GKL Boodskap | Jacob Pretorius | Hoogtepunte van die Eindstryd | Efesiërs

แชร์
ฝัง
  • เผยแพร่เมื่อ 11 พ.ย. 2024
  • .
    Gesegde: Regeneration has made our hearts a battlefield - J I Packer
    .
    Tema: Hoogtepunte van die Eindstryd
    Skrifgedeelte: Efesiërs 6:10-20
    .
    Bemoediging
    Stem jy saam met Packer se stelling hierbo, “regeneration has made our hearts a battlefield”? Ken jy die stryd in jou eie hart teen jou vlees (sondige begeertes, denkwyses), teen ‘n wêreld wat God se karakter minag en teen die Satan en sy magte wat daarin spesialiseer om jou en andere te mislei? Soms voel dit na ‘n verlore stryd, maar Efesiërs 6:10-20 gee vir ons baie hoop. Eerstens, lê die krag vir die oorwinning in God en in Sy groot mag (vgl. Ef. 1:19-22). Tweedens, is ons in ons stryd nie sonder wapens nie. Maar, hoe werk die wapenrusting? Wat is die verskil tussen vryspraak (borsharnas) en verlossing (helm)? Is daar sin in die volgorde? Hoe trek ek die wapenrusting aan? Gebruik ek die wapenrusting as ‘n tipe geestelike resep? Nee, wapens werk tog nie so nie. ‘n Soldaat veg tog nie ‘n stukkie met sy gordel en dan kom sy borsharnas aan die beurt nie. Elke deel van die wapenrusting moet elke oomblik van die geveg in plek wees. Die dele van die wapenrusting komplementeer mekaar. Paulus het waarskynlik Jesaja 59:17 in gedagte gehad toe hy oor die wapenrusting geskryf het. “Hy trek geregtigheid (a) aan soos ’n pantser (b) en redding (a) is die helm (b) op sy kop”. Jesaja praat hier van Jahwe (die Here) en skryf in pare wat verband hou (parallelisme, ab; ab). Dieselfde woorde in Grieks kom in Efesiërs 6:14, 17 voor. Wanneer ons dit raaksien, kan ons die res van die parallelle woorde ook raaksien. “Geregtigheid” en “vryspraak” hoort by mekaar, so ook “waarheid” en “geloofwaardigheid”. “Evangelie” en “Woord van God” hoort ook saam. Waarheid (gordel - a); Vryspraak (borsharnas - b); Leef Evangelie (skoene - c); Geloofwaardigheid (skild - a); Verlossing (helm - b); Leef die Woord (swaard - c). Dus abc; abc. Nou kan ons die betekenis ook raaksien. Die wapenrusting kan saamgevat word in twee komplimenterende sinne: die waarheid is dat ek vrygespreek is en daarom die evangelie kan uitleef; die geloofwaardigheid van Jesus, verseker my verlossing sodat ek die Woord van die Gees kan uitleef. Hierdie twee sinne vat die kern van die wapenrusting saam en die wapenrusting self, vat die hele brief aan die Efesiërs saam. Hierdie twee sinne beskryf die hoogtepunte van die eindstryd wat reeds op Golgota beslis is. Neem die rugby wêreldbeker eindstryd as illustrasie. Toe die eindfluitjie blaas en die Springbokke een punt voor was, is die wêreldbeker gewen, was ons saak reg en die All Blacks sinne verkeerd (vgl. geregtigheid). Toe het oorwinning (lees verlossing) en feesviering begin. So is ons in ons geestelike stryd, reeds meer as oorwinnaars! God se eindfluitjie het reeds geblaas toe Jesus aan die kruis die dood oorwin het.
    .
    Gesels in Groepe
    1. Lees 4:15, 21, 25 en 5:9. Wat leer jy in hierdie verse oor die konteks waarin die “gordel van waarheid” funksioneer (6:14)?
    2. Lees 4:24 en 5:9 in die 2020 Vertaling. Watter lig werp hierdie verse op die “borsharnas van geregtigheid” (6:14)?
    3. Lees 1:13; 2:17 en 3:6 en vergelyk die verse met die “evangelie van vrede as skoene aan die voete” (6:15). Hoe verskil hierdie deel van die wapenrusting met die vorige twee?
    4. Op watter twee maniere kan die woord “geloof” in 2:8 en 3:12 vertaal word? Hoe bring die beeld van “geloofwaardigheid as skild in die hand neem” (6:16) laasgenoemde twee betekenisse bymekaar?
    5. Lees 1:13 en vergelyk die vers met die “helm van verlossing” (6:17). Hoe verskil “verlossing” van “vryspraak/ geregtigheid” (6:14)? Dink aan die beeld van die eindfluitjie in die rugby wêreldbeker en die feesviering wat gevolg het.
    6. Hoe kom die “swaard van die Gees, die Woord van God” (6:17) ooreen met die “evangelie van vrede as skoene aan die voete” (6:15)? Vergelyk ook 1:16-17 en 5:26.
    7. Watter drie dele van die wapenrusting dien as beskerming en watter drie dui op aksie in die geveg? Wat leer hierdie twee sake (beskerming en aksie) vir jou oor jou verhouding met Jesus?
    8. Lees 6:18-20. Hoe kan jy die samevatting van die wapenrusting (vgl. bogenoemde twee sinne) prakties jou eie maak en ook ander dissipels van Jesus dien?
    #boodskap #bou #gklinden #christenskap #geloof #geloofsgroei #gksa #jesus #verhoudings #genade #dissipels #swaardvandiegees

ความคิดเห็น •