Hoekom luister ek nie? | Rooies Strauss

แชร์
ฝัง
  • เผยแพร่เมื่อ 1 ธ.ค. 2024

ความคิดเห็น •

  • @RichyVdMerwe
    @RichyVdMerwe 5 หลายเดือนก่อน

    Rook is die nikotien gees wat binne in jou is ... drank is die maggas gees... enige pille of dwelms is die dwelms gees... dit sit in jou buik en dis dai geeste wat jou se hul soek dit nou...dis wanner jy dit vat en dai demoon sus.... dit werk net vi n rukkie.... dit sus n demoon net op n punt .. dan sooek hul iets sterker..... wens ek kan by jul uitkom om ook daar kom leer wat ek nie weet nie....DANKIE Rooies in JESUS NAAM ALLEEN AMEN.....

  • @walterforrester7917
    @walterforrester7917 9 หลายเดือนก่อน +3

    Jy het soveel oordeel. Geen wonder mense hardloop weg vêr van jou. Bly biekie lank stil en ontvang die Heer se boodskap.

    • @BertusLiebenberg
      @BertusLiebenberg 9 หลายเดือนก่อน +1

      Morê Walter ek wil net vir jou vra wat is die verskil tussen oordeel en vermaan asb hier is ń vers daaroor wat ek met jou wil deel.
      EK vermaan julle dan, ek, die gevangene in die Here, om te wandel waardig die roeping waarmee julle geroep is,
      Efésiërs 4:1
      © Bybelgenootskap van Suid-Afrika

    • @Shane-oj8ek
      @Shane-oj8ek 9 หลายเดือนก่อน

      @@BertusLiebenberg As ek dalk mag deelneem aan die gesprek. Ek sou sê vermaan is om iemand te waarsku teenoor gevaar "moenie dit doen nie, hoor" en oordeel is om iemand te verkwalik oor n fout "jy gaan reguit hel toe".
      Rooies skuil agter sy bybel wat hom toelaat om wel te oordeel. Hy moet versigtig wees daarvoor want almal glo nie dit waarin hy glo nie. Oordeel dan eerder mense wat glo soos hyself. Ons kan almal mekaar sleg sê en oordeel as ons wil want almal het foute. Die verskil kom in wat jy kan bewys en wat nie bewys kan word nie. Om jou bybel as bewys te gebruik om mense te oordeel gaan jou in groot moeilikheid laat beland want dis nie bewyse nie. Soos ek vroëer gesê het ons sit met miljoene mense wat namens n god/e praat, en dis gevaarlik.
      "The bible is not evidence, it is a claim"

    • @walterforrester7917
      @walterforrester7917 9 หลายเดือนก่อน

      @BertusLiebenberg Vermaan is iets gesê uit liefde en omgee vir die belang van iemand. (Positef) Om te oordeel is om iets negetief te sê wat bederf beteken. Soms is dit maar ń fyn lyn.

    • @BertusLiebenberg
      @BertusLiebenberg 9 หลายเดือนก่อน

      En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid;
      afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap;
      afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie.
      Galásiërs 5:19-21
      © Bybelgenootskap van Suid-Afrika
      kan iemand vir my help asb is die skrif hier bo oordeel of vermaaning em wat gaan van jou word as jy nie die koningkryk van God gaan beerwe nie.

    • @BertusLiebenberg
      @BertusLiebenberg 9 หลายเดือนก่อน

      En die dier wat was en nie is nie, is self ook die agtste, en hy behoort by die sewe en gaan na die verderf.
      Openbaring 17:11
      © Bybelgenootskap van Suid-Afrika
      Waar is die verderf want dit se en gaan na die verderf?

  • @rustgsrider283
    @rustgsrider283 9 หลายเดือนก่อน +1

    EK KAN NIE VERSTAAN HOEKOM SO VEEL MENSE SO GRAAG IN DIE HEL SE VUUR WIL BELAND NIE , KEER TERUG NA GOD EN HY SAL ONS LAND GENEES !

    • @Shane-oj8ek
      @Shane-oj8ek 9 หลายเดือนก่อน

      Want die hel bestaan nie. Gaan doen navorsing daaroor en jy sal verstaan al die leuens wat aan die mens verkondig was en nogsteeds gedoen word, (omdat mense nie die waarheid wil gaan navors nie) sodat hulle in nonsens moet glo. Hel is n christelike leerstelling en is geskep om vrees in mense te jaag want as jy dit regkry kan jy mense beheer. Als gaan oor mag en beheer. Die mees godsdienste land het die meeste geweld en oorloë so godsdiens bevorder nie n land nie. n Land se toekoms word nie bepaal deur godsdiens nie. Dit word bepaal deur leierskap.

  • @jacosmal1102
    @jacosmal1102 9 หลายเดือนก่อน +1

    Elkeen se eie besluit.Jesus is groot en sal jou help.

  • @jacosmal1102
    @jacosmal1102 9 หลายเดือนก่อน +1

    Baie waar Rooies.

  • @jacosmal1102
    @jacosmal1102 9 หลายเดือนก่อน +1

    Eina.

  • @mariasaal8426
    @mariasaal8426 9 หลายเดือนก่อน +1

    Kan iemnd my spons ek will my dogter stuur bid Asb saam met my grt Asb

  • @Shane-oj8ek
    @Shane-oj8ek 9 หลายเดือนก่อน +1

    Ag hou tog net op om mense met jou hel te dreig en vrees in mense te jaag. Die hel bestaan nie. WORD WAKKER! Die woord hel word nêrens in die Hebreeuse bybel eers genoem nie. Jou bybel het dit geskep om vrees te skep en mense bang te maak sodat hul moet glo en gehoorsaam moet wees. Skep vrees by mense en jy beheer hulle en jy doen nou presies dieselfde. Dit werk nie meer vandag nie, want baie van ons weet die waarheid.

    • @walterforrester7917
      @walterforrester7917 9 หลายเดือนก่อน

      Dis baie Onward wat jy te sê het. Jy is reg oor Bybel en in Hebrew us het hulle nie ń woord vir hel of verderf nie. Ek lees may Arimese Bybel want ek het Hebrew gestudeer. Moet nie uitsprake of stellings maak nie. Maar ek is ook moeg vir mense wat ander mense oordeel soos die ou. Dis ń persoonlike verhouding met God wat ons genadig sal wees. Bly sterk Shane. 🙌 🙌 🙌

    • @Shane-oj8ek
      @Shane-oj8ek 9 หลายเดือนก่อน +2

      @@walterforrester7917 Dalk moet ek my beter uitdruk wat ek sê. Die betekenis van die woord "hel" word nie gevind in die Hebreeuse bybel nie. "Sheol" is die Hebreeuse woord en is nie "hel" nie ... ten minste nie in die sin van ons huidige kulturele interpretasie van die plek nie ('n plek van ewige lyding en verdoemenis, met vuur en swawel en pyniging). Sheol kan ook bloot beteken graf, begrafplaas, plot of grafkamer waarheen die dooies gaan afhangende van die konteks waarin dit gebruik word.
      Wat die Tanakh(Hebreeuse bybel) wel duidelik maak, is dat "sheol" nie die plek is waarheen bose mense gaan nie. Dis net die plek waarheen almal gaan. Almal sterf en gaan af na die doderyk ... selfs die aartsvader Jakob het geweet hy sou uiteindelik soontoe gaan. Hier was sy reaksie nadat hy gehoor het dat sy seun Josef gesterf het:
      Genesis 37:34-35
      En Jakob het sy klere geskeur en rouklere om sy heupe getrek en baie dae oor sy seun getreur. Toe het al sy seuns en al sy dogters opgestaan ​​om hom te troos, maar hy het geweier om getroos te word. En hy het gesê: Ek sal sekerlik na die doderyk afdaal in rou oor my seun. Daarom het sy pa oor hom gehuil.
      Vir Jakob was dit nie 'n hemel- of hel-debat nie... dit was bloot om te sê dat die verlies van sy seun hom sou doodmaak; dit sou hom in sy graf plaas, (nie hel toe stuur nie).
      Was jy bewus daarvan dat ons konsep van hel met sy poel van vuur en sy eindbestemming vir alle nie-gelowiges, 'n suiwer Christelike uitvinding is en nie eers bekendgestel is totdat liefdevolle Jesus op die toneel aangekom het nie? Selfs die vroeë Hebreërs se verbeelding het nie so ver gestrek nie. Vanaf die tyd van Abraham 2000 jaar vC, tot die tyd van Jesus, is daar geen melding van die hel waarmee ons bekend is nie. Eers bekendgestel deur die skrywer(s) van Mattheus, toe later 'n bietjie aangepas deur die Kerk vir maksimum effek, wat 'n vrees vir ewige straf opwek, was die perfekte aanvulling tot ewige saligheid. Die Christelike kerk het vroeg besef dat 'n wortel alleen nie genoeg van 'n motiveerder vir bekering gaan wees nie. Om te slaag sal hulle baie meer moet doen. En die konsep van 'n ewigheid wat in pynlike vurige pyniging spandeer word as jy nie bekeer het nie, was die perfekte storie om die eenvoudiges van die dag te voed om hul gehoorsaamheid te verseker en Jesus die perfekte voertuig waar hy nie minder nie as 45 keer in die evangelies praat .
      Die woord "Gehenna" word dikwels in die Evangelies as hel vertaal. Gehenna is die Engelse transliterasie van die Griekse transliterasie van die Hebreeuse woord "Hinnom". Hinnom / Gehenna was die naam van 'n vallei net suid van die mure van Jerusalem. In Jesus se dag is die Hinnomvallei, of Gehenna, as die stadsvullishoop en riool gebruik. Sy naam is afgelei van 'n familienaam, oorspronklik genoem die Vallei ("Gay" in Hebreeus) van Hinnom (2 Kronieke 28: 3; 33: 6; Jeremia 7:31; 32:35).
      Die Hinnomvallei of Gehenna is ook "Topet" en "Vallei van Slag" genoem (2 Konings 23:10; Jeremia 7:32). Elkeen van hierdie alternatiewe name word geassosieer met 'n tyd toe die Koninkryk van Juda in afgodery verval het, waar hierdie vallei gebruik is as 'n plek vir kinderoffers aan die heidense god Molok (2 Konings 23:10). Tydens die Babiloniese inval is hope dooie menseliggame in Gehenna opgestapel (Jeremia 7:32). Die vallei se naam gaan voort na die huidige tyd; dit word tans die "Hinnomvallei" genoem en sit steeds net buite die mure van die Ou Stad van Jerusalem (hoewel dit nie meer 'n stortingsterrein is nie).
      In die konteks van Jesus se preek verwys Hy egter na 'n plek waar vullis en die karkasse van dooie diere verbrand is, en waar mis weggegooi is. Gevolglik beskryf Jesus Gehenna as ’n plek waar “hulle wurm nie sal sterf en die vuur nie uitgeblus sal word nie” (Mark. 9:44, 48). Gehenna verskyn elf keer in die Evangelieverslae (Matteus 5:22, Matteus 5:29, Matteus 5:30, Matteus 10:28, Matteus 18:9, Matteus 23:15, Matteus 23:33; Markus 9:43, 9 : 45, 9:47, Lukas 12: 5), en een keer in die sendbriewe (Jakobus 3: 5). In elke geval word dit as hel vertaal. 'n Beter benadering sal in elk geval wees om dit as "Vallei van Hinnom" te vertaal en die leser die geleentheid te gee om te interpreteer wat Jesus bedoel het deur te verwys na hierdie beeld van die smeulende kombinasie stortingsterrein en rioolhoop.
      Gehenna verwys na 'n geografiese ligging, en is figuurlik vir vuilheid, dood, korrupsie, boosheid en verrotting. Dit is 'n geografiese plek met figuurlike betekenis, soos om 'Wall Street' te sê om na die wêreld van hoë finansies te verwys, of 'Hollywood' wat na die filmbedryf verwys.

    • @walterforrester7917
      @walterforrester7917 9 หลายเดือนก่อน +1

      @@Shane-oj8ek Dis wonderlik hoe jy die Bybel ken en jou insig van skryf is "tops."

    • @walterforrester7917
      @walterforrester7917 9 หลายเดือนก่อน +1

      Ek wil eerder my lewe op ń mooi manier toewy as om eerder eendag wakker te word en hel as ń reality te vind. Jy skryf virskriklik mooi en jou ridenasie is perfek. Ek is ook nie ń turn or burn mens nie. Mens moet nie ander mense bang maak om dood te gaan nie. Lekker dag vir jou Shane. Seën en goed gaan.

    • @Shane-oj8ek
      @Shane-oj8ek 9 หลายเดือนก่อน

      @@walterforrester7917 n Mens het nie nodig om deur die hel gedreig te word of die hemelse beloftes om n goeie eerlike lewe te ly nie. Godsdiens is gebaseer op vrees, nie geloof nie want hoeveel mense glo maar net want hulle is bang vir die "hel". As die "hel" of "hemel" nie in die bybel was nie sou niemand hul aan godsdiens gesteur het nie. In alle godsdienste moet daar vrees geskep word anders beteken godsdiens niks. Die realiteite of waarheid is daar bestaan nie n hel nie, ook nie n hemel nie vir ewigheid. Niks wat lewe is vir ewig nie. Dis maar elkeen se keuse om te glo wat hy wil glo seker, daarom dat ek eerder verkies om goed te weet, nie te glo nie. Mens glo goed as jy nie goed weet nie. Ek weet min mense sal die bybel bevraagteken want hulle is bang. Bang vir die waarheid want hul wil nie hul illusie vernietig waarin hul glo en hoop nie. Mense moet begin eerlik wees en veral met jouself en goed begin bevraagteken. As meer mense navorsing doen in dit wat hul glo, sal hul die waarheid(wat hul nie wil hoor nie) ontdek. Hoekom glo mense in een boek van duisende jare gelede wat deur onbekende mense geskryf is met soveel foute en teenstrydighede daarin wat nie eers geweet het die aarde is nie plat nie, maar vandag se slimste wetenskaplikes met die beste tegnologie word nie geglo nie. BAIE godsdienstige inligting was vir honderde jare vir ons mens weggesteek. Vandag is alles beskikbaar en daar is soveel ongelooflike goeie bronne van inligting van mense wat hul lewens daaraan toegewy het om die waarheid daarvan te ontleed en vir ons beskikbaar stel. Hoeveel gelowiges weet n eenvoudige vraag soos: weet jy waar die bybel vandaan kom?, weet jy waar jou god vandaan kom? weet jy waar Jesus se karakter vandaan kom? weet jy van al die ander Evangelies wat nie in die bybel verskyn nie? Al daardie belangrike inligting is vandag beskikbaar. Die vraag is hoekom wil mense dit nie navors nie? Omdat dit verskil met hul godsdienstige sienings? Die waarheid moet begin verkondig word, nie geloof in iets wat bestaan uit mites en sprokies en leuens nie. Waarheid sal altyd die waarheid bly ongeag die hoeveelheid geloof in iets. Ons leef in n natuurlike wêreld, nie bo- natuurlike wêreld nie. Daardie bo-natuurlike wêreld waarin mense geglo het omdat hulle nie goed geweet het nie, is lankal verby. Groetnis