HOOP IN DONKER TYE - Andries Enslin, 23 September 2018
ฝัง
- เผยแพร่เมื่อ 20 ม.ค. 2025
- HOOP IN DONKER TYE
HOOP IN DONKER TYE REEKS
Wat beteken Habakuk?
Profeet wat die meeste bid.
Tyd gebeur.
Drie boodskappe.
Here, hoe lank moet ek nog roep om hulp? U luister nie na my nie. “Geweld!” roep ek baie hard, maar U red my nie. Waarom laat U my die onreg en die ellende om my sien? Waar ek ook al kyk, sien ek vernietiging en geweld. Ek is omring deur mense wat daarvan hou om te stry en te baklei. Die wet het sy krag verloor en is onbruikbaar. Reg seëvier ook nie in die howe nie. Daar is baie meer goddelose mense as dié wat reg doen. Daarom is die regsuitsprake verdraaid. Habakuk 1:2-4 (NLV)
KAN JY HOOR DAT DIT EERS MOET SLEGTER GAAN?
Die Here het geantwoord: “Kyk na die nasies en staan verbaas! Let op en staan verstom! Ek doen iets in jou leeftyd, iets wat jy nie sou glo as iemand anders jou dit vertel nie. Ek laat toe dat die Galdeërs die nuwe wêreldmag word. Hulle is wreed en gewelddadig, ’n nasie wat die wêreld deurkruis om ander se woonplekke af te neem. Hulle is bekend vir hulle verskriklike wreedheid. Hulle doen net wat hulle wil en niemand kan hulle keer nie.” Habakuk 1:5-7 (NLV)
JESUS KON DIT HOOR?
IS DIT ALTYD STRAF?
O Here my God, my Heilige, U is daar van altyd af. Sekerlik is dit tog nie u plan om ons uit te wis nie! O Here, ons Rots, U het die Babiloniërs aangestel om ons te straf. U is te regverdig om onreg te duld. Maar is dit vir U moontlik om met gevoeligheid te sien hoe hulle ons verswelg? Is dit reg dat U stilbly terwyl goddeloses dié verslind wat meer regverdig is as hulle? Habakuk 1:12-13 (NLV)
HABAKUK STAAN OP DIE KARAKTER VAN GOD
Here, U was van altyd af daar en sal altyd daar wees. My God, U is volmaak, ’n mens kan nie anders nie as om U te aanbid. Here, by U het ons ook nog altyd veilig gevoel, maar nou het U die Babiloniërs aangestel om te wys dat ons skuldig is. U gebruik hulle om ons te straf vir alles wat ons verkeerd gedoen het. U is so volmaak dat dit onmoontlik is om te dink dat U sulke verkeerde dinge sal sien gebeur en dit doodgewoon sal aanvaar. Hoe is dit dan moontlik dat U sien wat hierdie boosdoeners aanvang en stilbly daaroor? Hulle wis mense uit wat beter as hulle leef. Hoe kan U mense so sonder beskerming los soos visse in die see wat enigeen sommer kan vang of soos ’n swerm insekte wat nie ’n leier het nie? Habakuk 1:12-14 (DB)