Millennium - Soen My Rou

แชร์
ฝัง
  • เผยแพร่เมื่อ 8 ก.ย. 2024
  • Geniet Millennium se musiekvideo van "Soen My Rou".
    Geniet die enkelsnit op die platform van jou keuse en voeg dit by jou speellys -- vyd.co/Soenmyrou
    Lirieke:
    Ek staan nie altyd vroeg op nie
    Ek en my glas ogies
    dwaal in die aande rond.
    Ek kort ook nie ‘n klomp pille nie
    want siek mense raak ook gesond
    En al los jy my aan die anderkant van die see
    Vanaand gaan ek steeds hier bly staan.
    Ons liefde is nie begrawe nie
    Dit is net geplant, Oh, ja… net geplant
    So, druk my vas en soen my rou
    Net vir nou, net vir nou…
    Jy laat my hang aan ‘n tou
    Maar ek sal wag vir jou, wag vir jou
    Te maklik was nog nooit moeilik nie
    Maar jy was heeltemal ‘n ander saak
    Van mekaar kon ons nie genoeg kry nie
    Al moes ek bly en jy moes gaan
    En al los jy my voor die gehoor vanaand
    Gaan ek verdwaal soos die ligte my kom haal
    Ons liefde is nie begrawe nie
    Dit is net geplant, Oh, ja… net geplant…
    So, druk my vas en soen my rou
    Net vir jou… net vir jou…
    Jy laat my hang aan ‘n tou
    Maar ek sal wag vir jou, wag vir jou
    Liedjieskrywer/Publiseerder:
    Hendré Baard; Mornè Baard; Christiaan Baard / Vonk Uitgewers CC

ความคิดเห็น • 4