DEKATv Ep26 MEESTERS - PIETER ERASMUS

แชร์
ฝัง
  • เผยแพร่เมื่อ 7 ก.พ. 2025
  • Calitzdorp, langs die bekende Roete 62 in die Klein Karoo, is waar die internasionaal bekroonde juweliersontwerper, Pieter Erasmus, nes geskop het. In ’n klein systraatjie, naby die kerk, bedryf hy sy klein restaurantjie, The Kombuis, waar hy geurige, eg Indiese geregte kook en bedien vir gretige gaste. Pieter was ’n ontwerpassistent vir die kreatiewe direkteur van die vooraanstaande juweelontwerper Erickson Beamon. Hy het vir bekende ontwerpersname soos Givenchy, Dries van Noten, Alexander McQueen en Roberto Cavalli unieke juweelstukke vir loopplankvertonings ontwerp. In 2002 begin hy sy eie handelsnaam, St. Erasmus en is dié juweelontwerper op almal se lippe toe Michelle Obama een van sy kenmerkende halssnoere na ’n geleentheid in die Withuis dra.

ความคิดเห็น •