Man sê hy is verlam na inenting

แชร์
ฝัง
  • เผยแพร่เมื่อ 10 ก.พ. 2025
  • ‘n Man van Mbombela in Mpumalanga is al ‘n maand lank verlam vermoedelik weens sy
    eerste Pfizer-inenting.
    Desmond Milligan (39) het op Dinsdag 20 Julie vir sy inenting gegaan. Hy het aanvanklik
    geen newe-effekte gehad nie tot hy op Vrydag 23 Julie, ‘n knaende hoofpyn gekry het.
    Milligan sê die hoofpyn was so erg dat hy vir siekverlof aansoek gedoen het om te herstel.
    “Saterdagaand om 23:00 het ek ‘n doodse moegheid oor my voel sak, asof my siel
    gedreineer word. Ek het uit die kombuis gestap om hulp te soek, maar dis asof ek niemand
    kon herken nie,” vertel hy.
    “Ek het my broer buite die huis gevind, aan sy nek gehang en net vir hom gesê ek is
    doodmoeg voordat ek daar inmekaargesak het.”
    Milligan het asemnood ontwikkel en sy gesin het hom gehelp om in die kamer op die bed te
    gaan lê. Daar was skuim by sy mondhoeke en die ambulans is ontbied om hom hospitaal toe
    te neem. Die aanvanklike diagnose was dat hy ‘n epilepsie-aanval gehad het en hy was vir ‘n
    week gehospitaliseer en toe ontslaan. Hy het egter ‘n verlammende gevoel in sy onderlyf
    gehad wat nie wou wyk nie. Hy was erg verswak en kon byna glad nie loop nie.
    Hy is vir ‘n tweede keer in die hospitaal opgeneem en het homself ontslaan toe daar geen
    vordering was met sy behandeling of diagnose nie. Teen dié tyd kon Milligan glad nie meer
    loop nie en het sy familie vir hom ‘n rolstoel gekry.
    Hy het besluit om na ‘n bekende huidokter toe te gaan wat toé reeds aangedui het dat die
    Pfizer-inenting moontlik die oorsaak kon wees vir sy toestand.
    Daar is vasgestel dat daar komplikasies in sy rugmurg is, maar Mbombela het nie ‘n
    neurologiese spesialis wat hom kon help nie. “Ek is na die Life Groenkloof hospitaal
    in Pretoria verwys, waar verskeie toetse begin doen is,” sê Milligan.
    In die roerende video-onderhoud vertel Milligan wat sy prognose tans is en hoe sy
    herstelproses vorder. Volgens hom het die meeste dokters aangedui dat die probleem
    waarskynlik ontstaan het weens die inenting, maar reguit gesê dat hulle nie kans sien vir so
    ‘n diagnose nie. Hulle het volstaan met ‘n voorlopige diagnose.
    Slegs Milligan se huisdokter het in sy diagnose die verband direk tussen die inenting en
    Milligan se verlamming getrek. Dele van die verslae is in die gepaardgaande video ingesluit.
    Nuuspod is ook in besit van die res van die verslae wat Milligan gekry het.
    Die Gesondheidsproduktebeheerraad (Sahpra) het die afgelope Vrydag bekend gemaak dat
    daar geen direkte verband tussen 29 sterftes en die inenting bewys kon word nie. Volgens
    Florah Matlala van Sahpra is die dood van die mense toevallig.
    Prof. Helen Rees, voorsitter van Sahpra, het gesê uit meer as 7,1 miljoen inentings in die
    land is verslae oor 1 473 ernstige nadelige gevalle ontvang. Volgens Rees is ernstige newe-
    effekte uiters seldsaam.
    Daar word egter beweer dat daar in Nelspruit alleen twee ander soortgelyke gevalle as die
    van Milligan is. Izak du Plessis het met Milligan gepraat. Kyk hier na die video.

ความคิดเห็น • 195