Karroobos Polka - Japie Laubscher Met Jean Du Plessis & Sy Radio Orkes & Jannie Fourie
ฝัง
- เผยแพร่เมื่อ 10 ก.พ. 2025
- Die Koning van die konsertina, Oom JAPIE LAUBSCHER, het in 1955 sy eerste van vyf 78-spoedplate saam met Jean Du Plessis se legendariese radio orkes opgeneem. Die plaat bevat twee skitterende eie komposisies van Japie nl. "Zimba" en "Karroobos Polka". Die nogal skaars plaat is uitgegee deur Gallotone op GE 720. Die meeste lede van Jean se orkes het natuurlik ook vir Japie se eie orkes gespeel.
Jacob Laubscher is gebore op 03 Junie 1919 in Woodstock, Kaapstad. Hy is oorlede op 06 April 1981 in die ouderdom van 61.
Nou vat jy my terug! Ek herken vir Dirkie. Dis 'n Gibson SG wat hy daar vashou. My jinne. Baie jare gelede laas vir Dirkie gesien. Eintlik al vergeet van hom. Ek sal bietjie uitvind.
Dankie Louis, waardeer! Groete
Hier speel Pa Tiewie op sy 1956 Gibson Les Paul 'Gold top' kitaar en sy ou Gibson 'valve' versterker ritme kitaar. Unieke klank.
Dankie Louis, interessant man! Ja jou vader Oom Tiewie was darm maar skitterend hoor! Groete