Papegaai Polka - Die Transvaal Musikante
ฝัง
- เผยแพร่เมื่อ 5 ก.พ. 2025
- Faan Harris (konsertina) was die leier van die vyf musikante wat onder die naam van die Transvaal Musikante een van ons land se skaarste 78-spoedplate opgeneem het. Die ander vier lede was Willie Bauscher (kitaar), George Abrahams (banjo), Vic Wiehahn (basviool) en Danie De Waal (kitaar). Die vyfstuk het slegs die een 78-spoedplaat opgeneem, en dis uitgegee deur Trutone in die later 40’s. Die twee snitte, "Papegaai Polka" en "Spanspek Setees", is beide gekomponeer deur Faan Harris, en die "Papegaai Polka" is presies dieselfde wysie as "Anna Se Man", ‘n snit wat hy ook saam met die pionier Dawid de Lange opgeneem het.
Die vyf manne was in hul loopbane ook lede van verskeie ander orkeste:
Faan Harris - Die Vier Transvalers / Die Singer Dansorkes / Die Gallotone Konsertina Orkes / Die Vyf Voortrekkers / Faan Harris & Sy Boslansers / Faan Harris & Sy Kêrels / Die Faan Harris Orkes.
Willie Bauscher - Willie Bauscher Met Hendrik Susan Se Orkes / Willie Bauscher & Sy Konsertina Orkes / Die Vrystaat Konsertina Orkes / Willie Bauscher & Sy Lekker Kêrels / Willie Bauscher & Sy Orkes / Frank Mey & Sy Orkes / Tiny Mey & Sy Orkes.
George Abrahams - Dawid De Lange Se Orkes / Sonny’s Jazz Revellers / Die Vrystaat Konsertina Orkes / Willie Welgens & Sy Suikerbossie Orkes.
Vic Wiehahn - Die Straatsingers / Die Vrystaat Konsertina Orkes / Willie Bauscher & Sy Orkes.
Danie de Waal - Die Vrystaat Konsertina Orkes / Willie Bauscher & Sy Orkes.
Stephen Emil Harris : 1886 / Maart 1950
Willem Hendrik Frederik Bauscher : 10 Julie 1918 / 20 September 1994
Gamza Karriem (George Abrahams) : 4 Februarie 1913 / 2 Maart 1967
Vic Wiehahn & Danie De Waal : Onbekend
Diskografie:
78-Spoedplaat:
Papegaai Polka / Spanspek Setees [Trutone - RA 53]
Willie BAUSCHER my oorlede pa speel konsertina.
Hi Willie, op die spesifieke plaat speel Faan Harris die konsertina en jou vader is op kitaar. Ek het dit destyds al bevestig met Oom Piet Bester. Groete daar...