AGS Klein Karoo Gemeente Diens 19 Jan 2025

แชร์
ฝัง
  • เผยแพร่เมื่อ 31 ม.ค. 2025
  • Pastoor Björn Uys het voortgebou op die "Nuwe Wyn"-reeks met 'n kragtige boodskap oor vrug in ons lewens. Dit was 'n herinnering aan hoe ons geloof groei wanneer ons die regte grond voorberei en God se saad laat wortel skiet.
    As jy die diens gemis het of dit weer wil beleef, kyk die opname nou hier.
    Kom ons stap voort in geloof en laat ons lewens vrug dra vir Sy Koninkryk!
    #NuweWyn #Vrug #GeloofInAksie #Gemeente #SaamGroei #Aanbidding
    Skrifte:
    LUKAS 5:37
    En niemand gooi nuwe wyn in ou wynsakke nie. Die nuwe wyn sal die ou wynsakke laat bars en die wyn uitstort en die wynsakke vernietig.
    LUKAS 5:38
    Nuwe wyn moet in nuwe wynsakke gegooi word.
    LUKAS 5:39
    Maar niemand wat die ou wyn drink, wil blykbaar die nuwe wyn hê nie. ‘Die oue is beter,’ sê hulle.”
    GALASIËRS 5:22-23
    Die VRUG van die Gees … is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet NIKS nie.
    GALASIËRS 5:19-21
    Die praktyke van die sondige natuur is ALGEMEEN bekend: onsedelikheid, onreinheid, losbandigheid, afgodsdiens, towery, vyandskap, haat, naywer, woede, rusies, verdeeldheid, skeuring, afguns, dronkenskap, uitspattigheid en al dergelike dinge …
    GALASIËRS 5:13
    Julle, broers, julle is tot VRYHEID geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik as 'n verskoning om SONDE te doen nie, maar DIEN mekaar in LIEFDE.
    JOHANNES 15:1
    EK is die ware wynstok, en my Vader is die LANDBOUER.
    JOHANNES 15:2
    Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy SKOON, sodat dit MEER vrug kan dra.
    JOHANNES 15:4-5
    Bly in MY, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van HOMSELF as dit nie in die wynstok bly nie … Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra VEEL vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.
    JOHANNES 15:6
    As iemand in My NIE BLY nie, word hy uitgewerp soos die loot en VERDROOG, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand.
    JOHANNES 15:8
    Hierin is my Vader VERHEERLIK, dat julle veel vrug dra; en julle sal my DISSIPELS wees.
    NUMERI 13:20
    of die GROND vrugbaar of skraal is, of dit bome het of nie. Doen julle bes om van die land se vrugte saam te bring.” Dit was juis die tyd van die eerste ryp druiwe.

ความคิดเห็น •