Peninhand Historia
Peninhand Historia
  • 89
  • 504 408
Het Lied van Hertog Jan (Nie-amptelike Volkslied van Brabant)
Het Lied van Hertog Jan
Die nie-amptelike lied van Brabant is in 1947 gepubliseer in 'n bydrae van die Brabants Heem-stigting, 'n sambreelorganisasie van plaaslike geskiedeniskringe in die streek. Die goeie romantisering verwys na verskeie plekke binne die Brabant van Jan I van Brabant, wat nie net bekend geword het vir die groot uitbreidings van sy patrimonium nie, maar ook vir sy jovialiteit. Hierdie vrolikheid is onder meer uitgedruk by 'n drinkpartytjie wat hy vir sy soldate gereël het na die gewonne slag van Woeringen (1288), waar hy sy troepe toegespreek het terwyl hy op biervate gesit het. Johannes I, gelatiniseer as Jan Primus, sou die model vir die allegoriese bierkoning "Gambrinus" gewees het, en dus die naamgenoot vir die biere Primus, Hertog Jan en Gambrinus. Nie sleg vir 'n alledaagse hertog nie.
''Het lied van Hertog Jan'' is 'n ode aan Johannes I, Hertog van Brabant (leef: 1252-1294, bewind: 1267 - 1294). Dit is in 1947 deur Harrie Beex geskryf en musiek is gekomponeer deur Floris van der Putt. Dit is ook die nie-amptelike volkslied van die Nederlandse provinsie Noord-Brabant.
Jan I staan bekend as 'n lewensgenieter en liefhebber van musiek, sang en die digkuns. Aan sy hof het Nederlandse, Duitse en Franse literatuur weerklink. Self het hy minnesange in 'n Duits-getinte tongval geskryf. Bekend is sy lied Eins meien morgens fru, met die Oksitaanse sinnetjie Harba lori fa ("De morgen is voor hen aangebroken"/"Die oggend het aangebreek").
Die betekenis van die woorde "harba lori fa" is onduidelik. Hulle kan van Provensaalse oorsprong wees en afgelei van "herba flors fa" (Frans: "l'herbe fait des fleurs"), wat beteken "die krui is in blom" wat heel waarskynlik nie 'n tuinaspek aandui nie, maar eerder 'n erotiese sinspeling is. Nog 'n moontlike verklaring is dat “harba” die oudste bekende Dietse naam vir Brabant is en “lori fa” afgelei is van die Franse L'oriflamme wat die eens Franse hoofvaandel die Oriflamme - letterlik: Goue Vlam - is.
Hy moes egter met sy lewe betaal vir sy liefde van jagpartytjies en gewelddadige riddertoernooie: hy het verongeluk tydens 'n toernooi in Bar-le-Duc. Hy is begrawe in die minderbroederskerk in Brussel, volgens bronne Mos Teutonicus/more teutonico, dit wil sê sy lyk is gekook. Die oorblyfsels van sy graf kan nog gesien word in die ondergrondse museum, Bruxella 1238, langs die beursgebou wat op die terrein van die voormalige klooster van die broederskap gebou is.
Het Steen is 'n middeleeuse vesting in die ou middestad van Antwerpen, België, een van Europa se grootste hawens. Die oorlewende struktuur is tussen 1200 en 1225 gebou as 'n poort na 'n groter kasteel van die Hertoge van Brabant wat in die 19de eeu gesloop is. As die eerste klipvesting (stadsmuur) van Antwerpen, is Het Steen Antwerpen se oudste gebou en was vroeër deel van sy oudste stedelike sentrum. Die woorde "Het Steen", wat uit Nederlands vertaal word, beteken "die rots" of “rotsvesting”, hoewel dit nie die ekwivalente etimologiese betekenis het nie.
Beeld van die Slag van Woeringen uit die Codex Manesse (1305-1340). Die opvoering wys die vaandel van Hertog Jan van Brabant in die slag van Woeringen met, in afwagting van die uitslag, die reeds verenigde Limburg en Brabantse Leeus.
Bouwerk aan die romaanse Sint-Janskerk in Den Bosch waarvan in die liedjie gesing word het in 1220 begin. Die fyner afwerkings is eers teen 1340 voltooi. Dié kerk het gestaan waar die huidige Sint-Janskatedraal vandag staan. In 1505 is kerk, behalwe vir die romaanse toring gesloop waarna bouwerk aan die katedraal begin het.
มุมมอง: 1 049

วีดีโอ

Kong Christian (Deense Vorstelied)
มุมมอง 383ปีที่แล้ว
Koning Christiaan - Deense Koningslied / Vorstelied (Kong Christian stod ved højen mast) Lirieke: 1778, Johannes Ewald Getoonset: Detlev Ludvig Rogert
Wien Neêrlands Bloed (Koninging Wilhelmina weergawe)
มุมมอง 512ปีที่แล้ว
Wien Neêrlands bloed Volkslied van die Verenigde Koninkryk van die Nederlande (Gesing tussen 1817 en 1832) Volkslied van die Koninkryk van die Nederlande (Gesing tussen 1832 en 1932) Eerste weergawe is gesing gedurende die regeringstyd van: Koning Willem I (voorheen Prins van Oranje) 1815 - 1840 Koning Willem II (voorheen Prins van Oranje) 1840 - 1849 Koning Willem III (voorheen Prins van Oranj...
Die Republiekeinse Marslied
มุมมอง 3Kปีที่แล้ว
Die Republiekeinse Marslied Die AKVV-Soldatekoor Die Afrikaanse Kultuurvereniging vir Volk en Verdediging Die Afrikaanse Kultuurvereniging vir Volk en Verdediging (AKVV) is 8 Augustus 1959 in Pretoria gestig. Die doel was enersyds om die gaping wat tussen die volk en lede van sy verdedigingsmag bestaan, te oorbrug, maar ook om die militêre verlede van Suid-Afrika as deel van ons kultuurerfenis ...
Erika (Afrikaans)
มุมมอง 5Kปีที่แล้ว
#erika Original German version: th-cam.com/video/vjVCOwSPl0U/w-d-xo.html Afrikaanse weergawe van die Duitse marslied Erika gekryf deur Erwin Hartung
Réveillez-vous Picards et Bourguignons! (Boergondiese Volks- en Krygslied)
มุมมอง 361ปีที่แล้ว
Réveillez-vous Picards et Bourguignons! Word wakker Pikardiërs en Boergondiërs!
God behoede die Tsaar & Gebed van die Russe
มุมมอง 679ปีที่แล้ว
God behoede die Tsaar & Gebed van die Russe Die liedere God behoede die Tsaar en Gebed van die Russe saamgevoeg Gebed van die Russe Volkslied van die Russiese Ryk 1816 - 1833 Teks: Vasili Zjoekovski Musiek: Britse Volkslied God save the King God behoede die Tsaar Volkslied van die Russiese Ryk 1833 - 1917 Teks: Vasili Zjoekovski Komponis: Alexei Lwow Hierdie weergawe is uitgevoer deur Valeri Ma...
Volkslied van die Russiese Federasie / Гимн Российской Федерации
มุมมอง 420ปีที่แล้ว
Volkslied van die Russiese Federasie / Гимн Российской Федерации Teks: Sergei Michalkof Musiek: Aleksandr Aleksandrof Hierdie wergawe uitgevoer deur die Presidensiële orkes onder leiding van Pavel Ovsyannikov en die Moskou Kremlin-koor onder leiding van Gennadi Dmitryak, opgeneem in 2001, afgelaai van Wikipedia: "This file comes from the website of the President of the Russian Federation and is...
Neerland en Oranje
มุมมอง 1Kปีที่แล้ว
Neerland en Oranje is 'n Nederlandse Volkslied oor die verhouding tussen die Huis Oranje-Nassau, dit is te sê die koninklike familie en die volk.
Waar die kop van Tafelberg (Limburg mijn Vaderland)
มุมมอง 517ปีที่แล้ว
Waar die kop van Tafelberg Lirieke: P.J. Kloppers Toonset: H. Thyssen ‘n Aanpassing van “Limburg mijn Vaderland” Verwerk: Chris Lamprecht Opgeneem in die FAK-Sangbundel Vierde uitgawe, vierde druk, 1994 Lied No 17, bl No 27 Hierdie weergawe uitgevoer deur: Die Port Elizabethse Volksang Groep Album: Die Goeie Oue Tyd Snit no 5 Vrygestel: 1971 Restrictions Copyright: "The Content ID claim on your...
Oranje-Vrystaat Volkslied (heropgelaai)
มุมมอง 1.6Kปีที่แล้ว
Vrystaatse Volkslied Lirieke: H.A.L. Hamelberg Toonset: W.F.G. Nicolai Verwerk: H. Pieter van der Westhuizen
Afrikaners Landgenote (heropgelaai)
มุมมอง 394ปีที่แล้ว
Afrikaners Landgenote Lirieke: Nico Hofmeyr Toonset: Joseph Haydn Verwerk: H. Pieter van der Westhuizen
Die Lied van Jong Suid-Afrika (heropgelaai)
มุมมอง 1.5Kปีที่แล้ว
Die Lied van Jong Suid-Afrika Woorde: EITEMAL, gewysig: P. MCLACHLAN Musiek: HUGO GUTSCHE, verwerk: DIRKIE DE VILLIERS
Boerenkrijgslied (Steeds op soek na lirieke) / Merck Toch Hoe Sterck
มุมมอง 2.1Kปีที่แล้ว
Die Boerenkrijgslied is ‘n verwerking van die Geuselied “Merck toch hoe sterck” wat in 1626 gepubliseer is. Dié oorlogslied handel oor die beleg en ontset van die stad Berg-op-Zoom in 1622 tydens die Tagtigjarige oorlog tussen Nederland en die Spaanse Ryk. Die lied is blykbaar bykans 280 jaar later gedurende die Tweede Anglo-Boereoorlog deur ‘n getal Boere as krygslied gesing. Die oorspronklike...
Dierbaar Suid-Afrika
มุมมอง 665ปีที่แล้ว
Hierdie weergawe van "Dierbaar Suid-Afrika" is gesing deur ATEOSS, die teologiese studentekoor van die Afrikaanse Protestantse Akademie Dierbaar Suid-Afrika Geskryf deur C. F. Visser Verwerk deur Dirkie De Villiers Opgeneem in FAK Sangbundel
Vlaglied van Suid-Afrika
มุมมอง 6Kปีที่แล้ว
Vlaglied van Suid-Afrika
Ken jy die land
มุมมอง 988ปีที่แล้ว
Ken jy die land
Transvaalse Volkslied (heropgelaai)
มุมมอง 1.6Kปีที่แล้ว
Transvaalse Volkslied (heropgelaai)
White Cross Monument 2023 (English)
มุมมอง 330ปีที่แล้ว
White Cross Monument 2023 (English)
Kruisplanting Witkruismonument 2023 (Afrikaans)
มุมมอง 287ปีที่แล้ว
Kruisplanting Witkruismonument 2023 (Afrikaans)
Herkoms en Erfenis - Afrikaanse Vanne
มุมมอง 612ปีที่แล้ว
Herkoms en Erfenis - Afrikaanse Vanne
21 JANUARY - ON THIS DAY IN HISTORY (LOUIS XVI OF FRANCE WAS EXECUTED)
มุมมอง 2742 ปีที่แล้ว
21 JANUARY - ON THIS DAY IN HISTORY (LOUIS XVI OF FRANCE WAS EXECUTED)
20 JANUARY - ON THIS DAY IN HISTORY (HONG KONG ISLAND OCCUPIED, OPIUM WAR)
มุมมอง 1492 ปีที่แล้ว
20 JANUARY - ON THIS DAY IN HISTORY (HONG KONG ISLAND OCCUPIED, OPIUM WAR)
19 JANUARY - ON THIS DAY IN HISTORY (BATAVIAN REPUBLIC)
มุมมอง 4442 ปีที่แล้ว
19 JANUARY - ON THIS DAY IN HISTORY (BATAVIAN REPUBLIC)
18 JANUARY - ON THIS DAY IN HISTORY (WAR OF THE ROSES, KINGDOM OF PRUSSIA, CAPE COLONY)
มุมมอง 1552 ปีที่แล้ว
18 JANUARY - ON THIS DAY IN HISTORY (WAR OF THE ROSES, KINGDOM OF PRUSSIA, CAPE COLONY)
17 JANUARY - ON THIS DAY IN HISTORY (HENRY IV DECLARES WAR ON SPAIN, SAND RIVER CONVENTION)
มุมมอง 2102 ปีที่แล้ว
17 JANUARY - ON THIS DAY IN HISTORY (HENRY IV DECLARES WAR ON SPAIN, SAND RIVER CONVENTION)
Die Stem van Suid-Afrika [English & German subtitles]
มุมมอง 14K2 ปีที่แล้ว
Die Stem van Suid-Afrika [English & German subtitles]
Limburg mijn Vaderland [English & Afrikaans subtitles]
มุมมอง 3.4K2 ปีที่แล้ว
Limburg mijn Vaderland [English & Afrikaans subtitles]
Heil dir im Siegerkranz [English & Afrikaans subtitles]
มุมมอง 1.1K2 ปีที่แล้ว
Heil dir im Siegerkranz [English & Afrikaans subtitles]
Was ist des Deutschen Vaterland ? [English & Afrikaans subtitles]
มุมมอง 1.2K2 ปีที่แล้ว
Was ist des Deutschen Vaterland ? [English & Afrikaans subtitles]