RITME Digitaal | Twee kragwoorde vir nuwe lewenskrag

แชร์
ฝัง
  • เผยแพร่เมื่อ 8 ก.พ. 2025
  • Hierdie week leer Johan Smith ons van twee baie belangrike woorde wat ons hele lewensuitkyk kan verander. Kom ontdek saam.

ความคิดเห็น • 10

  • @emmievanwyk9223
    @emmievanwyk9223 2 หลายเดือนก่อน

    Goeiemore baie dankie vir die boodskap

  • @dorotheapetronellakuhn6706
    @dorotheapetronellakuhn6706 2 ปีที่แล้ว

    Dankie. DsJohan vir jou wonderlik leer

  • @arthurbarlow80
    @arthurbarlow80 2 ปีที่แล้ว

    Dankie julle vir inspirasie elke week. Alle eer aan ons Jesus.

  • @albertinamynhardt6572
    @albertinamynhardt6572 2 ปีที่แล้ว

    Dankie altyd leersaam
    Seenwense

  • @johanfritz412
    @johanfritz412 2 ปีที่แล้ว

    Dankie Johan vir kosbare Woord.

  • @marthievandermerwe4058
    @marthievandermerwe4058 2 ปีที่แล้ว

    Tel jou seëninge een vir een. Dankbaarheid moet 'n lewensles wees.

  • @francoiswasserman394
    @francoiswasserman394 2 ปีที่แล้ว +3

    Iemand het vanoggend hierdie treffende stuk na my gestuur en ek deel dit graag:-
    *SEWE JAAR IS TE LANK*
    Daar was ń voël wat in die woestyn gebly het, geen vere en baie siek. Daar was ook ń groot skaarste aan kos en water. Daar was geen beskerming teen die uitmergelende son bedags nie.
    Eendag kom ń duif daar verby en die siek en ongelukkige voël roep die duif nader: '' _Waar gaan jy heen?_ '' het die siek voël die duif gevra.
    " _Ek gaan Hemel toe_ '' het die duif geantwoord.
    Die siek voël vra toe of die duif asseblief daar sal uitvind wanneer sy lyding eendag sal ophou. Nadat die duif hom verseker het dat hy dit sal doen, het die duif hom gegroet en vertrek.
    Die duif het by die Hemel aangekom en die vraag van die siek voël aan die Engel by die Hemelpoort gestel.
    Die Engel se antwoord was: '' _Vir die volgende sewe jaar sal die voël nog so ly. Daar is vir hom geen beterskap of blydskap voor dan nie!!_ ''
    Die duif sê toe vir die engel dat die siek voël miskien nog sieker sal word as hy so ń negatiewe boodskap aan hom oordra. '' _Is daar nie miskien 'n ander boodskap nie?_ '' vra die duif.
    '' _Goed_ '' sê die Engel. '' _Sê vir hom om die volgende sin te se:_ '' '' _DANKIE HERE VIR ALLES_ ''
    Die duif het teruggevlieg na die siek voël en die boodskap aan hom oorgedra. Na sewe dae het die duif weer verby die siek voël gevlieg en tot sy verbasing sien hy dat die siek voël gesond en gelukkig is. Daar het selfs ń boom langs hom uitgespruit en daar naby het ń fontein helder koel water opgestoot. Die voël het pragtig gesing en heerlik tussen die fontein en die boom rondgevlieg.
    Die duif was verstom, want die Engel het gesê dat die voël nog sewe jaar so sal ly. Met hierdie vraag op sy hart het die duif besluit om weer ń besoek by die Engel by die hemelpoort af te lê. Hy het die vraag aan die Engel gestel en die Engel het vir hom gesê: " _Dis waar, daar was geen einde aan sy lyding vir sewe jaar nie, maar omdat die voël elke oomblik van elke dag gesê het:_ '' _DANKIE HERE VIR ALLES_ '', het dit ń verandering in sy lewe teweeggebring. Daar was ń verandering in elke aspek van sy lewe. As die siek voël probeer vlieg, sy poging misluk en hy op die warm woestynsand geval het, het hy gesê: '' _DANKIE HERE VIR ALLES_ ''. Wanneer die voël dors was en daar geen water was nie, het hy gesê: '' _DANKIE HERE VIR ALLES_ ''. Wanneer die kos min was en die son te warm, het die voël gesê: '' _DANKIE HERE VIR ALLES_ ''. Dit het veroorsaak dat die sewe jaar gekrimp het na sewe dae."
    Die verhaal het my diep laat nadink. Ek het besluit om ook soos daardie siek voël in al my omstandighede te sê: " _DANKIE HERE VIR ALLES_ ". Dit het my fokus verskuif van wat ek nie het nie, na wat ek wel het.
    As ek ń hoofpyn ontwikkel, dan dank ek die Here dat die res van my liggaam sonder pyn is. As my liggaam pyn, dan dank ek die Here dat my verstand nog helder is en skielik kom ek agter dat die hoofpyn op die ou einde nie so erg was nie.
    Toe begin ek hierdie toepas op my verhouding met my geliefdes en selfs in my huwelik. As die finansies begin min raak het, het ek die Here gedank dat ons nog ń huis en kos het. As die kos begin min raak, het ek die Here gedank dat ons nog lewe.
    Hierdie het so ń impak op my lewe gehad, ek het begin voel hoeveel seëninge ek nog daagliks ontvang, hoe gelukkig ek is en hoeveel goeie dinge daar nog in die lewe is. Dit het my laat besef hoe kragtig die houding van dankbaarheid is, hoe kragtig die woorde *"DANKIE HERE VIR ALLES!"* is.
    Skrywer - Onbekend

    • @dorotheapetronellakuhn6706
      @dorotheapetronellakuhn6706 2 ปีที่แล้ว

      DANKIE JOHAN VIR JOU BOODSKAPPE HIERDIE TANNIE IS 78 JR OUD MAAR EK MIS NIE N PREEK VAN JOU NIE ELKE KEER BRING LEER EK IETS NUUS

    • @elizevandieKaap
      @elizevandieKaap 2 ปีที่แล้ว

      Pragtig! Gaan dit deel. Dankie

    • @elizevandieKaap
      @elizevandieKaap 2 ปีที่แล้ว

      Aggenee ek kan dit nie copy nie😪