, want ons lewe nog deur geloof (5:6-7). Soos met jaareinde is hierdie lewe ‘n oorgang. ‘n Oorgang gee hoop oor iets opwindends, maar is ook vermoeiend. In tye van oorgang het ons bemoediging nodig. Veral wanneer ons besef hoe tydelik hierdie lewe is (4:18). Ons liggaam waarin ons woon, herinner ons aan ons sterflikheid. Ons lewe hier is so tydelik soos ‘n tentwoning wat gaandeweg stukkend raak en later nie meer kan staan nie (5:1). Dan word ons bedruk, want aan die een kant wil ons nie ons aardse lewe verlaat nie, maar ons besef ook dat ons ‘n heerlike nuwe bestaan voor ons het. Alle mense kry van die oomblik van geboorte af, deel aan ‘n lewe wat nooit sal ophou nie. Wanneer mense sterf, gaan die lewe voort, of in ewige smart en pyn wat die Woord hel noem, of in ewige heerlikheid by die Here wat alles in hierdie lewe, ook die swaarkry, by verre oortref (4:17). Met alles wat in hierdie lewe met ‘n volgeling van Jesus gebeur, is God besig om ons vir die oorgang na ‘n heerlike lewe by Hom voor te berei. As waarborg hiervan het Hy ons Sy Gees, sy diepste wese, diep in ons harte gegee (5:5)!
    .
    Gesels in Groepe
    1. Lees 2 Korintiërs 4:14-5:10 ‘n paar keer hardop deur. Kyk na begrippe wat herhaal word, soos die eindoordeel (4:14; 5:10); “weet” (4:14; 5:1, 6) en moed hê (4:16; 5:6, 8).
    2. “The human mortality rate remains steady at 100 percent, and Paul squarely addresses this reality” (David E. Garland). Hoe voel jy oor jou eie dood? En dat jy vir altyd sal bly lewe?
    3. Waarvan is jy seker wanneer jy voor Jesus se troon gestel sal word (4:14; 5:10)?
    4. Lees 4:16-18. Op watter drie maniere word gelowiges hier bemoedig?
    5. Hoe is Paulus se tentwoning as apostel afgebreek (2 Kor. 1:8-9; 4:7-11; 11:16-32)? Hoe beleef jy reeds dat jou “tentwoning” afgebreek word? Hoe laat dit jou voel?
    6. Watter troos gee 5:5 vir jou in hierdie “tentwoning”?
    7. Wat is elke dag jou verantwoordelikheid in die wedloop van die lewe (Heb. 12:1-3)?
    #gklinden #bou #christenskap #geloof #geloofsgroei #genade #jesus #verhoudings #bemoediging

ความคิดเห็น •