Andries Bezuidenhout - Roep van die Rooivlerkspreeu

แชร์
ฝัง
  • เผยแพร่เมื่อ 9 ต.ค. 2024
  • Roep van die rooivlerkspreeu, van Andries Bezuidenhout se album "Trooskantates" (wat op 5 Julie 2024 beskikbaar sal wees). 'n Denkbeeldige gesprek met spreeu oor die spanning tussen die behoefte om iewers tuis te wees en om van tyd en ruimte te kan ontsnap. Die videomateriaal is by Westbrook plaas naby Graaff-Reinet in die Karoo verfilm. Dit werk met "time-lapse" beelde om mense, lig en wolke se bewegings vinniger en stadiger te maak.
    Woorde en musiek: Andries Bezuidenhout
    Opgeneem en gemeng deur Andries Bezuidenhout
    Klankmeester deur Willem Möller
    ROEP VAN DIE ROOIVLERKSPREEU
    As die son net vir ‘n oomblik
    Agter berge weg wou bly
    Sou ek dalk tog uiteindelik
    In drome weg kon gly
    Maar die wekker op die boekrak
    Hou aan om te marsjeer
    Teen ‘n onverbiddelike pas
    Word ure aangekeer
    As jy iewers land
    Maak jy nes of vlieg jy weg?
    Rooivlerkspreeu, o rooivlerkspreeu
    Jy’s ook in die verkeerde eeu
    En as jy iewers land
    Maak jy nes of vlieg jy weg?
    Rooivlerkspreeu, o rooivlerkspreeu
    Jy’s ook in die verkeerde eeu
    Jou vroeg kon hoor in die oggendmis
    Nog voor jy op die geut kom sit
    Jou roep is ongedurig
    Jou fladder wispelturig
    My generasie vrees sentiment
    Ons harte klop koue sement
    Is dit die dat ek so projekteer
    Oor wat mens by ‘n spreeu kan leer
    As jy iewers land
    Maak jy nes of vlieg jy weg?
    Rooivlerkspreeu, o rooivlerkspreeu
    Jy’s ook in die verkeerde eeu
    En as jy iewers sou land
    Maak jy nes of vlieg jy weg?
    Rooivlerkspreeu, o rooivlerkspreeu
    Jy’s ook in die verkeerde eeu
    Ek ken Central Park en Voldelpark
    Selfs Zanzibar se ou nagmark
    Sou jy daar aard wonder ek
    Hoe kies ‘n spreeu sy landingsplek?
    Hier’s darem minder ligte
    En daarom skyn die sterre stip
    Herinner my tog hieraan
    As jy môre teen my venster pik
    En as jy iewers land
    Maak jy nes of vlieg jy weg?
    Rooivlerkspreeu, o rooivlerkspreeu
    Jy’s ook in die verkeerde eeu
    En as jy iewers sou land
    Maak jy nes of vlieg jy weg?
    Rooivlerkspreeu, o rooivlerkspreeu
    Jy’s ook in die verkeerde eeu
    © Andries Bezuidenhout

ความคิดเห็น • 4

  • @toscabrutus1781
    @toscabrutus1781 5 หลายเดือนก่อน +2

    Andries Groot Video Pragtige sang, Mooi woorde en Romantiese Opstal! Uitstekend Gedoen! Groete uit Lima Peru!

  • @hannekoster
    @hannekoster 5 หลายเดือนก่อน +2

    Lieflik.

  • @katvrou1
    @katvrou1 หลายเดือนก่อน

    Ek luister en luister en luister en kan nie ophou nie!