Boerenkrijgslied (Steeds op soek na lirieke) / Merck Toch Hoe Sterck

แชร์
ฝัง
  • เผยแพร่เมื่อ 6 ก.พ. 2025
  • Die Boerenkrijgslied is ‘n verwerking van die Geuselied “Merck toch hoe sterck” wat in 1626 gepubliseer is. Dié oorlogslied handel oor die beleg en ontset van die stad Berg-op-Zoom in 1622 tydens die Tagtigjarige oorlog tussen Nederland en die Spaanse Ryk.
    Die lied is blykbaar bykans 280 jaar later gedurende die Tweede Anglo-Boereoorlog deur ‘n getal Boere as krygslied gesing. Die oorspronklike lirieke wat oor die stryd tussen Geus en Spanjaard gaan is effens aangepas vir die stryd tussen Boer en Brit.
    Die enigste opname van die Boerenkrijgslied wat tot dusver opgespoor kon word is een wat jare gelede deur die Pretoria Bach Koor uitgevoer is. Dié bewaarde opname is egter van swak gehalte wat dit uiters moeilik maak om die bewoording van die veranderde lirieke te hoor.
    Enige hulp om die korrekte lirieke van die Boerenkrijgslied weer neergepen te kry sal baie waardeer word.
    In hierdie video word ‘n onvoltooide poging om die lirieke te herstel weergegee, maar dit, ten spyte van al die gapings, klink ook nie 100% reg nie
    Die Boerenkrijgslied word gevolg deur die Nederlandse Merck toch hoe sterck.

ความคิดเห็น • 16