DIE PAD NÁ DIE BELOFTE - 04 Februarie 2024. Past Ernest Potgieter

แชร์
ฝัง
  • เผยแพร่เมื่อ 23 ก.ย. 2024
  • DIE PAD NÁ DIE BELOFTE
    Gen 12:1 - 10
    1) Is selde reguit, wees GEHOORSAAMHEID
    Toe het Abram weggetrek soos die HERE hom gesê het, en Lot het saam met hom getrek. En Abram was vyf-en-sewentig jaar oud by sy vertrek uit Haran.
    Gen 12:4
    Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ’n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.
    Matt 7:24
    2) Is soms vol slaggate, onthou om te AANBID
    Toe bou hy daar ’n altaar vir die HERE wat aan hom verskyn het.
    Gen 12:7
    Laat ons dan gedurig deur Hom aan God ’n lofoffer bring, dit is die vrug van die lippe wat sy Naam bely.
    Heb 13:15
    3) Kan baie lank raak, moenie OPGEE nie
    En daar was hongersnood in die land, sodat Abram na Egipte afgetrek het om daar as vreemdeling te vertoef; want die hongersnood was swaar in die land
    Gen 12:10
    As onse God wat ons dien, in staat is om ons te verlos, dan sal Hy ons uit die brandende vuuroond en uit u hand, o koning, verlos; maar so nie, laat dit u dan bekend wees, o koning, dat ons u gode nie sal dien nie en die goue beeld wat u opgerig het, nie sal aanbid nie
    Dan 3:17 - 18
    En Abraham het sy seun wat vir hom gebore is, wat Sara vir hom gebaar het, Isak genoem.
    Gen 21:3

ความคิดเห็น •